DIE HELE BYBEL OPGESOM GRATIS Flipbook PDF

Baie mense roem daarop dat hulle die Bybel binne ‘n jaar deurgelees het. Ek het dieselfde gedoen en tot my skok agtergek

48 downloads 113 Views 5MB Size

Recommend Stories


Descargar gratis los detectives salvajes pdf. Free download
Descargar gratis los detectives salvajes pdf descargar gratis itunes para windows vista 32 bits.descargar juegos para mi lg p350g.descargar halo ce pa

Descargar gratis en pdf curso de ingles. Free download
Descargar gratis en pdf curso de ingles descargar gratis libro de las 50 sombras de grey.videos musicales formato mp4 para descargar gratis.descargar

Descargar gratis salvando vidas jose fernandez pdf. Free download
Descargar gratis salvando vidas jose fernandez pdf descargar la cancion vale la pena el placer romeo santos.descargar gratis 7 dias romeo santos.desca

Story Transcript

Met Die Doel Om Die Boek O p e n b a r i n g B e t e r Te Ve r s t a a n

1

DIE HELE BYBEL OPGESOM Met Die Doel Om Die Boek Openbaring Beter Te Verstaan Geskryf deur JC (Seef) Pretorius Kopiereg © 2022 JC Pretorius. Alle regte voorbehou. Uitgegee deur Xgrafies Pty Ltd 7 Dias Crescent Dan Pienaar Bloemfontein 9301 Geen deel van hierdie publikasie mag in enige vorm gereproduseer word nie, of elektronies, meganies, fotografies of per bandopname oorgedra word nie, sonder die nodige skriftelike toestemming van die uigewers. Tweede uitgawe Uitleg en Omslag Ontwerp: Johan Pretorius - Xgrafies Design Studio

2

INHOUD OU TESTAMENT VOORWOORD INLEIDING GENESIS EKSODUS LEVITIKUS NUMERI DEUTERNOMIUM JOSUA RIGTERS RUT 1 SAMUEL 2 SAMUEL 1 KONINGS 2 KONINGS 1 KRONIEKE 2 KRONIEKE ESRA NEHEMIA ESTER JOB

4 7 11 25 33 37 41 47 51 57 59 65 69 73 83 87 95 99 103 105

PSALMS SPREUKE PREDIKER HOOGLIED VAN SALOMO JESAJA JEREMIA ESEGIËL DANIËL HOSEA JOËL AMOS OBADJA JONA MIGA NAHUM HABAKUK SEFANJA HAGGAI SAGARIA MALEAGI

111 125 133 139 141 165 183 209 261 269 275 281 285 289 295 299 303 309 313 341

NUWE TESTAMENT OPSOMMING MATTHEUS MARKUS LUKAS JOHANNES HANDELINGE ROMEINE 1 KORINTHIËRS 2 KORINTHIËRS GALASIËRS EFESIËRS FILLIPPENSE KOLOSSENSE 1 THESSALONISENSE 2 THESSALONISENSE

347 349 365 367 377 393 409 423 437 445 451 457 461 467 471

3

1 TIMOTHEUS 2 TIMOTHEUS TITUS FILEMON HEBREËRS JAKOBUS 1 PETRUS 2 PETRUS 1, 2 EN 3 JOHANNES JUDAS OPENBARING DEEL 1 OPENBARING DEEL 2 OPENBARING DEEL 3 VERWYSINGS

475 481 485 487 489 505 511 519 523 531 535 549 559 647

VOORWOORD

B

aie mense roem daarop dat hulle die Bybel binne ‘n jaar deurgelees het. Ek het dieselfde gedoen en tot my skok agtergekom dat ek nie veel kon onthou wat ek gelees het nie. Die alternatief is natuurlik om saans voor mens gaan slaap en soggens op enige stadium uit die Bybel te lees en ‘n gebed te doen waar die drieenige God nie alleen verheerlik word nie, maar ook bedank word vir al die seëninge wat ons uit Sy Hand ontvang. Natuurlik het ons ook versoeke wat baie persoonlik van aard is, afhangende van waar ons onsself op ‘n gegewe moment in hierdie wêreld bevind. Al hierdie aktiwiteite is mooi, eervol en aanbevelenswaardig. Maar, in watter mate het dit wat in die Bybel vir ons deur God Self ingegee is in ons verstande en harte vasgesteek dat ons met vrymoedigheid en outoriteit met enigeen daaroor kan praat, veral hulle wat nog nooit vir Christus as Saligmaker en Verlosser aangeneem het nie. Laasgenoemde is nie net predikante se plig nie, maar elke gelowige word daartoe opgeroep om die Woord (Evangelie) te verkondig.

4

‘n Mens behoort jouself dus af te vra of jou toewyding aan God die Vader, Jesus die Seun en die Heilige Gees genoegsaam tot sy reg kom deur slegs kort stukkies uit die Bybel te lees, Sondae kerk toe te gaan en so af en toe oor Hom te praat met ons kinders, familie en sommige vriende. Deur net die Bybel te lees en nie te bestudeer nie is die kanse skraal dat die raakpunte tussen die Ou en Nuwe Testamente raakgesien sal word, asook die diepgaande lesse wat te leer is uit die lewens van sleutelfigure wat vir ons as voorbeelde deur God ingegee is. Natuurlik sal ons nie ‘n eksamen hoef te skryf om te bepaal of ons werd is om Hemel toe te gaan nie, maar ‘n dieper studie van die Bybel behoort daartoe by te dra dat ons verhouding met Hom op ‘n hoër vlak kom wat uiteraard ons uitkyk op die lewe, ons daaglikse leefstyl en ons optrede teenoor ons naaste en medemens positief kan beïnvloed. Kortom, sodanige studie van die Bybel, en dalk die memorisering van belangrike konsepte, behoort geloofsversterkend in te werk. Dit is hierdie geloof wat ons volgens Paulus sal red en dit is hierdie geloof wat ons tot goeie werke sal aanspoor, volgens Jakobus. Verder is dit so dat sekere dele van die Bybel vir ons, wat nie teoloë is nie, soms moeilik is om te verstaan. Die beste voorbeeld is seker die boek Openbaring. Met hierdie boek het ek vir baie jare geworstel en omtrent opgegee want ek kon net nie die geheelbeeld vaslê nie en kon selfs nie sin uitmaak van spesifieke gedeeltes in die boek nie. Ek het gaan kers opsteek by ‘n vriendin wat Openbaring oor ‘n lang tydperk bestudeer het en haar raad aan my was: “Lees en verstaan eers die hele Bybel vanaf Genesis tot op die einde as jy wil hoop om Openbaring te verstaan”. Dit is die primêre rede waarom ek hierdie projek aangepak het naamlik om die hele Bybel kripties op te som en nie net te lees nie, met die hoop dat die boek Openbaring verstaanbaar kan word. Maar, in my hoedanigheid as oupa, is daar ook ‘n tweede rede en dit is my bekommernis dat ons kleinkinders in ‘n tyd leef waar die Woord nie meer die plek inneem in hulle lewens wat dit behoort nie. Ook wonder ‘n mens in watter mate die moderne tegnologie (veral selfone en TV) ons kinders van die Woord af weghou en negatief beïnvloed. Ek hoop dat hierdie opsomming en gedeeltelike verduidelikings van die hele Bybel, wat in ‘n paar dae deurgelees

5

kan word, daartoe sal bydra dat ons kinders en kleinkinders Jesus ontmoet, Hom sal ervaar as Immanuel (God met ons) en sal besef dat ons enigste hoop in lewe en sterwe Sy bloed aan die kruis is. Laastens wil ek my opregte dank uitspreek teenoor my Hemelse Vader dat Hy my hoegenaamd toegelaat het om met Sy Woord te worstel. Sonder vrees vir teëspraak kan ek getuig dat dit waarskynlik die wonderlikste ervaring in my hele lewe was. Komende uit die akademiese wêreld het ek ‘n redelike hoeveelheid manuskripte vir publikasie voorberei in die veld waarin ek opgelei was, naamlik plantbiochemie, maar hierdie “manuskrip” het my nie alleen meer genot verskaf nie, maar ook die Gees met tye laat ervaar. Iets wat ek nie werklik kan beskryf nie. Soms het die woorde gevloei, maar soms het die Gees my opdrag gegee om die antwoorde op ander plekke te gaan soek. Iemand mag sê dat dit my verbeelding was maar as die eerste plek wat geraadpleeg word dadelik die antwoord op ‘n spesifieke vraag in presiesheid “uitskree”, dan is die “wet van kans” vir my nie meer ter sprake nie. Soli Deo Gloria!!

