Agri_Monitor_20230404 Flipbook PDF

040423_Agri_Monitor

55 downloads 103 Views 2MB Size

Recommend Stories


Porque. PDF Created with deskpdf PDF Writer - Trial ::
Porque tu hogar empieza desde adentro. www.avilainteriores.com PDF Created with deskPDF PDF Writer - Trial :: http://www.docudesk.com Avila Interi

EMPRESAS HEADHUNTERS CHILE PDF
Get Instant Access to eBook Empresas Headhunters Chile PDF at Our Huge Library EMPRESAS HEADHUNTERS CHILE PDF ==> Download: EMPRESAS HEADHUNTERS CHIL

Story Transcript

Etosha se leeubevolking vir nou stabiel

4 TUESDAY 4 APRIL 2023

LANDBOU PRESTEER GOED EINDE 2022 › Elvira Hattingh Namibië het tussen Oktober en Desember 2022 altesaam N$4,4 miljard verdien uit die uitvoer van landbou-, bosbou- en visserye-kommoditeite, terwyl die rekening van invoere oor dié tydperk op N$1,2 miljard gestaan het. Dit volgens ’n verslag deur die Namibië Statistiekagentskap (NSA), wat onlangs vrygestel is. As daar alleen na landboukommoditeite gekyk word, was die verdienste uit uitvoere sowat N$1,6 miljard, terwyl die invoerrekening op N$0,7 miljard gestaan het. In die vierde kwartaal van 2022 het Namibië ook 33 918 ton beheerde graangewasse geproduseer – ’n verbetering op verlede jaar, toe 23 596 ton in dieselfde tydperk geproduseer is.

Die NSA noem egter dat die gemiddelde prys vir petrol en diesel oor die tydperk op onderskeidelik N$20,08 per liter en N$23,02 per liter gestaan het, wat tot onwrigtings in die sektor gelei het en die kwesbaarheid daarvan vergroot het – veral in terme van wisselvallige pryse. “Dit is ’n toename as dit vergelyk word met die N$15,02 per liter vir petrol en N$14,88 per liter vir diesel wat tydens kwartaal vier in 2021 betaal is,” lui die verslag.

BEESBEMARKING Tydens die laaste maande van 2022 is altesaam 55 851 beeste bemark – ’n verbetering van 3,5% op 2021 se syfers. Hiervan is sowat 35 346 beeste lewend uitgevoer. Die geraamde waarde van die beeste is sowat N$376,3 miljoen.

Veilingspryse het egter reeds tussen Oktober en Desember met 11% gedaal – met hoofsaaklik tollies, speenkalwers, maer koeie en store se pryse wat afwaarts geneig het. Hierteenoor het pryse tydens die ooreenstemmende tydperk in 2021 met 16% gestyg. In die laaste kwartaal van 2022 is die beste prys van N$40,23 per kg vir tollies betaal, en ’n gemiddelde prys van N$38,05 per kg vir speenkalwers. Die pryse van maer en vet koeie was die laagste – teen onderskeidelik sowat N$24,74 per kg en N$31,86 per kg.

KLEINVEE Terselfdertyd is meer kleinvee in die vierde kwartaal van 2022 bemark. Altesaam 147 007 bokke en skape is in die tydperk bemark, in vergelyking met 111 302 stuks kleinvee in dieselfde tydperk in 2021.

Altesaam 70 710 lewende skape ter waarde van N$85,4 miljoen is in die vierde kwartaal uitgevoer, teenoor 60 787 in die ooreenstemmende periode in 2021. Die prysindeks vir geweegde skaap het ’n afname van 7,9% in die tydperk ervaar. ’n Jaar vantevore – in die vierde kwartaal van 2021 – het dit ook met 5,8% gedaal. Terselfdertyd het die uitvoer van bokke toegeneem vanaf 34 189 in die vierde kwartaal van 2021 na 43 387 in die vierde kwartaal van 2022. Die waarde wat deur dié uitvoere gegenereer is, het op N$39,9 miljoen gestaan. Tussen Oktober en Desember verlede jaar het die gemiddelde veilingspryse vir bokke tussen 15,4% gedaal, terwyl dit ’n jaar vantevore met 3,2% verstewig het. Die ergste dalings is onder veilingspryse vir bokramme waargeneem, wat met

32,5% afgeneem het, en die prys vir bokooie met 24,4%. Die pryse vir bokkapaters het met 7,2% gekrimp, terwyl dit ’n jaar vantevore met 6,5% gestyg het.

