Republikein_20221004 Flipbook PDF

Republikein_20221004

5 downloads 106 Views 3MB Size

Recommend Stories


Porque. PDF Created with deskpdf PDF Writer - Trial ::
Porque tu hogar empieza desde adentro. www.avilainteriores.com PDF Created with deskPDF PDF Writer - Trial :: http://www.docudesk.com Avila Interi

EMPRESAS HEADHUNTERS CHILE PDF
Get Instant Access to eBook Empresas Headhunters Chile PDF at Our Huge Library EMPRESAS HEADHUNTERS CHILE PDF ==> Download: EMPRESAS HEADHUNTERS CHIL

Story Transcript

Dinsdag 4 Oktober 2022

IN VANDAG SE KOERANT

PETROLPRYS DAAL MET N$1/LITER

KORRUPSIE

KORRUPSIE TAKEL BASIESE DIENSTE GELEIDELIK AF

BLADSY

3

SPORT

MOTORSPORT MEER PAAIE NA MOTORSPORT BEPLAN BLADSY

8

Verbruikers met petrolaangedrewe voertuie kan uitsien na ’n prysverligting wanneer die petrolprys môre met N$1 per liter daal. Die prys van diesel bly egter onveranderd. Die prys van petrol sal van môre af N$20,08 per liter aan die kus wees en diesel onveranderd op N$22,12 per liter. Die ministerie van myne en energie het gister die nuwe brandstofpryse aankondiging. Petroljoggie Samul Egodhi glimlag breed oor die nuwe petrolprys wat môre in werking tree. FOTO AUGETTO GRAIG

» Produsente eis spesiale vergadering binne 4 maande

‘Ondersoek Meatco se doeltreffendheid’ Beesprodusente wil weet of Meatco oor dié tipe kundigheid beskik wat nodig is vir internasionale mededingendheid.

› Ronelle Rademeyer

’n

Kry al die nuus hier: http://info.my.na/

ISSN 1560-9448 JAARGANG 45 NO. 206

Nuus

2-5 | Praat Saam

Onafhanklike ondersoek deur internasionale kundi­ ges moet gedoen word om te bepaal of die kundigheidsvlakke en doeltreffendheid van Meatco se bestuur en direksie genoegsaam is om ’n internasionaal mededigende uitvoer­ en bemarkingsaanleg te bedryf. So lui ’n mosie deur die bekende Grootfontein­boer, mnr. Peter Zensi, wat Vrydag eenparig tydens Meatco se algemene jaarvergadering op Otji­ warongo aanvaar is. Hy vra in die mosie ook dat ’n spe­ siale vergadering binne vier maande gehou word waartydens die bestuur en direksie terugvoering aan produ­ sente gee oor Meatco se kritieke fi­ nansiële situasie en kommer oor of die aanleg volhoubaar bestuur word. Meatco het as groep in die 2021­’22­boekjaar sy grootste verlies ooit verklaar, naamlik N$206,29 miljoen. Dit is die vyfde jaar agter­ eenvolgens dat Meatco ’n verlies ly. Volgens die ouditeurs is daar be­ duidende twyfel oor of Meatco as ’n lopende saak kan voortbestaan. Die laste oorskry die bates met N$55,72 miljoen. Zensi het in sy mosie ook daarop aangedring dat Meatco die geld wat

6 | Sport

7

‘n Mosie waarin sekere eise gestel word vir ‘n finansieel volhoubare Meatco, is Vrydag tydens die vleisverwerker se jaarvergadering op Otjiwarongo eenparig aanvaar. FOTO VERSKAF hy by die Ontwikkelingsbank van Namibië (DBN) geleen het om bank­ rotskap af te weer, terugbetaal. Dit beloop N$530 miljoen, hoewel dit tydens die jaarvergadering bekend geword het die N$200 miljoen wat die DBN onlangs beskikbaar gestel het, ‘n reddingsboei van die regering was. Meatco moet net die rente op daardie lening diens.