6

INLEIDING

O

m die boek Openbaring te verstaan moet die Ou Testament as skadu van die Nuwe Testament eers deeglik bestudeer word om die “goue draad” wat deurloop op te tel. In hierdie dokument sal slegs die kernpunte uit die Ou en Nuwe Testamente opgesom word, deurgaans met verwysing na Jesus, terwyl sekere skrifgedeeltes vir die leser gelaat word om self in die Bybel op te soek. Baie belangrike verse sal egter voorsien word. Sekere dele, a.g.v. die omvang daarvan, sal baie kripties aangebied word met die klem op die kerngedagtes, terwyl ander weer meer volledig verskaf sal word op grond van die belangrikheid daarvan t.o.v. die primêre doel van hierdie projek. Alhoewel ‘n poging aangewend is om die inligting in chronologiese volgorde te verskaf, was dit soms nodig om die ritme te versteur deur enkele belangrike aspekte, as ondersteuning vir ‘n bepaalde siening, tussen-in te voeg. Bv. veral Daniël, Sagaria en Mattheus 24 hou direkte verband met Openbaring en was dit nodig om vroeg

7

reeds na hierdie boeke te verwys. Dit het aanleiding gegee tot herhaling toe hierdie boeke later self opgesom is. Sekere gedeeltes is ook in eenvoudiger taal omskryf in plaas daarvan om die Bybel direk aan te haal. Die hoofdoelwit van hierdie opsomming is dus om dit moontlik te maak vir die leser om die hele Bybel in ‘n paar dae deur te lees. Daar is hoofsaaklik van die 1953-vertaling gebruik gemaak wat via E-Sword elektronies afgelaai is sodat teksverse gekopieër en ingelas kon word. Deurgaans is gepoog om daardie dele van die Bybel wat op mekaar betrekking het, bymekaar uit te bring deur kruisverwysings, maar ook om verduideliking te gee of eksegese toe te pas, waar moontlik (sien verwysingslys). Sekere Bybelgedeeltes is ook breër omskryf deur gebruik te maak van eksegeses wat op die internet beskikbaar is. Veral kriptiese verduidelikings beskikbaar in WikiPedia en eksegeses deur Matthew Henry asook “Enduring World Bible Commentary” is hier en daar van gebruik gemaak. Laasgenoemde was veral daarop gemik om teksgedeeltes in konteks te plaas en geskiedkundige agtergrond te bekom t.o.v. spesifieke Bybelskrywers, veral die klein en groot profete. Die opsomming van die boek Openbaring sou egter nie moontlik gewees het sonder die geweldige insette van Paul Dorgan en David Wilcoxson nie. Paul Dorgan het ‘n breedvoerige verduideliking van die futuristiese benadering tot Openbaring deur middel van agt aanbiedings op U-Tube verskaf (sien verwysingslys). David Wilcoxson het in sy boek “The 70th Week of Daniel Decoded” egter uitgewys dat die futuristiese benadering gebaseer is op Daniel 9:24-27, maar dat hierdie teksgedeelte “per abuis of doelbewus” verkeerd geïnterpreteer is deur die “skeppers” van die futuristiese perspektief en dat dit aanleiding gegee het tot ‘n misinterpretasie van die boek Openbaring. Wilcoxson het die teksgedeelte uit Daniël in ‘n nuwe perspektief gestel en ‘n breedvoerige verduideliking van die alternatiewe historiese benadering tot Openbaring verskaf. Die “tweestryd” tussen hierdie twee benaderings word breedvoering bespreek in die opsommings van Daniël en Openbaring. Deur eie intellek en die werking van die Heilige Gees moet u self ‘n besluit neem oor die geldigheid van elke siening deur die Skrif toe te laat om die antwoord te verskaf.

8

En dan, belangrik, oral waar teksverse in die Ou Testament na Jesus se eerste koms verwys is dit vetgedruk en duidelik aangekondig. Verwysings in die Ou en Nuwe Testamente na Jesus se tweede koms is in HOOFLETTERS aangebied.

9

Michelangelo’s Moses, Basilica di San Pietro in Vin.C.oli, Rome, Italy

10

GENESIS

Agtergrond voordat met die “goue draad” in die Ou Testament begin word.

P

re-Adam tydperk: Hierdie is die tydperk voordat Adam en Eva geskep is. Al wat ons van hierdie tyd weet is dat God alles (voor die mens) geskep het. Daar moes ook ander mense gewees het, maar ‘n bespreking hiervan val buite die sentrale tema van hierdie dokument. Die belangrikste vers in Genesis is die heel eerste een: Gen 1:1:  “In die begin het God die hemel en die aarde geskape”.

Tyd

alohim habora (‫)אלוהים הבורא‬ = God die Skepper

11

Ruimte

Materie

Yezirah (‫)יצירה‬ = Skepping

[Hierdie is waarskynlik die verstommendste en diepste wetenskaplike verklaring in die hele Bybel. Onmiddellik word ons in die eerste vers gekonfronteer met God, die Skepper, wat getrou aan die Fisiese wette (Tyd, Ruimte, Materie en Energie) vir ons die boodskap bring dat Hy die enigste God is, die Almagtige, die alomteenwoordige en dat Hy in beheer is. Die moderne mens, onder invloed van Charles Darwin se ewolusieteorie, wil hierdie vers ongedaan probeer maak en gesprekke oor ewolusie wil maar net nie wyk nie. Die invloed daarvan word steeds in ons tyd beleef en verwar steeds ons kinders. Genesis 1 vers 1 gee die antwoord. God het alles geskep!!] GENESIS 1 TOT 5: ADAM, EVA EN satan God skep die heelal in 6 dae en rus op die sewende dag. Adam en Eva is geskep na God se Beeld en woon in die Paradys, die tuin van Eden, waar God hulle toegelaat het om van alles te eet behalwe van die boom in die middel’, “die Boom van Kennis van Goed en Kwaad”. Die duiwel, eens ‘n geliefde engel, maak egter ook sy opwagting in Eden en verlei vir Eva. Sy eet van die vrugte aan die Boom en gee ook vir Adam van die vrug. Dit is ‘n sonde teen God en word na verwys as die “sondeval”. God verdryf Adam en Eva uit die paradys en ongelukkig raak hierdie sondeval ook vir ons. Daarom het ons nodig om na God terug te keer. Gelukkig het Hy vir ons ‘n manier gegee om weer by Hom uit te kom, naamlik deur Sy enigste Seun, Jesus Christus, te stuur om ons sondes op Hom te neem en daarvoor aan die kruis te sterf. Soos angetoon sal word, draai die hele Skepping om Jesus (sien Genesis 3:15). Die satan se val uit die hemel word in Jesaja beskryf: Jesaja 14: 12-15: “Hoe het jy uit die hemel geval, o môrester, seun van die dageraad! Hoe lê jy teen die aarde neergeslaan, oorweldiger van die nasies!  En jy het in jou hart gesê: Ek wil opklim in die hemel, my troon verhef bo die sterre van God en sit op die berg van samekoms in die uithoeke van die Noorde. Ek wil klim bo die hoogtes van die wolke, my gelykstel met die Allerhoogste! Ja, IN DIE DODERYK SAL JY NEERGEWERP WORD, in die diepste plekke van die kuil!”. [Hierdie skrifgedeelte verduidelik egter ook wat met die satan sal gebeur in die toekoms]. Adam en Eva het twee seuns, Kain en Abel, gehad. Onder die satan se invloed slaan Kain vir Abel dood. Kain word deur God vervloek en

12

verban. Set word as derde seun van Adam en Eva gebore en Adam se bloedlyn gaan voort. Genesis 3:15: [Hierdie teksgedeelte geniet egter spesiale aandag]: Daar is meer as 300 voorspellings in die Ou Testament oor die eerste koms van Jesus Christus. As 'n mens die Ou Testament lees met Jesus in gedagte of op die periferie van die denke, staan mens letterlik verstom oor die akkuraatheid van hierdie voorspellings, omdat hulle absoluut net so waar geword het in die Nuwe Testament. Genesis 3:15 is letterlik die eerste profesie in die Ou Testament oor Jesus se eerste koms. Al 300 voorspellings kan nie hier behandel word nie, maar slegs ‘n paar belangrikes sal aangesny word ter ondersteuning van die Ou Testamentiese heenwysing na Jesus se eerste koms. Verstommend egter is dat die eerste verwysing na Jesus reeds in Genesis 3:15 voorkom: “En Ek sal vyandskap stel tussen jou en die vrou, en tussen jou saad en haar saad. Hy sal jou die kop vermorsel, en jy sal Hom in die hakskeen byt”.  Let op dat “Ek”, “Hy” en “Hom” in hoofletters is. Van wie word hier gepraat? “Ek” = God en “Hy” en “Hom” = Jesus. Hier word al aan die begin in Genesis verwys na Jesus wat sou kom!!! Die satan is “jy” (klein letter). Lees sommer nou reeds 1 Johannes 1: “In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God. Hy was in die begin by God.  Alle dinge het deur Hom ontstaan, en sonder Hom het nie een ding ontstaan wat ontstaan het nie. In Hom was lewe, en die lewe was die lig van die mense. En die lig skyn in die duisternis, en die duisternis het dit nie oorweldig nie”.  Hierdie teksvers bevestig dat Jesus ook God is wat van die begin van die Skepping af bestaan het. Reeds in Genesis word geprofeteer dat die satan Jesus in die hakskeen sal byt (Hom sal seer maak, verwysende na die kruisiging), maar DAT HY HOM DIE KOP SAL VERMORSEL, verwysende na die finale eindtyd wanneer satan in die ewige vuur gewerp sal word!!!!! Na Genesis 3:15 word verwys as ‘n “Proto-evangelium”. “Proto” beteken “Eerste” en “Evangelium” beteken “Evangelie”. Genesis 13