HOUT EN HOUTSKOOL Tydens die vierde kwartaal van 2022 het Namibië ’n handelsurplus van N$242,9 miljoen aangeteken as dit by hout en houtverwante produkte kom. Dit verteenwoordig ’n verbetering op 2021 se surplus tussen Oktober en Desember, wat op N$186,7 miljoen gestaan het. Houtskool ter waarde van N$314,9 miljoen is die meeste uitgevoer, gevolg deur naaldhout ter waarde van N$37,6 miljoen. Die meeste hiervan het na SuidAfrika gegaan (24,7%), gevolg deur uitvoere na Duitsland (11,4%) en na Griekeland en Nederland (8,8%).

» Hoop op bemarking van slagdiere in najaar

Swak veilingspryse dalk net tydelik Plaaslike markte vir veral beeste is onder druk en sal na verwagting met méér as 20% daal, met landbouers wat noodbemarking doen ná ’n ondergemiddelde reënseisoen.

› Elvira Hattingh

T

erwyl veilingspryse na verwagting verder sal daal ná dit oor die afgelope weke reeds met sowat 20% gekrimp het, is beesboere optimisties dat hierdie tendens van korte duur sal wees. Die Lewendehaweprodusente-organisasie (LPO) sê markte verkeer tans onder druk, weens ’n relatiewe swak reënjaar wat talle veeboere dwing om noodbemarking te doen. “Die druk op markte sal waarskynlik van korte duur wees – en dalk reeds teen Junie verby wees. Dan behoort die pryse terug na normaal te keer.” Só sê die LPO-voorsitter, Thinus Pretorius. “Daar is redelike mededinging in die plaaslike mark en internasionaal is daar ’n groot tekort aan proteïene. Die vraag is net of ons plaaslik die vermoë sal hê om die nodige verslagting te

doen,” het hy bygevoeg. Die LPO is wel optimisties nadat die Nieu-Seelandse maatskappy Global Protein Logistics (GPL) die plaaslike mark betree het en kontrakverslagting by Meatco doen.

DROOGTE Die nuus kom midde ’n besef binne landboukringe dat die afgelope reënjaar swak oor groter dele van Namibië presteer het.

Thinus Pretorius LPO-VOORSITTER

“Dis egter ’n gegewe dat ons alternatiewe planne sal moet maak.” Boere moet aanpassings maak in terme van beskikbare weiding. “Ek dink ons moet aanvaar ten minste ’n driekwart van die land ervaar tans ’n uitdagende tyd. Die nuwe weidingskaarte het verlede week Vrydag uitgekom en ek dink dit is ’n realiteit. Ons moet hiermee vrede

Veeboere doen tans noodbemarking omdat ’n ondergemiddelde reënseisoen hulle met minder weiding gelaat het. FOTO ELVIRA HATTINGH

maak en rondom dit begin beplan,” sê Pretorius. Hy sê satellietkaarte wat deur die Namibia Rangeland Forum bygehou word, dui daarop dat dit feitlik net die westelike helfte van Otjozondjupa is waar die weiding op ’n redelike goeie vlak is.

PRYSE DAAL Pretorius sê veeboere doen tans noodverkope op plaaslike veilings en dat die prys reeds met sowat 20% van sowat N$40 per kg vir ’n speenkalf

tot N$30 per kg gedaal het. Hy reken die prys sal verder daal, maar voeg by dat dit ooreenstem met die Suid-Afrikaanse prys, wat tans op sowat N$32 tot N$34 per kg staan. Pretorius sê dienooreenkomstig het pryse vir verslagting ook ietwat gedaal, maar dit handhaaf steeds hoër vlakke as die Suid-Afrikaanse prys. “In Suid-Afrika lê pryse tussen N$50 en N$55 per kg, terwyl die plaaslike prys tot onlangs toe nog tussen N$60 en N$65 gestaan het. “Dit het intussen verder tot tussen