BETALINGSWAARBORG Verder eis Zensi dat Meatco ’n waar­ borg van betaling aan produsente gee vir minstens ’n jaar vooruit. Hy sê daarsonder sal produsente se vertroue in Meatco nie kan herstel nie. Mnr. Rainer Ritter, bekende oudi­ teur wat in sy nou reeds bekende Qua Vadis­verslae oor Meatco opnuut die soeklig laat skyn het op die bedenk­

like situasie by die vleisverwerker, wys daarop dat sy markaandeel van 80% in 2014, tot ’n gemiddeld van 40% gedaal het. Produsente met wie Republikein na afloop van die vergadering gepraat het, sê alhoewel die direksie en die bestuur keer op keer sê hulle is besig om die besigheid om te draai en vol­ houbaar te bedryf, “twyfel produsen­ te of hulle oor die kundigheid beskik om met die huidige hoë rentedraen­ de skuldvlakke daarin te slaag”. “Ons vra vir die regering om die direksie se doeltreffendheid te on­ dersoek en ’n gapingsontleding te doen van wat die kundigheid en ondervinding behoort te wees, want ons is bekommerd oor of die vaar­ dighede genoegsaam is,” sê een pro­ dusent, wat anoniem wil bly. NA BL. 2

Eis ná beweerde wanbetaling vir Nujoma se kantoor › Henriette Lamprecht

Meer as ’n jaar en ’n half nadat ’n faktuur uitgereik is vir dienste verskaf vir die opknapping van die stigterspresident se kantoor in Windhoek, is dié bedrag steeds uitstaande. ’n Dagvaarding aan die ministerie van presidensiële aangeleenthede om Blueprint Consulting Engineers cc se rekening van N$387 337 te vereffen, is ook geïgnoreer. In die eisbesonderhede sê die maat­ skappy dat die uitvoerende direkteur in die ministerie, me. Claudia Grace Uushona, op 20 Januarie 2020 ’n ge­ deeltelik mondelingse en geskrewe kontrak met sy verteenwoordiger, mnr. Ndilimani Sosinyi, aangegaan het vir die opknapping van die stig­ terspresident, mnr. Sam Nujoma, se kantoor. Die ooreenkoms is bestuur deur pryse wat die tesourie goedgekeur het en in die Staatskoerant 250 van 1998 gepubliseer is. Die tariewe vir onder meer argitekte, bourekenaars en ingenieurs word daarin vervat. Blueprint Consulting se take vir die ooreenkoms het onder meer ingesluit die koördinering van die werk van konsultante soos bourekenaars, sowel as elektriese en siviele ingenieurs. NA BL. 2

Die stigterspresident, mnr. Sam Nujoma. FOTO ARGIEF

BESOEK ONS AANLYN BY WWW.REPUBLIKEIN.COM.NA

2

NUUS

GENL. MURTALA MUHAMMEDRYLAAN. POSBUS 3436, WINDHOEK ISSN 1560-9448 TEL: 061 297 2000 | VOLG ONS OP:

KONTAKPERSONE GROEPSREDAKTEUR

NUUSREDAKTEUR

Frank Steffen 081 124 0882 / 061 297 2316 [email protected] BEMARKINGSKOÖRDINEERDER Carmen Stenger 081 239 7664/061 297 2102 [email protected]

WEBWERFKODE: 8064

Dinsdag 4 Oktober 2022

Republikein

Ronelle Rademeyer 081 127 8159 / 061 297 2114 [email protected] ERONGO

Otis Finck 081 299 1211 [email protected] Faks: 064 403 451

STREKE

SPORTNUUS

Andrew Poolman 081 247 2837 / 061 297 2011 [email protected]

Grootfontein: Elvira Hattingh @ 081 737 3235 Keetmanshoop: Monique Adams @ 081 245 4688 Otjiwarongo: Desiree Gases @ 081 659 6015 Ongwediva: Tuyeimo Haidula @ 081 339 3112

VERKOPE EN AFLEWERING Madelein Beukes 081 811 2218 [email protected] Tel: 061 330 504

[email protected] ’n Publikasie van NAMIBIA MEDIA HOLDINGS (Pty)Ltd, gedruk deur NEWSPRINT NAMIBIA (Pty)Ltd.

VOORUITSIGTE

WEER BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm in die noordooste, andersins sonnig en warm tot baie warm in die ||Kharasstreek. KUS: Gedeeltelik bewolk en matig met miskolle in die oggend. GETYE BY WALVISBAAI: L: 04:30 H: 11:05 L: 17:28

WINDHOEK RUNDU OSHAKATI GOBABIS MARIENTAL KEETMANSHOOP WALVISBAAI LUANDA JOHANNESBURG KAAPSTAD

20° 18° 20° 20° 13° 10° 11° 21° 17° 11°

34° 36° 38° 37° 35° 30° 20° 27° 33° 21°

» Heckmair-saak gaan vandag voort

Polisie het bewysstukke geplant, sê Amerikaners Die beskuldigdes se regsverteenwoordigers het tot dusver beswaar aangeteken teen die meeste van die bewysstukke wat die staat by die hof wil indien.