3:15 word dus genoem die “eerste Evangelie”. Dit is die eerste heenwysing na die eerste koms van Jesus Christus!!!! Dit is so belangrik dat hierdie teksgedeelte reg aan die begin gebruik gaan word om ‘n kort reis deur die Bybel te onderneem. Dalk sal sekere aspekte later herhaal word, maar a.g.v. die belangrikheid daarvan sal hier eers stil gestaan word vir ‘n uitgebreide eksegese van Genesis 3:15. God gaan hier in gesprek met die satan en sê reguit vir hom wat vorentoe gaan gebeur. Dit word bevestig in Romeine 16:20: “En die God van vrede sal die Satan spoedig onder julle voete verbrysel. Die genade van onse Here Jesus Christus sy met julle! Amen”.  Vier Bybelgedeeltes gaan gebruik word om die ware betekenis van hierdie eerste aankondiging in Genesis 3:15 te ondersteun en te bevestig en ook om te illustreer hoe daar ‘n goue draad deur die hele Bybel loop wat die gelowige leser moet raaksien: 1) Die tiende plaag in Egipte, 2) Die koperslang in die woestyn, 3) Psalm 22 en 4) Jesaja 53: 1) Die tiende plaag in Egipte: Eksodus 12:12-13: “Want Ek sal in hierdie nag deur Egipteland trek en al die eersgeborenes in Egipteland tref, van mense sowel as van diere. En Ek sal strafgerigte oefen aan al die gode van Egipte, Ek, die HERE. Maar die bloed [van ‘n lam sonder gebrek; die Paasfeeslam] sal vir julle ‘n teken wees aan die huise waarin julle is: as Ek die bloed sien, sal Ek by julle verbygaan. En daar sal geen verderflike plaag onder julle wees wanneer Ek Egipteland tref nie”.  Hierdie tiende plaag is in werklikheid ‘n Openbaring van God aan die mensdom en wel Sy voortgesette plan met die mensdom met Jesus natuurlik in die middelpunt van Sy plan. Die smeer van die bloed van “’n lam sonder gebrek” is ‘n heenwysing na die bloed wat Jesus, die Volmaakte Lam, in die toekoms vir die ganse mensdom aan die kruis sou offer. Hierdie rol van Jesus word in Johannes 1:29 bevestig nadat Johannes die Doper vir Jesus gedoop het: “Die volgende dag sien Johannes Jesus na hom toe kom, en hy sê: “Dáár is die Lam van God wat die sonde van die wêreld wegneem!” 14

Dus, in die Ou Testament is Jesus die “Paaslam”, maar in die Nuwe Testament is Hy “die Lam van God”!!! ‘n Verdere lyn kan getrek word na die koperslang in die woestyn om Jesus se voorspelde rol verder te voer. 2) Die koperslang in die woestyn: Daar was ‘n slangplaag in die woestyn wat die Israeliete geteister het. Die wat gepik is, is onmiddellik dood. Moses pleit by God om die plaag weg te neem. God se opdrag aan Moses: Numeri 21:8-9: “Daarop sê die HERE aan Moses: Maak vir jou ‘n giftige slang en sit dit op ‘n paal; dan sal elkeen wat gebyt is en daarna kyk, lewe. Toe het Moses ‘n koperslang gemaak en dit op ‘n paal gesit: en as ‘n slang iemand gebyt het en hy kyk op na die koperslang, het hy in die lewe gebly ”.  Jesus verduidelik hierdie gebeurtenis in Johannes 3:14-15: “En soos Moses die slang in die woestyn verhoog het, so moet die Seun van die mens verhoog word, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê ”.  Die koperslang is ‘n perfekte heenwysing na Jesus wat later aan die kruis gespyker sou word en dit word reeds in die Ou Testament vir ons gegee en in die Nuwe Testament deur Jesus self bevestig!!! Wanneer ons opkyk na die kruis, ons sondes opreg voor God bely en in ‘n lewende verhouding met Hom tree, sal Jesus se bloed aan die kruis ook vir ons die ewige lewe gee!!! ‘n Verdere lyn kan getrek word deur Psalm 22. 3) Psalm 22: In Psalm 22 word selfs die detail van Jesus se kruisiging gegee, 1000 jaar voor dit gebeur het!!! Vers 2: “My God, my God, waarom het U my verlaat….”. Hierdie is Jesus se kruiswoord kort voordat Hy gesterf het. Vers 7: “…‘n smaad van die mense en verag deur die volk…”. Jesus se eie volk het Hom verag en Hom nie aanvaar nie. Vers 9: “Laat dit aan die HERE oor! Laat Hy hom red, laat Hy hom bevry: Hy het mos behae in hom!” Stem ooreen met die woorde wat die bystanders Hom toegesnou het naamlik “red jouself”.

15

Vers 16: “…my tong kleef aan my verhemelte…”. Jesus het aan die kruis gesê “Ek het dors”. Vers 19: “Hulle verdeel my klere onder mekaar en werp die lot oor my gewaad”.  Dit is presies wat die soldate gedoen het. Vers 28-29: “Al die eindes van die aarde sal daaraan dink en hulle tot die HERE bekeer, en al die geslagte van die nasies sal voor u aangesig aanbid. Want die koninkryk behoort aan die HERE, en Hy heers oor die nasies”.  Selfs die betekenis van Jesus se kruisiging word hier uitgespel. Dit bring ons by die vierde, maar seker die mees aangrypende profesie oor Jesus se eerste koms, naamlik uit Jesaja 53. 4) Jesaja 53: Jesaja het die geboorte van Jesus in detail voorspel: Jesaja 7:14: “Daarom sal die HERE self aan julle ‘n teken gee: Kyk, die maagd sal swanger word en ‘n seun baar en hom Immánuel noem”. Daarna het die profeet Miga ook die geboorte van Jesus voorspel, maar presies in die dorpie waar dit sou gebeur: Miga 5:1: “En jy, Betlehem Éfrata, klein om te wees onder die geslagte van Juda, uit jou sal daar vir My uitgaan een wat ‘n Heerser in Israel sal wees; en sy uitgange is uit die voortyd, uit die dae van die ewigheid”. In Jesaja 53 profeteer die profeet oor Jesus (die Messias) se kruisiging: [Slaan asseblief al die onderstreepte Bybelgedeeltes waarna verwys is in jou Bybel na en ervaar die “Goue Draad”, wat regdeur die Bybel loop, wat God vir ons vooruit gegee het omdat Hy ons lief het en omdat Hy nie wil sien dat ons verlore gaan nie] Jesaja 53:1-12: “Wie het geglo wat aan ons verkondig is? En aan wie is die arm van die HERE geopenbaar? Hy tog het soos ‘n loot (vergelyk met Jesaja 11:1) voor sy aangesig opgespruit en soos ‘n wortel uit droë grond. Hy het geen gestalte of heerlikheid gehad, dat ons Hom sou aansien nie, en geen voorkoms, dat ons Hom sou begeer nie. Hy was verag en deur die mense verlaat, ‘n man van smarte en bekend met krankheid; ja, soos een vir wie ‘n mens sy gelaat verberg; Hy was verag en ons het Hom nie geag nie. Nogtans het Hy óns krankhede op Hom geneem (vergelyk met Mattheus 8:17), en óns smarte - dié het Hy gedra; maar óns het Hom gehou vir een wat geplaag, deur God geslaan en verdruk was. Maar