N$58 en N$60 gedaal, maar dit is steeds sowat 10% tot 15% beter as die Suid-Afrikaanse prys. “Ek dink ons is onder druk, maar ons is nog nie in die situasie waar ons in 2019 was nie. Daar is dele van die land wat reën gekry het. Ons kan tot ’n mate die skok van die abnormale reënseisoen absorbeer in die wete dat ons in die najaar wel bemarking van slagbare diere sal kan doen. “Dis egter ’n gegewe dat ons alternatiewe planne sal moet maak,” sê Pretorius. – [email protected]

2

Agri Monitor

Charcoal association cautions members

TUESDAY 4 APRIL 2023

Western Cape allocates N$60m to prevent animal diseases

The Charcoal Association of Namibia says there are currently many infringements by charcoal producers not following production guidelines. It cannot condone this and will support the forestry ministry in fining these members, it said.

The Western Cape agriculture department has allocated more than N$60 million towards preventing and controlling animal diseases in the area. In 2021, the province saw a severe avian flu outbreak, which killed almost 20 000 seabirds. Funding will also be used to bolster rabies vaccinations and awareness campaigns.

» Studie wys SADC-streek skiet tekort

Klimaatkrisis eis nuwe denke Navorsing toon die meeste lande in Suider-Afrika vaar swak in terme van die insluiting van innoverende wetenskaplike tegnologie in die landbousektor.

› Elvira Hattingh

N

amibië is een van die lande in Suider-Afrika wat die swakste vaar in terme van die insluiting van innoverende wetenskaplike tegnologie (STI’s) in die landbousektor om klimaatsverandering teen te werk. ’n Studie deur die sentrum vir die koördinering van landbounavorsing en -ontwikkeling vir Suider-Afrika (CCARDESA) binne die Suider-Afrikaanse gemeenskap (SADC)-streek het

Namibië is een van die lande in Suider-Afrika wat die swakste vaar in terme van die insluiting van innoverende wetenskaplike tegnologie (STI’s) in die landbousektor om klimaatsverandering teen te werk. FOTO VERSKAF buiten vir Namibië ook vir Botswana, Eswatini, Mosambiek, Tanzanië, Zambië en Zimbabwe by sy navorsing ingesluit.

Slegs Eswatini en Mosambiek het swakker in terme hiervan gevaar, terwyl Namibië se insluiting van STI’s in die land-

bousektor vergelykbaar met Zambië was. Lande soos Botswana, Tanzanië en Zimbabwe vaar beter as Namibië in

Documents needed for issuing of stock brands › Ellanie Smit

die verband. Volgens die verslag bestaan ’n tekort aan STI’s in die meeste SADC-lande se landbousektore, wat beteken dié gemeenskappe is kwesbaar vir klimaatsverandering. Dié stand van sake kan daartoe lei dat landbouproduktiwiteit afneem – soos dit reeds die geval is in die meerderheid van die lande, sê CCARDESA. Gevolglik word mense se lewensbestaan, voedselen voedingsekuriteit negatief beïnvloed, omdat die oorgrote bevolking in die streke van landbou en natuurlike hulpbronne afhanklik is vir hul voortbestaan. CCARDESA sê die afname in die produktiwiteit van SADC se landbousektor word hoofsaaklik deur klimaatsverandering en -wisselvalligheid gedryf. “As navorsing en innovering behoorlik verbind kan word tot ontwikkelingsinisiatiewe, bevorder dit ook innoverende praktyke binne landbouen voedselstelsels en raak landbou meer weerstandig teen klimaatsverandering. Boonop kan landbou ook beter op die eise van ontwikkeling reageer,” lui die verslag.

There are several documents and payments required by livestock owners when applying for a stock brand. Stock brands serve as an identification system for cattle and are kept up to date on a national register. The brand identifies the owner of the animal and its primary purpose is the control and management of animal diseases. It is also an important tool to address the problem of stock theft. According to the Meat Board of Namibia, with regards to new applications, livestock producers need to complete a producer registration application and obtain a producer registration number from its marketing department. For commercial areas, resettlement farms and townlands, a certified copy of your ID is needed. Livestock producers are instructed to complete the BR1 application form, sign it and attach proof of payment.