Die moordbeskuldigdes en hulle regsverteenwoordigers gister in die hoërhof in Windhoek. FOTO KRISTIEN KRUGER

› Kristien Kruger

D

ie twee Amerikaanse burgers wat teregstaan op die moord van mnr. André Heckmair 11 jaar gelede, beweer nou dat die polisie destyds bewysstukke in hul kamer by ’n gastehuis geplant het. Die beskuldigdes mnre. Kevan Townsend en Marcus Thomas se regsverteenwoordigers, mnre. Mbanga Siyomuinji en Salomon Kanyemba, het tydens inspekteur Felix Ndikoma se hoofgetuienis verskeie kere beswaar aangeteken teen bewysstukke wat die staat by die hof wil indien. Siyomuinji en Kanyemba argumenteer dat die beskuldigdes se regte nie aan hulle verduidelik is tydens hul inhegtenisname nie en alle bewysstukke wat gedurende daardie tydperk, vanaf 7 tot 9 Januarie 2011, is ongrondwetlik op beslag gelê. Toe die staatsaanklaer, me. Antonia Verhoef, gister ’n knaldemper, wat in die beskuldigdes se kamer gevind

is, aan die getuie wou oorhandig om vrae aan hom te rig, het Kanyemba en Siyomuinji weer eens beswaar aangeteken. Buiten vir die argument oor die beskuldigdes se regte, het hulle verder beweer die bewystukke is nie volgens protokol hanteer nie en dat daar met die bewysstukke gepeuter is. Die beskuldigdes het ook by monde van hul verteenwoordigers gesê die polisie het die bewysstukke in hul kamer geplant. Siyomuinji en Kanyemba het gisteroggend vir ’n tweede keer ’n binneverhoor versoek in ’n poging om bewysstukke ontoelaatbaar te laat verklaar, maar dié versoek is weer eens afgekeur. Regter Christie Liebenberg het dieselfde versoek verlede Maandag van die hand gewys. “Dit is nog te vroeg om te besluit oor die hantering van bewysstukke en of daar met die bewysstukke gepeuter

is, aangesien die verdediging eers bewysstukke ten opsigte daarvan sal moet lewer. “Die beslaglegging van die bewysstukke was wel in ooreenstemming met die wet en dié getuie getuig oor sy eie ervaringe en ek sien nie hoe dit die beskuldigdes sal benadeel nie,” het Liebenberg gesê.

SAAK GAAN VOORT Ndikoma is steeds besig met sy hoofgetuienis en dit sal vanoggend omstreeks 10:00 in die hoërhof in Windhoek hervat. Daarna sal die verdediging die geleentheid vir kruisondervraging kry. Ndikoma het tot dusver getuig oor agt selfone, ’n skootrekenaar, ’n knaldemper en geweerlope wat op 9 Januarie 2011 in kamer 5 van die African Sky Guesthouse gevind is, waar die beskuldigdes ten tyde van die moord gebly het. – [email protected]

‘Ondersoek Meatco se doeltreffendheid’ VAN BL. 1 Intussen het mnr. Thinus Pretorius, voorsitter van die Lewendehaweprodusente-organisasie (LPO), in reaksie

op gebeure by die jaarvergadering gesê Meatco is nie meer volhoubaar nie en benadruk die vleisverwerker moet herstruktureer word.

THE 2014 NTE DREW 24 326 VISITORS, AROUND 3 500 MORE THAN 2013, AND ONCE AGAIN PROVED TO BE A DRAW-CARD FOR A DIVERSE ARRAY OF BUSINESS SECTORS AND NA M IBIANS FROM ALL WALKS OF LIFE.

Die LPO het op die vooraand van die jaarvergadering in ’n verklaring gesê eienaarskap deur produsente is ’n voorvereiste.