16

Hy is ter wille van ons oortredinge deurboor (vergelyk met Jesaja 43:25; Esegiël 18:22; Hebreers 8:12 en Hebreers 9:15), ter wille van ons ongeregtighede is Hy verbrysel (aan die kruis; vergelyk met Kollossense 2:14); die straf wat vir ons die vrede aanbring, was op Hom, en deur sy wonde het daar vir ons genesing gekom (vergelyk met Psalm 103:12). Ons almal het gedwaal soos skape, ons het elkeen sy eie pad geloop; maar die HERE het die ongeregtigheid van ons almal op Hom laat neerkom. Hy is mishandel (vergelyk met Lukas 18:32), hoewel Hy onderworpe was, en Hy het sy mond nie oopgemaak nie; soos ‘n lam wat na die slagplek gelei word en soos ‘n skaap wat stom is voor sy skeerders - ja, Hy het sy mond nie oopgemaak nie. Uit die druk en uit die strafgerig is Hy weggeneem; en onder sy tydgenote - wie het daaroor gedink dat Hy afgesny is uit die land van die lewendes? Ter wille van die oortreding van my volk was die plaag op Hom. En hulle het Hom sy graf by die goddelose gegee; en by ‘n ryke (Josef van Arimathea; vergelyk met Mattheus 27:57; Markus 15:43) was Hy in sy dood, omdat Hy geen onreg gedoen het nie en geen bedrog in sy mond gewees het nie. Maar dit het die HERE behaag om Hom te verbrysel; Hy het Hom krank gemaak; as sy siel ‘n skuldoffer aangebied het, sal Hy ‘n nakroos sien; Hy sal die dae verleng, en die welbehae van die HERE sal deur sy hand voorspoedig wees. Weens die moeitevolle lyde van sy siel sal Hy dit sien en versadig word; deur sy kennis sal my Kneg, die Regverdige, baie regverdig maak; en Hy sal hulle skuld dra. Daarom sal Ek Hom ‘n deel gee onder die grotes, en met magtiges sal Hy buit verdeel; omdat Hy sy siel uitgestort het in die dood en saam met die oortreders getel was, terwyl Hy tog die sonde van baie gedra en vir die oortreders gebid het (vergelyk met Lukas 23:34)”.  [Enige mens wat hierdie vier gedeeltes uit die Ou Testament lees, en nog nie glo in Jesus as die Verlosser van die mensdom en as die Messias wat belowe is nie, kan nie gered word nie. Hoeveel meer “bewyse” soek so ‘n mens as nie net Jesus se koms voorspel is nie, maar presies wat met Hom sou gebeur!!! Dit het voor die oë van die volk Israel gebeur en nogtans het hulle nie geglo nie??] Genesis 6 tot 10: Gevalle Engele Besoedel Die Mens (GENESIS 6:1-8) Sondvloed: Noag en sy familie word deur God gespaar, Noag en sy seuns Sem, Gam en Jafet bou ‘n ark volgens die afmetings deur God voorgeskryf. Pare van alle diere word in die

17

ark ingeneem. Dit reën 40 dae en 40 nagte. Alle lewende wesens op aarde het verdrink. Vandag is daar baie bespiegeling onder ongelowiges of die sondvloed werklik plaasgevind het en baie boeke is hieroor geskryf. Die mens soek bewyse maar, as hulle bewyse in die aardkors kry, dan glo hulle steeds nie die Bybel nie. Die volgende twee verse uit Mattheus is Jesus se woorde en as Hy daarna verwys dan is dit die heilige waarheid want Hy is God (Immanuel). Ons het nie ander “bewyse” nodig nie: Mat 24:37-38: “En net soos die dae van Noag was, SO SAL OOK DIE KOMS VAN DIE SEUN VAN DIE MENS WEES. Want net soos hulle was in die dae voor die sondvloed toe hulle geëet en gedrink het, getrou en in die huwelik uitgegee het, tot op die dag dat Noag in die ark gegaan het, en dit nie verstaan het voordat die sondvloed gekom en almal weggevoer het nie, so sal ook die koms van die Seun van die mens wees”.  Uit Sem se nageslag is Abraham gebore. Uit Jafet se nageslag is Magog, Meseg en Tubal (moderne Russe?) gebore. Nadat Noag wyn gedrink het was hy naak en Gam (of sy seun Kanaän) het iets verkeerd gedoen wat nie eksplisiet in die Bybel beskryf word nie. Nietemin is die seun, Kanaän vervloek (Gen 9:25; m.a.w. die nageslag van Gam is vervloek). Volgens die vloek sal Gam se nageslag altyd diensknegte wees van Sem en Jafet se nageslagte. ‘n Ander seun van Gam, Kus (Afrika), was die pa van Nimrod (‘n geweldenaar) wat die toring van Babel laat bou het in opstand teen God!! Uiteindelik het die nageslag van Kanaän gevestig in die omgewing van Sodom en Gomorra (Gen 10:19), wat later deur God verwoes is. Toring van Babel Hierdie is die eertse regeringstelsel waarvan ons in die Bybel lees en was onder Nimrod se beheer (Babilonië). Almal was een volk en het dieselfde taal gehad onder Nimrod se bewind. Hulle het ‘n toring probeer bou wat “tot aan die hemel strek” om in werklikheid met God oorlog te voer. God verwar hulle taal sodat die een nie die ander kon verstaan nie. Dit egter het aanleiding gegee tot ‘n verspreiding van die mensdom oor die hele aarde.

18

Genesis 11 tot 50: Abraham [7 Geslagte van Adam tot by Henog en 7 geslagte van Sem tot by Abraham] Gen 11: Abram is gebore toe Nimrod koning was. Gen 12: God stuur Abram na Kanaan met ‘n belofte / Later na Egipte a.g.v. hongersnood. Gen 13: Abram en sy neef Lot skei hulle paaie. Gen 14: Melgisedek seën vir Abram (Sien later ‘n uitgebreide verduideliking van wie Melgisedek was). Gen 15: God sluit ‘n ewige verbond met Abram. Gen 16: Abram verwek Ismael by Hagar (slavin) [Sarai onvrugbaar]: Gen 16:12: “En hy (Ismael) sal ‘n wilde-esel van ‘n mens wees: sy hand teen almal, en almal se hand teen hom! En hy sal teenoor al sy broers woon” [God profeteer oor Ismael. Sy nageslag is die Islamiete, of Moslems]. Gen 17: God verander Abram se naam na Abraham en belowe hom dat hy en sy vrou Sara op hoë ouderdom ‘n seun sal hê wat hulle Isak moet noem. Gen 18 en 19: God red vir Lot maar verwoes Sodom en Gomorra vanweë die goddeloosheid daarin. Gen 20: Abraham trek na die Suidland. Gen 21: Isak word gebore. Abraham, op aandrang van Sara, verplig Hagar en Ismael om hulle te verlaat, maar God beskerm hulle in die woestyn. Gen 22: God gee aan Abraham opdrag om sy seun Isak te offer. Abraham was treurig hieroor maar omdat die opdrag van God was, was hy bereid om dit te doen. Hy bind Isak op die altaar vas, pak hout om hom en was net van plan om hom keelaf te sny, toe God van die Hemel roep dat hy moet stop en omkyk. Daar was ‘n bokram met sy horings in ‘n bos verstrengel. Abraham het toe die bokram geoffer.

19

[Hierdie is simbolies ‘n baie belangrike gebeurtenis. Eerstens is Abraham en sy nageslagte (insluitende ons) deur God geseën en hierdie was ‘n toets vir Abraham se geloof. Tweedens is die bereidheid van Abraham om sy seun te offer ‘n heenwysing na die offer wat God later vir ons sou bring deur die soendood van Christus Jesus]. Gen 23 en 24: Sara sterf. Isak soek ‘n vrou en neem Rebekka as vrou. Tweelingseuns, Jakob en Esau, word gebore. Esau was die eersgeborene en in daardie tyd het hy die sogenaamde “eersgeboortereg” besit, wat beteken dat hy tradisioneel deur sy pa geseën moes word. Gen 25: Abraham sterf (175 jaar oud) en word begrawe in die grot van Magpela. Isak en Rebekka Gen 26: God sluit ‘n verbond met Isak net soos met Abraham. Esau trou met 2 vroue uit die Hetiete en dit was ‘n groot teleurstelling vir Isak en Rebekka. Gen 27: Met ‘n slinkse plan en hulp van sy ma Rebekka, “steel” Jakob Esau se eersgeboortereg. Esau het van die veld af gekom en was baie honger. Jakob was besig om lensiesop voor te berei, wat baie lekker geruik het. Esau vra om daarvan te eet maar Jakob sê net as jy jou eersgeboortereg aan my oordra. Esau doen dit en verruil hierdie reg vir ‘n pot lensiesop. Isak seën vir Jakob en nie Esau nie. Toe Esau dit uitvind was hy woedend en Jakob moes vlug. Gen 28: Jakob na Laban gestuur om vrou te vat. Op pad soontoe het hy oornag en droom van ‘n leer wat tot in die Hemel reik, met God wat bo-op staan en engele wat op en af klim. Die Here maak Homself aan Jakob bekend as “die God van Abraham en Isak” en sê vir Jakob dat die land waarin hy nou slaap aan hom gegee sal word en dat sy nageslag geseën sal word. Jakob word wakker en noem die plek Bet-el (“Waarlik die Here is op hierdie plek en ek het dit nie geweet nie”).