IMPLIKASIES

The same counts for communal areas; however, the producer also needs a letter from the traditional authority confirming residence and farming. In the case of application for a duplicate of a stock brand card or certificate, a certified

CCARDESA sê die huidige stand van sake beteken die streek se landbousektor is hoogs vatbaar vir die negatiewe uitwerking van klimaatsverandering, wat uiteindelik gevolge soos swak ekonomiese ontwikkeling, armoede, maatskaplike onstabiliteit en erge ongelykhede in inkomste in die streek tot gevolg het. “Dié skadelike nagevolge word reeds in die streek gesien,” sê die sentrum. ’n Suksesvolle strategie om STI’s ’n hoofstroom binne die landbousektor te maak, moet op “slim landboupraktyke, navorsing en onderrigstelsels val”. Dit moet gerugsteun word deur klimaatslimbeleide en ’n bevorderlike omgewing of landelike infrastruktuur.

COMMUNAL AREAS

copy of your ID is also required as well as a completed and signed duplicate application form with proof of payment. The Meat Board further said when applying to transfer a stock brand card or certificate, the applicant should also provide a certified copy of their ID, complete the BR5 application form – which should be signed by the applicant and the owner of the brand – and submit a police declaration from the brand owner giving consent for the transfer of the stock brand to the new owner. The original stock brand or original Farm Assured Namibian Meat certificate and proof of payment should also be included. In case the brand owner is deceased, a certified copy of a death certificate is needed. Should the original stock brand or certificate be lost, a police declaration for the absent documents is required, the board said. In all the above-mentioned cases, no uncertified copies, faxes or scanned documents will be accepted. For more information on the cost of new applications, duplicate certificates or transfer of brands, contact the stock brand office at 061 275 842, 061 275 861 or stockbrand@ nammic.com.na.

Livestock producers should make sure the required documentation is in order when applying for a stock brand. PHOTO MEATCO

Kleinvee/Small Stock 10H00|05 April 2023

3

Agri Monitor

TUESDAY 4 APRIL 2023

Poultry import suspension - The agriculture ministry The agriculture ministry has announced the immediate suspension of the import and intransit movement of live poultry, birds and poultry products from Argentina and Chile following the

outbreak of Highly Pathogenic Avian Influenza, known as bird flu. Cooked poultry products for commercial purposes may still be imported into Namibia under a veterinary import permit.

» Rainwater harvesting encouraged

Farmers urged to develop drought-coping strategies Saisai said farmers should pay attention to the varieties or cultivars of crops they buy and grow, especially if their production takes place in rain-fed conditions.

› Ellanie Smit

W

ith drought a potential threat facing Namibia this year, farmers have been strongly urged to develop robust coping mechanisms to ensure they are able to produce products they can sell, thereby maintaining their income streams. Hanks Saisai, Agribank’s technical advisor for crops and poultry, stated that most parts of Namibia that were forecast to receive normal to abovenormal rains have instead experienced below-average annual rainfall. He said this has created a sense of panic as a drought year looms over the country once again.

rainfall across the four-month period in which it was received, its intensity, and the dry spells.

Hanks Saisai AGRIBANK

“Whenever rainfall is received in abundance, 60% to 70% of the water is lost through surface runoff or either ends up being collected by some catchment water bodies such as shallow plains or streams that flow into major rivers, resulting in flash floods.”

PLAN TO MINIMISE FALLOUT Saisai said it is imperative for farmers to always plan for the rainy season. He added that it is crucial for farmers to collect rainfall records during rainfall seasons. The records could help farmers identify the distribution of

With the records at hand, farmers can better plan for prolonged dry spells to minimise the scorching of crops and pasture growing on rangelands, he said. “Once it has been found that rainfall spells are on average six to

eight days per month, a farmer can plan to incorporate an irrigation system to meet the water requirements of the crops or pasture that are grown.” This, he said, minimises the possibility of crop failure that may result in income losses or the destruction of valuable pasture growing on the rangeland.

DROUGHT TOLERANCE The second strategy involves paying attention to the varieties or cultivars of crops farmers buy and grow in their crop fields, especially if their production takes place in rain-fed conditions. “When buying seeds, farmers are urged to always consider varieties with shorter growing periods, and usually, these varieties are indicated as early-maturing varieties,” he explained. Furthermore, attention must be given to varieties with characteristics of drought tolerance and pest resistance, as these varieties are more likely to attain better yields and harvests, despite sporadic rainfall.

RELIABLE VALUE For livestock farmers, Saisai said the focus must be on rangeland reseeding using local seeds from indigenous grasses such as Blue Buffalo, which is a hardy perennial grass with high

Rainwater harvesting is one strategy to cope with drought. PHOTO FILE grazing value. The seeds can be collected from the end of April in riverbeds in urban areas like Windhoek and along major national roads. Increasing the seed bank of the soil with good indigenous seeds enables rangelands to utilise the scarce moisture from rainfall to grow valuable grasses that can support livestock during hard times, he said. Thirdly, Saisai urged farmers to invest in their farming businesses by taking out loans or investing funds into drilling reliable water sources, such as boreholes that use underground water sources. “Such investments enable farmers that farm with livestock to dedicate at least two hectares for pasture production, where they irrigate the land to grow grass, lucerne and other fodder crops that can be fed to their livestock.”

STORE WATER As for crop farmers, having access to unlimited water means being able to produce crops all year-round. This enables farmers to produce

Wild Bird Seed

Birds require a plentiful supply of food in the spring to help with successful breeding: for females the laying of eggs, and for both male and female in most species, the rearing of young. Some adult birds will take the food you supply to their young, while others will provide their young with natural food sources and come to your bird feeders for their food. Feed ad-lib to all wild birds. Tel: +264 61 290 1300 | [email protected] | w ww.feedmaster.com.na

Also available in 2 kg bags.

crops successfully as their water requirements can be met with ease. Saisai said the least utilised strategy is rainwater and floodwater harvesting. “Whenever rainfall is received in abundance, 60% to 70% of the water is lost through surface runoff or either ends up being collected by some catchment water bodies such as shallow plains or streams that flow into major rivers, resulting in flash floods.” Farmers can harvest rainwater in earth dams or install water tanks to collect rainwater from roof gutters, he said. Moreover, storing abundant water during hard times can enable farmers to irrigate small portions of land to aid the regrowth of fodder material for their core breeding herds. He advised that when water is preserved and stored in tanks or reservoirs that are closed off or covered, it minimises water loss through evaporation, enabling farmers to grow their crops easily and produce all year round. - [email protected]

4

Agri Monitor

TUESDAY 4 APRIL 2023

Wettig handel in renosterhoring Mount Etjo Safari Lodge se Annette en Alex Oelofse het hulle onlangs sterk uitgespreek ten gunste van wettiging van handel in renosterhoring. Hulle vorm deel van ’n magdom stemme wat glo so ’n stap sal die renoster red, juis omdat wettige handel die swartmark sal teenwerk. ’n Video waarin hulle oor dié onderwerp praat, is op hul YouTube-kanaal (Mount Etjo Safari Lodge) gedeel.

» Geskiedenis bied waardevolle insigte

Etosha se leeubevolking vir nou stabiel Die geskiedenis bewys dat leeus veerkragtig is en hul aktiwiteite en voorkeure vir prooi aanpas volgens veranderinge binne hul ekosisteem.

› Elvira Hattingh

T

erwyl die leeubevolking in die Etosha Nasionale Park klaarblyklik oor die afgelope jare gestabiliseer het, bly dit van kardinale belang om hul getalle te monitor sodat bestuursbesluite voortdurend aangepas kan word. In ’n artikel deur Gail Thomson getiteld “The Lions of Etosha: A Brief History” word verduidelik hoe die park se leeus geraak is deur ’n vermindering in die getalle van hul prooi, wat deur die oprigting van heinings, kunsmatige watergate en ander faktore meegebring is. Die artikel is gebaseer op die navorsingstuk “The historical effects of infrastructure development on the lion population of Etosha National Park, Namibia” deur J. Heydinger, C. Packer en P. Funston wat in die Namibian Journal of Environment Vol. 6 (2022) gepubliseer is. Thomson sê uit die geskiedenis is dit duidelik dat Etosha ’n veilige vesting vir verskeie wildspesies is, maar dat die toespan of “afsny” van die ekostelsel van omliggende gebiede ’n verwoestende uitwerking op leeus se grootste prooi gehad het – sebras en wildebeeste. “Daar sou heelwat meer leeus gewees het as die wildebees- en sebrabevolkings nooit in duie gestort het nie,” sê Thomson.