20

Jakob Gen 29 en 30: Jakob kom by Laban aan en vra om met sy dogter Ragel te trou. Laban sê hy moet eers 7 jaar vir haar werk. Toe die 7 jaar verby is bedrieg Laban hom en gee die ander dogter, Lea, aan hom as vrou. Sy was nie so mooi soos Ragel nie. Lea gee aan hom 6 seuns en een dogter. Maar by 2 slavinne het Jakob nog 4 seuns verwek. Hy werk nog 7 jaar vir Ragel (onvrugbaar). God het Ragel se moederskoot geopen en sy het 2 seuns gebaar. Jakob werk nog 6 jaar vir Laban waarna hy met sy vrouens en kinders weg is. 12 STAMME VAN ISRAEL

Lea se kinders

Rebekka se slavin Bilha

Lea se slavin

Lea

Ragel

Ruben, Simeon, Levi en Juda

Dan en Naftali

Gad en Aser

Issaskar, Sebulon en dogter Dina

Josef en Benjamin

Gen 31: God het Jakob ryklik geseën en hom ‘n ryk man gemaak. Hy verlaat Laban met groot rykdom en gaan terug na sy eie mense. Jakob en Laban maak uiteindelik vrede Gen 32: Jakob was steeds bang vir Esau maar reis na hom toe om met Esau vrede te maak. Op pad ontmoet hy Engele van God. Jakob stuur boodskappers na Esau met groot geskenke om hom sag te maak, maar hy bly self agter in die laer. Die nag staan hy op en laat sy familie deur die drif van Jabbok trek, terwyl hy agterbly. Skielik was daar ‘n “gedaante” by hom wat met hom geworstel (gestoei) het tot die volgende môre. Die “man” slaan Jakob op sy heup sodat hy daarna mank was. Jakob vra die “man” om hom te seën. Die “man” vra hom wat sy naam is en hy antwoord Jakob. Die “man” sê:

21

Gen 32:28- 32: “…Jy sal nie meer Jakob genoem word nie, maar Israel; want jy het geworstel met God en met die mense en het oorwin. Daarop vra Jakob en sê: Maak tog u Naam bekend! En Hy antwoord: Waarom vra jy tog na my Naam? En Hy het hom daar geseën. Toe noem Jakob die plek Pniël; want, het hy gesê, ek het God gesien van aangesig tot aangesig, en tog is my lewe gered. En die son het vir hom opgegaan net toe hy Pniël verby was; en hy was mank aan sy heup. Daarom eet die kinders van Israel die heupsening, wat aan die heupbeen is, tot vandag toe nie, omdat Hy Jakob op die heupbeen, aan die heupsening, geslaan het”.  Gen 33: Jakob en Esau maak vrede. Gen 34: Dina word onteer. Jakob se kinders maak al die skuldiges dood. Gen 35: God seën Jakob weer en verander sy naam na Israel. Isak, Jakob se pa en sy vrou Ragel, sterf. Gen 36: Die nageslag van Esau is die Edomiete. Die Israeliete is verbied om met ‘n Edomiet te trou. Gen 37-50: Verhaal van Josef: Hy was die geliefde seun van sy pa Jakob. Sy broers was baie jaloers op hom. Josef droom twee drome: Gen 37:6-11: “Hy het naamlik vir hulle gesê: Hoor tog hierdie droom wat ek gehad het. Kyk, ons was besig om gerwe te bind op die land toe meteens my gerf gaan staan en ook regop bly staan, terwyl julle gerwe daar rondom kom en hulle voor my gerf neerbuig. Toe sê sy broers aan hom: Wil jy miskien oor ons regeer? Of wil jy miskien oor ons heers? En hulle het hom nog meer gehaat oor sy drome en oor sy woorde. Daarna het hy nog ‘n ander droom gehad en dit aan sy broers vertel en gesê: Kyk, ek het nog ‘n droom gehad - die son en die maan en elf sterre het hulle voor my neergebuig. Toe hy dit aan sy vader en sy broers vertel, het sy vader hom hard bestraf en aan hom gesê: Wat is dit vir ‘n droom wat jy gehad het? Moet ons werklik kom, ek en jou moeder en jou broers, om ons voor jou na die aarde neer te buig? En sy broers was afgunstig op hom, maar sy vader het die saak in gedagte gehou”.  Josef se broers het kleinvee opgepas en Josef is na hulle gestuur om te verneem hoe dit gaan. Toe hy daar aankom het sy broers hom in ‘n put gegooi. Toe hulle sit en eet kom daar ‘n groep Ismaeliete

22

aan wat handel dryf en die broers verkoop Josef aan hulle vir 20 sikkels silwer. Hulle trek egter sy bokleed uit en doop dit in bokbloed om vir hulle pa Jakob te wys dat Josef dood is. In Egipte koop Potifar vir Josef as slaaf. Josef was ‘n mooi jong man en Potifar se vrou probeer hom verlei om met haar ‘n verhouding aan te gaan. Josef weier egter, maar sy beskuldig hom nogtans ongegrond by haar man Potifar en Josef word onskuldig in die tronk gegooi. Intussen word die Egiptiese koning, Farao, kwaad vir sy hoofbakker en hoofskinker en laat hulle in die tronk gooi. Daar het elkeen van hulle ‘n droom wat Josef vir hulle uitlê. Die skinker se droom dui daarop dat hy weer in sy pos herstel sal word, maar die bakker sal gehang word. Dit het net so gebeur maar die skinker het van Josef vergeet. Twee jaar later droom Farao maar niemand kon dit uitlê nie. Toe onthou die skinker van Josef en vertel vir Farao van hom. Farao het Josef uit die tronk laat haal om die droom aan hom uit te lê, wat hy gedoen het. Naamlik dat daar 7 geil jare en 7 jaar van hongersnood sal kom. Dit het ook net so gebeur en Farao het Josef aangestel om dit te bestuur. Josef het baie kos opgegaar vir die maer jare en so die hele Egipte gered. Tydens die hongersnood stuur Jakob 10 van sy seuns na Egipte om koring te koop, maar hy hou die jongste, Benjamin, tuis. Josef erken sy broers maar hulle erken hom nie. Hy hou vir Simeon gevange en stuur die ander broers huis toe met sakke vol koring en hy laat hulle geld ook in die sakke terugsit. By die huis vertel hulle aan Jakob dat Josef Benjamin wil sien, maar natuurlik weet hulle nog nie dat dit Josef is nie. Jakob is treurig hieroor, maar laat Benjamin tog saam teruggaan. Toe die koring ‘n tweede keer opraak, stuur Jakob vir Josef se broers weer terug na Egipte en hierdie keer neem hulle Benjamin, teen Jakob se sin, en 2x soveel geld saam. Toe Josef vir Benjamin sien het hy ‘n groot feesmaal laat voorberei en al die broers genooi. Hulle was baie benoud omdat hy hulle laat roep het. Hulle verduidelik dat die geld in hulle sakke was en dat hulle nou dubbel sal betaal. Josef het aangedaan geraak en na ‘n kamer langsaan gegaan om te huil. Daarna het hy sy gesig gewas, teruggegaan na sy broers en die feesmaal laat inbring. Weer het Josef hulle sakke vol koring laat maak en die geld teruggesit

23

in die sakke. Maar in Benjamin se sak het hy ‘n goue beker laat sit. Toe hulle weg is stuur Josef manskappe agter hulle aan wat kastig die beker soek. Die broers ontken natuurlik dat hulle soiets sou doen en sê dat die een by wie die beker gevind word moet sterf en die res van hulle kan as slawe weggevoer word omdat hulle weet dat hulle nie die beker gesteel het nie. Maar, die sakke word uitgepak en die beker word by Benjamin gevind. Almal van hulle is terug na Josef toe en buig smekend voor hom, net soos wat hy jare gelede gedroom het. Hierna het Josef homself aan hulle bekend gemaak. Almal het saam gehuil. Josef het hulle teruggestuur om hulle pa Israel (Jakob) en al hulle families te gaan haal om in Egipte in die landstreek Goosen te kom bly. So het Josef vir sy hele familie gesorg. Die verhaal van Josef is meer as net dit wat ons in die Ou Testament lees. Die lewe van Josef is ook ‘n simboliese heenwysing na die koms van Christus. Hieronder word die ooreenkomste uitgewys: Ooreenkoms tussen Josef se lewe en die’ van Jesus Josef

Jesus

5-letter naam

5-letter naam (“Seun van Josef”)

Ragel (ma) se naam beteken “lam”

“Lam” vir ons geslag

Ragel sterf in Efrata

Jesus gebore in Bethlehem, Efrata

Josef beteken “byvoeg”

Jesus beteken “Redder wat byvoeg”

Was ‘n herder (Gen 37:2)

Jesus sê: “Ek is die Goeie Herder”

Was in Egipte (toe 30 jaar oud)

Jesus ook (Hos 11:1 en Matt 2:15)

Plaas ‘n beker in Benjamin se sak

Jesus vra: “Kan julle die beker drink wat Ek drink?”