Terwyl die leeubevolking in die Etosha Nasionale Park klaarblyklik oor die afgelope jare gestabiliseer het, bly dit van kardinale belang om hul getalle te monitor sodat bestuursbesluite voortdurend aangepas kan word.

Toe die getalle van leeus se verkose prooi in duie gestort het, het hulle na springbokke oorgeskakel. FOTO’S TANJA BAUSE

Sy is van mening dat uitgebreide droogtes as gevolg van klimaatsverandering ook ’n bedreiging vir die leeus kan inhou en om dié rede moenie bloot aangeneem word dat hulle veilig in die park sal wees nie. “Nietemin is dit bewys dat leeus veerkragtig is en hul aktiwiteite en voorkeure vir prooi aanpas volgens veranderinge in die ekostelsel.”

Hierbenewens was miltsiekte of antraks nog altyd deel van Etosha se ekostelsel, maar oorbeweiding en die ontwrigting van grond het uitbrekings van die siekte oor ’n typerk vererger. As gevolg van al hierdie faktore het die bevolkingsgetalle van wildebeeste van 25 000 of 30 000 geval tot net sowat 5 000 – binne een dekade. Dieselfde tendens is onder sebras waargeneem, net oor ’n langer tydperk. Tydens die aanvanklike vrektes van die diere het die leeus floreer. Leeus is weerstandig teen antraks en kon aan die karkasse vreet sonder dat dit hulle affekteer. Boonop het die kunsmatige watergate meegebring dat hul prooi nie meer ver wegtrek nie en meer leeutroppe kon dus vorm. Die goeie tye was egter van korte

TERUGBLIK Sedert die vroeë 1900’s het die park reeds groot veranderinge ondergaan. Tog het die park se leeubevolking klaarblyklik besonderse veerkragtigheid getoon, al is honderde van hulle op naburige plase in die vroeë en middel twintigste eeu geskiet. Die laagste raming van leeugetalle in Etosha was 150 in die jaar 1952,

waarna hul getalle weer tot sowat 500 in 1980 aangegroei het. Die mees onlangse skatting van hul getalle was 335 in 2018. Terwyl leeus direk geraak is deur veranderinge in bestuurspraktyke oor tyd, was die grootste impak op hul getalle indirek. Siektes, die span van heinings en kunsmatige watergate het ’n sameloop van omstandighede tot gevolg gehad wat leeus se vernaamste prooi geaffekteer het. Die heining aan die noordgrens van Etosha het klaarblyklik die grootste impak gehad, omdat dit die migrasieroetes van groot kuddes wildebeeste en sebras versteur en hulle verhinder het om na die park terug te keer. Die oorblywende diere het naby die kunsmatige watergate begin saamdrom en die omgewing oorbewei.

PERFEKTE STORM

ANTWOORDE VERSKAF OOR LETSELS OP WILD

TOURISMUS NAMIBIA QR CODE Scan this QR code to watch the latest edition of the Tourismus Namibia broadcast. Among the topics discussed in the 25 March edition of Tourismus Namibia are the launch of the 24-hour operation of the Trans-Kahalari/Mamuno Border Post, occupancy statistics and end off the latest on Namibia’s translocated cheetahs to in India. Under “Destinations” we take a look at the Butcher’s Block located in Windhoek and also visit the Sniper Valley Shooting Range outside of the capital. Lastly, under “To the Point” Katharina Moser shares her experience during an excursion to the Fairy Circles in the Namib Desert. Enjoy the show.