Josef betoon genade aan broers

Jesus betoon genade aan die ganse mensdom

Verwerp deur broers

Verwerp deur die mensdom

24

EKSODUS

Verdere opsomming van die Ou Testament.

E

ksodus 1: Die Israeliete se getalle het baie toegeneem in Egipte. ‘n Nuwe Farao, wat niks van Josef af geweet het nie, word koning. Hy onderdruk die Israeliete en laat hulle soos slawe vir hom werk. Hy gee ook opdrag dat al die seuntjies wat gebore word in die Nyl gegooi moet word, maar die dogtertjies kan lewe. Eks 2: Moses word gebore. Toe hy 3 maande oud was, kon sy ma hom nie meer wegsteek nie en het hom in ‘n mandjie geplaas, dit met pik geseël en hom op die Nyl laat dryf. Farao se dogter het hom daar in die mandjie gekry, hom as haar seun aangeneem en hom Moses genoem (“uit die water gehaal”). Moses het in die paleis grootgeword en baie mag gehad. Toe hy egter groot was, stap hy tussen die werkende Israeliete en sien hoe ‘n Egiptenaar een van hulle slaan. Hy vererg hom en slaan die Egiptenaar dood. Toe Farao dit hoor wou hy Moses doodmaak en daarom het hy na Midian gevlug waar hy met Sippora trou. Eks 3: God verskyn aan Moses op die berg Horeb in ‘n braambos

25

wat brand, maar die bos word nie verteer nie. Hy praat met Moses en laat hom sy skoene uittrek want hy is op Heilige grond. God gee aan Moses opdrag om sy volk uit Egipte te gaan verlos. Moses vra wie sal ek sê het my die opdrag gegee? God sê My Naam is EK IS. Sê vir hulle EK IS het jou gestuur. EK IS die God van Abraham, Isak en Jakob. God sê ook dat Hy weet die Farao sal hulle nie laat gaan nie, maar Hy sal wonders doen deur Moses. [Hierdie Naam van God is die mooiste Naam in die hele wêreld. Aan “EK IS” kan alles wat mooi is aangelas word bv. Ek IS die Enigste God, Skepper, Here, Almagtige, Onderhouer, Liefde, Geneser, Redder, EK IS wat EK IS, ens., ens. EN: In die Nuwe Testament het Jesus ook gesê dat Sy Naam EK IS is, wat bewys dat Hy Self God is!!! (Mattheus 11:29: “Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus vind vir julle siele..”. Mattheus 27:43: “…EK is die Seun van God…”.] Eks 4: Moses kla en sê dat hy nie ‘n goeie spreker is nie, want hy hakkel. Daarom stuur God sy broer Aäron saam na Egipte. Eks 5-6: Moses sê vir Farao dat die God van die Hebreërs hom gestuur het om hom te oorreed om die Israeliete te laat trek. Farao vererg hom en laat die Israeliete nog harder werk. Die volk draai teen Moses en Aäron as gevolg hiervan. Maar, God belowe uitkoms Eks 7: Moses en Aäron is weer voor Farao waar hy sy staf op die grond gooi en dit in ‘n slang verander. Farao roep sy towenaars en hulle doen dieselfde. Maar, die slang van Moses sluk al die towenaars se slange in. Farao wil nie luister nie en God straf met die eerste plaag: Al die water het in bloed verander, die visse in die Nyl het gevrek en vreeslik gestink. Maar, die towenaars het dit weer nagemaak. Farao weier dat die Jode trek. Eks 8: 2ᵉ plaag (paddas), 3ᵉ plaag (muskiete), 4ᵉ plaag (vlieë) Eks 9: 5ᵉ plaag (pes onder die vee), 6ᵉ plaag (swere), 7ᵉ plaag (hael) Eks 10: 8ᵉ plaag (sprinkane), 9ᵉ plaag (duisternis). Na al hierdie plae weier Farao steeds om die Jode te laat gaan. Eks 11: Moses dreig Farao met die 10ᵉ plaag: Dood van die eersgeborenes. 26

Eks 12: Dit was in die tyd van die Joodse Pasga (vandag ons Paasfees). God gee opdrag dat die Israeliete die bloed van ‘n lam sonder gebrek op hulle deurkosyne moet smeer sodat die dood van die eersgeborenes hulle nie sal tref nie [NB: Hierdie is ‘n heenwysing na Christus wat sou kom, die Lam sonder gebrek vir ons geslag; sien bladsy 14]. Farao se oudste seun sterf en hy gee in. Die uittog uit Egipte begin. Eks 13: Instelling van die Fees van ongesuurde brood (herdenking van die uittog uit Egipte). God gee opdrag dat die Israeliete ‘n teken op hulle hande en voorkoppe moet aanbring. Eks 14: ‘n Wonderwerk vind plaas by die Rooisee. Moses slaan met sy staf op die water en die see maak oop sodat die Israeliete droogvoets daardeur kon loop. Farao se soldate agtervolg hulle en Moses slaan weer op die water. Die see maak toe en al die soldate en hulle perde verdrink. Oorblyfsels van die waens is in die 20ᵉ eeu hier ontdek. Eks 15: Pragtige lied van Moses (lees die hele hoofstuk en onderneem om met al hierdie woorde aan God toegedig saam te stem en daarvolgens te lewe). Die volk is dors en Moses wys vir hulle water aan. Maar die water was bitter (daarom is die plek Mara genoem) en die volk murmureer daaroor. God wys vir Moses ‘n stuk hout aan wat hy in die water moes gooi, en die water het soet geword. Eks 16: Die Jode swerf 40 jaar in die woestyn en kla aanhoudend. God voed hulle met manna en kwartels. Eks 17: God voorsien weer water uit ‘n rots waarop Moses met sy staf moes slaan voor die oë van die oudstes. ‘n Oorlog tussen die Jode en Amalek vind plaas. Die Jode verslaan die Amelekiete net solank as wat Moses sy arms in die lug kon hou. Toe hy moeg word het Aäron en Hur hom ondersteun en sy arms in die lug gehou. Sodoende het die Jode die oorlog gewen met die hulp van God. Eks 18: Moses se skoonpa, Jetro, bring Moses se vrou Sippora en sy 2 seuns na hom. Hy maak ‘n goeie voorstel aan Moses en help hom om bekwame manne aan te stel wat Moses moes help regeer, want hy kon eenvoudig dit nie meer manalleen behartig nie. 27

Veral nie omdat die volk gedurig oor alles gekla het nie. [Hierdie is ‘n moontlike heenwysing na die Nuwe Testamentiese kerk waar vele werksaam is binne ‘n gemeente]. Eks 19: Lees gerus hierdie hele hoofstuk. Dit is selfverduidelikend. God is Self teenwoordig op die berg Sinaï. Net Moses en Aäron is toegelaat om na Hom toe op te klim, maar hulle kon Hom nie sien nie. Die volk moes agterbly en mag nie naby aan die berg gekom het of daaraan geraak het nie. God sou enigeen laat sterf wat dit gewaag het. Toe stuur God Moses af om aan die volk te sê dat Hy hulle as Sy volk aanvaar, maar dan moet hulle by Sy verbond hou. Moses en Aäron is weer terug op die berg wat gerook en geskud het en donderslae en blitse het God se teenwoordigheid aangedui. Die hele volk het dit ervaar en was baie bang. Eks 20: God het die 10 gebooie in ‘n klip uitgebrand maar dit nog nie aan Moses oorhandig nie. Lees hierdie 10 gebooie gereeld en hou daarby!! Eks 21-23: God gee aan Moses morele, eiendoms- en verskeie ander wette. Eks 24: Moses, Aäron, Nadab, Abíhu (seuns van Aäron) en 70 oudstes klim op die berg en buig van ver af hulle voor die Here neer. Net Moses is toegelaat om verder na God op te klim waar hy opdragte ontvang om aan die volk oor te dra. Die volk onderneem om hulle by God se verbond te hou. Moses offer onder die berg vee en sprinkel die bloed oor die volk (heenwysing na Christus se bloed wat vir ons gevloei het om ons van sonde te reining). Daarna gaan Moses en Josua, sy kneg, terug die berg op om die kliptafel met 10 gebooie te gaan haal. Moses bly daar vir 40 dae en 40 nagte. Eks 25-31: Moses kry afmetings om die “Ark van die Here” te bou (Eks 25:10-22) en die Menora (Eks 25:31-40). Hy kry ook opdragte oor offers wat vir God gebring moet word EN om die Tabernakel te bou. God gee presiese instruksies oor hoe die Tabernakel (Sy huis) gebou moet word en hoe die priesters dit moet bestuur. Interessant, die voorkoms van die Tabernakel dui op die rol wat Christus sou speel.

28

DIE PLAN VAN DIE TABERNAKEL VOORHANGSEL

ARK VAN DIE VERBOND ALLERHEILIGSTE

(God se teenwoordigheid. Bevestig verbond)

MENORA

(Jesus = Lamp vir ons voet)

WES WASTROG

NOORD ALTAAR VAN WIEROOK

ALTAAR VAN UITGEBRANDE OFFERS

(Reukoffers. Gebede van Priesters)

(Jesus vir ons geoffer) (Jesus was ons sondes weg)

TAFEL VAN TOONBRODE (Jesus = Brood van die Lewe)

29

Ten opsigte van die tabernakel is dit baie belangrik om nou reeds te hoor wat Paulus hieroor te sê gehad het in sy brief aan die Hebreërs: (Sien ook later) Heb 9:1-10: “So het dan die eerste verbond sowel verordeninge vir die erediens asook sy aardse heiligdom gehad. Want die tabernakel is so ingerig: die eerste, waarin die kandelaar was en die tafel en die toonbrode, wat die Heilige genoem word; en agter die tweede voorhangsel die tabernakel wat genoem word die Allerheiligste, waarin ‘n goue wierookbak was en die ark van die verbond, rondom heeltemal met goud oortrek, waarin die goue kruik met die manna was en die staf van Aäron wat gebloei het, en die tafels van die verbond; en daar bo-op die gérubs van die heerlikheid wat die versoendeksel oorskadu het, waaroor nie nou afsonderlik gespreek kan word nie. En nadat hierdie dinge so ingerig was, het die priesters wel gedurig in die eerste tabernakel ingegaan om die dienste te vervul, maar in die tweede die hoëpriester alleen, een maal in die jaar, nie sonder bloed nie, wat hy offer vir homself en vir die sondes van die volk uit onwetendheid begaan - waarmee die Heilige Gees dít duidelik maak, dat die weg na die heiligdom nog nie geopen is so lank as die eerste tabernakel nog standhou nie. Dit was ‘n beeld met die oog op die teenwoordige tyd waarin daar gawes en offers gebring word, wat hom wat die diens verrig, na die gewete nie volkome kan maak nie, omdat dit net bestaan het in spys en drank en verskillende wassinge en vleeslike verordeninge wat opgelê is tot op die tyd van herstelling”.  Heb 9:11-28:  “Maar Christus, wat opgetree het as Hoëpriester van die toekomstige weldade, het deur die groter en volmaakter tabernakel wat nie met hande gemaak is nie, dit wil sê, wat nie aan hierdie skepping behoort nie, ook nie met die bloed van bokke en kalwers nie, maar met sy eie bloed, een maal ingegaan in die heiligdom en ‘n ewige verlossing teweeggebring. Want as die bloed van stiere en bokke en die as van ‘n vers wat die verontreinigdes besprinkel, heilig maak tot reiniging van die vlees, hoeveel te meer sal die bloed van Christus, wat Homself deur die ewige Gees aan God sonder smet geoffer het, julle gewete reinig van dooie werke om die lewende God te dien. En daarom is Hy Middelaar van ‘n nuwe testament, sodat, terwyl daar ‘n dood plaasgevind het vir die verlossing van die oortredinge onder die eerste testament, die wat geroepe is, die belofte van die ewige erfenis kan ontvang. Want waar ‘n testament is, moet noodsaaklik die dood van die testamentmaker aangekondig

30

word; want ‘n testament is geldig by sterfgevalle, aangesien dit nooit van krag is so lank as die testamentmaker nog leef nie.  Daarom is ook die eerste testament nie sonder bloed ingewy nie; want toe elke gebod volgens die wet deur Moses aan die hele volk aangekondig is, het hy die bloed van die kalwers en bokke saam met water en skarlakenrooi wol en hisop geneem en die boek self en die hele volk besprinkel en gesê: Dit is die bloed van die testament wat God met die oog op julle verorden het. En hy het ook die tabernakel en al die gereedskap van die diens net so met die bloed besprinkel. En byna alles word met bloed gereinig volgens die wet, en sonder bloedvergieting vind daar geen vergifnis plaas nie. Dit was dus nodig dat die afbeeldinge van die dinge in die hemele deur hierdie offers gereinig moes word, maar die hemelse dinge self deur beter offers as hierdie.  Want Christus het nie ingegaan in ‘n heiligdom met hande gemaak, ‘n teëbeeld van die ware nie, maar in die hemel self om nou voor die aangesig van God vir ons te verskyn; ook nie om Homself dikwels te offer, soos die hoëpriester elke jaar in die heiligdom ingaan met bloed wat nie sy eie is nie, want dan moes Hy dikwels gely het van die grondlegging van die wêreld af. Maar nou het Hy een maal in die voleinding van die eeue verskyn om die sonde deur sy offer weg te doen. En net soos die mense bestem is om een maal te sterwe en daarna die oordeel, so sal Christus ook, nadat Hy een maal geoffer is om die sondes van baie weg te neem, vir die tweede maal sonder sonde verskyn aan die wat Hom verwag tot saligheid”. [Let op dat hier staan “…vir die tweede maal…” en nie nog twee maal nie. Sien later die gesprekke rondom hierdie saak]. Eks 32: Terwyl Moses op die berg is en nie dadelik teruggekom het nie, laat Aäron die volk toe om ‘n goue kalf te bou om te aanbid. Toe Moses afkom sien hy dit en gooi die kliptafel met 10 gebooie stukkend. Hy maak die goue kalf fyn en laat die volk dit drink. 3000 is dood-gemaak. Moses bid dat God tog die volk moet vergewe en spaar. God sê: “Wie teen My gesondig het sal Ek uitdelg uit My BOEK”. Eks 33: God gee opdrag dat Moses die volk na die beloofde land (Kanaän) moet lei. Moses bou die Tent van Samekoms waar die Here met hom in ‘n wolkkolom praat. Moses vra om God te sien (lees die hele hoofstuk, dit is eenvoudig wonderlik). God sê egter dat geen mens Hom kan sien en bly leef nie.

31

Eks 34: Moses kap weer 2 kliptafels wat lyk soos die eerstes en klim weer op die berg. God skryf met Sy eie Vinger weer die 10 gebooie. Die verbond met die volk word weer hernu. Moses se gesig glinster. Eks 35-40: Moses verduidelik die wette aan die volk. Die Tabernakel word gebou en God verskyn self in die Tabernakel.

32

LEVITIKUS

L evitikus 1-15: Verskeie wette aan die Israeliete deur God voorgehou. Lev 16: Dag van Versoening (YOM KIPPUR) deur God ingestel / Dit is wanneer die hoë priester vir die volk intree [NB: Heenwysing na Jesus wat vir ons ingetree het]. Lev 17-22: Nog verskeie wette deur God aan Israeliete voorgeskryf. Lev 23: Die Feeste van God. Baie belangrik!! Verwys deurgaans na die koms van Jesus: Die Sabbat: 6 dae moet jy werk maar die 7ᵉ dag rus. Die Pasga (Paasfees): Heilige 4 dae. Fees van die ongesuurde brode: Sewe dae lank word offers aan God gebring en geen beroepswerk mag gedoen word nie.