Kankeragtige gewasse is op wild in die Outjo-, Otjiwarongo-, Aroab- en Steinhausen-gebiede waargeneem. FOTO’S WILDLIFE VETS NAMIBIA MARCH NEWSLETTER

› Elvira Hattingh Die letsels wat op wild in die Outjo-, Otjiwarongo-, Aroaben Steinhausen-gebiede voorkom, mag dalk kankeragtige gewasse genaamd sarkoïedes wees. In die jongste nuusbrief van Wildlife Vets Namibia, van die wildveearts dr. Ulf Tubbesing en Mariska Bijsterbosch, is bevestig dat laboratoriumuitslae dié diagnose bevestig het. Dit volg nadat Wildlife Vets in Januarie foto’s van die tipe velletsels in sy nuusbrief gepubliseer het en vir boere gevra het of hulle al so iets onder die wild op

hul plase opgemerk het. “Ons het antwoorde van sewe boere ontvang wat bevestig het dat hulle dit ook reeds gesien het – van so ver as die Outjo-, Otjiwarongo, Aroab- en Steinhausen-gebiede,” het die organisasie gesê. “Ons het monsters tydens ’n post mortem versamel en by die Pathcare-laboratorium vir Veeartsenykunde in Suid-Afrika ingedien vir histopatologiese ontleding.” Die uitslae wys dat die harde groeisels op die gemsbokke kankeragtige gewasse is wat sarkoïedes genoem word, word in die nuusbrief verduidelik.

VOORKOMS Dié tipe gewasse word dikwels op perde se velle gesien, maar is ook al by honde en wildspesies soos sebras, swartwitpense en kameelperde opgemerk. Dit bedreig gewoonlik nie die dier se lewe nie, maar kan die dier se welstand en funksies inkort. Die gewasse kom dikwels voor as enkele of verskeie letsels en kan soos klein vratjies lyk, maar ook groot genoeg raak en veselagtige verbindings vorm. Volgens Wildlife Vets word dié tipe gewasse dikwels deur die beespapilloomvirus (BPV) veroorsaak. Meer toetse is egter

duur tot daar nie meer baie sebras en wildebeeste oor was nie. Springbokke (en tot ’n mindere mate gemsbokke) het die leeus gered. In die laat 70’s het goeie reënneerslae daartoe gelei dat springbokke se getalle tot ’n geraamde 32 000 verdriedubbel het. ’n Erge droogte het egter in die vroeë 80’s gevolg en springbokke se getalle het ook skerp begin afneem. Die leeubevolking het ook gekrimp – van sowat 500 individue in 1980 tot net sowat 200 in 1986. Sedertdien het hul getalle darem weer toegeneem en klaarblyklik op 300 tot 400 gestabiliseer. Konflik met mense bly egter ’n uitdaging vir Etosha se leeus. Tydens die 35 jaar tussen 1975 en 2010 is na raming minstens 1 059 leeus geskiet – hoofsaaklik op plase aan die park se oostelike en suidelike grens. nodig om vas te stel of dit wel dié virus is wat die gewas onder die gemsbokke veroorsaak het. “Hoewel ons nog baie moet leer oor hoe die virus versprei, blyk dit dat dit nie oordraagbaar is van een dier na die volgende nie – dus, nie aansteeklik nie. “Dit mag wees dat dit indirek deur vlieë versprei word, maar tot dusver kon navorsing net DNS-dele en proteïen van die virus op vlieë optel en nie die hele virus nie. Meer navorsing in verband hiermee is egter nodig.” Wildlife Vets sê behandeling is moontlik, maar dit hang af van hoe ernstig die kanker is en die ligging daarvan. “Sarkoïedes kan chirurgies verwyder word deur ’n stywe band rondom dit te plaas wat die bloedtoevoer afsny, deur dit te ‘vries’ of met behulp van chemoterapie. “Deesdae kan ons ook ’n entstof in die gewas inspuit, maar talle inspuitings gaan waarskynlik nodig wees, wat behandeling van wild dikwels moeilik maak,” lui die nuusbrief. Die organisasie verduidelik dat histopatologie verwys na ’n mikroskopiese ontleding van ’n stukke vlees of vesel. Die ontleding word vir die diagnose van siektes in die vesel gebruik.

Get in touch

Social

© Copyright 2013 - 2024 MYDOKUMENT.COM - All rights reserved.