33

Fees van die 1ᵉ vrugte: Eerste van die oes moet aan God geoffer word. Fees van die weke: Spesiale offers aan God. Fees van die Trompette: Vuuroffer aan God. Dag van versoening: (YOM KIPPUR) / Verootmoediging voor God / Geen werk mag gedoen word nie. Loofhuttefees: 7 dae lank / Vuur-, brand- en spysoffer aan God gebring. Lev 24: Betekenis van die Menora vir Christene In Openbaring word verwys na sewe goue kandelaars wat die 7 gemeentes in Asië verteenwoordig [Efese, Smirna, Pergamon, Tiatira, Sardis, Philadelphia en Laodicea]. Op 1:12-13: “Toe draai ek my om, om te sien watter stem met my gespreek het; en toe ek my omgedraai het, sien ek sewe goue kandelaars, en tussen die sewe kandelaars Een soos die Seun van die mens met ‘n kleed aan wat tot op die voete hang, en gegord om die bors met ‘n goue gordel ”. Op 1:20: “…die verborgenheid van die sewe sterre wat jy in my regterhand gesien het, en die sewe goue kandelaars: die sewe sterre is die engele van die sewe gemeentes, en die sewe kandelaars wat jy gesien het, is die sewe gemeentes ”. Die Menora is ook al gesê om die brandende braambos, soos gesien deur Moses, te verteenwoordig (Ekodus 3). Kevin Conner (https://en.wikipedia.org/wiki/Kevin.C.onner), ‘n Australiese teoloog, het opgemerk dat die oorspronklike menora wat in Eksodus 25 beskryf word se ses sytakke wat uit die hoofas uitkom, versier is met drie stelle “koppies ... gevorm soos amandelblomme ... ‘n bol en ‘n blom” (Eksodus 25:33). Dit skep drie stelle van drie eenhede op elke tak, altesaam nege eenhede per tak. Die hoofas het egter vier stelle bloeisels, bolle en blomme gehad, wat ‘n totaal van twaalf eenhede op die as uitmaak (Eksodus 25:34). Dit skep ‘n totaal van

34

Menora (Die goue kandelaar simboliseer die tabernakel met sewe lampe aan elke tak)

35

66 eenhede wat, volgens Conner, ‘n beeld is van die Protestantse kanon van die Bybel (wat 66 boeke bevat). Verder merk Conner op dat die totale dekoratiewe eenhede op die as en drie takke gelyk is aan 39 (die aantal boeke in die Ou Testament binne die Protestantse weergawes van die Bybel); en die eenhede op die oorblywende drie takke is 27 (die aantal boeke in die Nuwe Testament). Conner verbind dit aan Bybelgedeeltes wat van God se woord praat as ‘n lig of lamp (bv. Psalms 119: 105; Psalms 119: 130; vgl. Spreuke 6:23). Lev 25: Sabbatjaarvoorskrifte. Grond moet rus. Skuld moet afgelos word (lossingsreg; sien later meer hieroor). Lev 26: Beloftes van God aan die mens. Lev 26:3-4: “As julle in my insettinge wandel en my gebooie hou en dit doen, sal Ek julle reëns gee op die regte tyd, en die land sal sy opbrings gee, en die bome van die veld sal hulle vrugte gee.”

36

NUMERI

N umeri 1: Elf van die 12 stamme van Israel moet laer opslaan om die Tabernakel, behalwe die Leviete wat die Tabernakel moet bou, afbreek, wegdra en herbou, terwyl hulle laer opslaan rondom die Tabernakel van Getuienis.

Num 2: Elke familie moet hulle eie tipiese vaandels opslaan waar hulle gekamp het. Num 3-11: God verdeel hulle volgens stamme rondom die Tabernakel en deel hulle pligte uit. Van die mooiste trooswoorde vanaf God aan die mens is egter in Numeri 6:24-26 aangeteken: “Die HERE sal jou seën en jou behoed; die HERE sal sy aangesig oor jou laat skyn en jou genadig wees; die HERE sal sy aangesig oor jou verhef en aan jou vrede gee”. Num 12: Mirjam en Aäron het teen Moses gedraai. Die Here het self in ‘n wolkkolom afgekom na die Tent van Samekoms en hulle berispe. Nadat God weg is, het Mirjam melaats geword. Moses bid

37

namens hulle tot God vir vergifnis. Na 7 dae het God Mirjam weer gesond gemaak. Num 13: 12 verspieders (1 uit elke stam) na Kanaän gestuur om die gebied te gaan verken. Was 40 dae weg. Kom terug en verduidelik dat die land oorloop van melk en heuning. Maar 10 van die 12 versprei slegte gerugte en beveel aan dat die volk nie in die beloofde land moet ingaan nie, want daar is reuse wat hulle sal doodmaak. Hieroor was God vertoorn, want Hy het opdrag gegee dat hulle moet ingaan. As gevolg hiervan wag daar op die volk verdere straf. Josua en Kaleb sê egter dat hulle die reuse kan oorwin en dat die volk in opdrag van God MOET ingaan. Num 14: Die hele volk het gemurmureer en geweier om die beloofde land binne te gaan. Die Here wou die hele volk uitwis, maar Moses het tot God gebid en gevra dat Hy dit nie doen nie. God het van Sy plan afgesien (die ontsettende krag van ‘n gelowige se gebed!!). God sê egter dat die volk nie die beloofde land sal sien nie. Hulle het 40 jaar in die woestyn gebly en die hele geslag het uitgesterf voordat Josua en Kaleb die nuwe generasie ingelei het. Josua en Kaleb was in hulle 80’s. Die 10 verspieders wat slegte gerugte versprei het is doodgemaak deur God self. Verder het God toegelaat dat die Israeliete in die oorlog wat gevolg het, verloor het. Num 15: God gee aan die weerbarstige volk verdere voorskrifte van hoe hulle Hom moet dien. Interessant is dat God opdrag gee aan die volk om klossies aan hulle klere aan te bring en ‘n pers lap daaraan te bind om hulle aan Sy 10 gebooie te herrinner. Die Jode doen dit tog vandag toe nog. Num 16: Korag en 250 man het weer teen Moses opgestaan. Eers was Moses baie teleurgesteld en later baie kwaad. Moses vra vir God om nie hulle offers aan te neem nie. God wou die hele spul weer uitdelg, maar Moses gee Aäron opdrag om vir die volk in te tree by God. Tog maak God ‘n skeur in die aarde oop en verdelg die hele Korag groep opstandelinge met vuur. Onmoontlik om te glo, maar die res van die volk het waaragtig weer teen Moses gemurmureer en God het 14 700 van hulle doodgemaak. Num 17: God gee opdrag dat elke stam hulle owerstes se name op

38

‘n staf moet skryf, maar Aäron se naam moet op Levi se staf geskryf word. Dan moet die stawwe in die Tent van Samekoms weggesit word. Die volgende dag het die staf van Aäron (Levi geslag) bloeisels voortgebring. So het Aäron se staf behoue gebly in die Allerheiligste gedeelte van die Tent van Samekoms en het God weereens die volk vergewe. Hierdie staf is in die verbondsark geplaas. Num 18: God deel pligte en verantwoordelikhede aan die priesters en Leviete uit. Num 19: Voorskrifte oor onreinheid en hoe om rein te word. Num 20: Mirjam sterf. Moses slaan ‘n rots met sy staf en water vloei daaruit, maar God was ontevrede met die manier waarop hy dit gedoen het, so asof dit hy was en nie God nie!! Aäron sterf. Num 21: Die volk trek weer en begin weer teen God en Moses murmureer. Toe stuur God giftige slange onder die volk in en baie is dood. Die volk vra om vergifnis by God en Hy gee opdrag dat Moses ‘n koperslang op ‘n paal aanbring. Almal wat deur ‘n slang gepik is en na die koperslang gekyk het, het gesond geword (sien volledige bespreking op p. 15). [‘n Baie sterk heenwysing na die sondigheid van die mens wat in Eden deur die slang begin is, en dan die redding wat kom deur Christus wat aan ‘n hout gespyker sou word!] Num 22-24: God gee opdrag aan Bileam om nie Balak se opdrag uit te voer om saam met sy dienaars te vertrek en die volk te vervloek nie. Bileam vertrek egter saam. God was toornig en stuur ‘n Engel om in die pad te staan. Die donkie sien die Engel maar Bileam nie. Hy slaan die donkie maar hy weier en gaan lê. Toe laat God die donkie praat met Bileam en open sy oë sodat hy die Engel sien. Bileam kry opdrag van God om Balak se opdrag te ignoreer. Balak bou 7 altare en offer ‘n bul en ‘n ram op elke altaar. Hy laat Bileam gaan wat uiteindelik die volk geseën en nie vervloek het nie. Num 25-26: Die volk kom weer in opstand en hoereer. Moses kry opdrag om hulle op te hang. 24 000 het omgekom. Sensus word geneem. Num 27: Josua word as opvolger van Moses aangestel.

39

Num 28-31: God gee opdragte oor hoe Hy vereer moet word met offerhande. Num 32: God verklaar dat die hele volk in die woestyn sal omkom behalwe Josua en Kaleb wat die nuwe generasie in die beloofde land sou inlei. Num 33: Aäron sterf op die berg Horeb en Moses op die berg Nebo. Num 34-36: God lê die grense van die beloofde land Kanaän vas en stel die leiers aan.

40

Get in touch

Social

© Copyright 2013 - 2024 MYDOKUMENT.COM - All rights reserved.