Nujoma se kantoor VAN BL. 1 Die maatskappy se dienste sal volgens die ooreenkoms ook opgesom word in ’n hoeveelhedelys (“bill of quantities”) en wat insluit die skatting en definisie van die opknappingsprojek, die ontwerp van die konsep en die ontwikkeling van die projek, sowel as goedkeuring en tegniese dokumentasie, die bestuur van die kontrak en inspeksies. Blueprint sou hiervolgens vergoed word vir standaarddienste teen ’n tarief wat bereken is

STRAUSSE TROTSE EIENAARS VAN SKOU SE KLEINVEEKAMPIOEN Mnre. Dino en Dilano Strauss, die pa-en-seun duo aan wie die Dino en Dilano Strauss Boerbokstoet van die plaas Strausskolk by Rehoboth behoort, is die trotse eienaars van dié Boerbokram wat Sondag as Windhoek Skou se Kampioen van kampioene uit die kleinveestalle aangewys is. Hier is Strauss sr. en die dier se hanteerder, mnr. Kennedy Afrikaner, by die ram. Republikein het gister verkeerdelik berig Dilano Olivier is die eienaar en vra verskoning vir die ongerief wat dit veroorsaak het. FOTO VERSKAF Volgens Pretorius het die LPO reeds die voorgestelde plan aan al die relevante ministers en regeringsagentskappe voorgelê. “Die LPO het geen steen onaangeroer gelaat om Meatco op ’n lewensvatbare trajek te plaas nie. “Dit is betreurenswaardig dat die

as ’n persentasie van die koste van die werk, maar waar die werk van so ’n aard is dat persentasietariewe nie van toepassing is nie. Dié tariewe sal ook op ’n tydsbasis in ooreenstemming met die tariewe wat in die wet vervat is, bereken word. Blueprint moes hiervoor fakture uitstuur, met die ministerie wat alle tekeninge en voorlopige werke moet goedkeur voordat enige verdere stappe met die projek geneem word. Volgens die maatskappy is ’n evalueringsverslag voorberei en aan die ministerie voorgelê, gedetailleerde konstruksietekeninge vir die herstel van strukturele foute saamgestel

beleidmakers en bestuur van Meatco negatiewe sienings oor die pogings van georganiseerde landbou koester en sodoende ’n eens trotse bastion vernietig, sonder enige aanspreeklikheid,” het dié organisasie in sy verklaring gesê. – [email protected]

en voorgelê, terwyl hy ook hoeveelhedelyste met en sonder pryse, sowel as dokumente vir bieërs vir die aanstelling van kontrakteurs opgestel het. Vir bogenoemde dienste is ’n faktuur van N$387 337 op 1 April verlede jaar uitgereik, wat meer as ’n jaar later steeds nie vereffen is nie. ’n Dagvaarding op 1 April vanjaar is ook geignoreer. Buiten vir die betaling van die uitstaande bedrag, vra Blueprint Consulting Engineers dat die ooreenkoms gekanselleer word en die ministerie die regskoste moet dra. – [email protected]

NUUS

Republikein

Dinsdag 4 Oktober 2022

3

» ‘Onveilig om hokaairoeper te wees’

Korrupsie takel basiese dienste geleidelik af Mnr. Graham Hopwood, prof. Johan Coetzee en mnr. Dimbulukeni Nauyoma waarsku oor die risiko’s vir hokaairoepers.

Landswyd sloer owerhede om werklik teenkorrupsiewetgewing toe te pas, sê kenners.

› Augetto Graig

“K

orrupsie is ’n maatskap­ like siekte. Dit is soos ’n kanker, daar is talle oor­ eenkomste. Dit beskadig en breek die siel van ’n samelewing, en dit is die armstes wat dit die minste kan bekostig. Eintlik is korrupsie siste­ mies en endemies, dit sal lank neem om hok te slaan. “Ons vertrou mekaar en die rege­ ring minder en minder soos hierdie monster die samelewing insluk.” So het prof. Johan Coetzee, poli­ tieke wetenskaplike en ’n korrup­ sienavorser by die Namibië Univer­ siteit van Wetenskap en Tegnologie (Nust), gesê. Die Namibiese Instituut vir De­ mokrasie (NID), Olupale en die Hanns Seidel­stigting het Donder­ dag ’n openbare gesprek gereël om hulpmiddels teen die desensitering van die bevolking teenoor korrupsie te bespreek. Die Instituut vir Openbare Be­ leidsnavorsing (IPPR) se mnr. Graham Hopwood, en mnr. Dimbu­ lukeni Nauyoma, wat homself as ’n

FOTO AUGETTO GRAIG

pas bevryde politieke gevangene en aktivis beskryf, het saam met Coetzee aan die gesprek deelgeneem. Coetzee sê korrupsie is ’n multi­ en interdissiplinêre uitdaging wat nie binne die definisies van die Teenkor­ rupsiekommissie van Namibië (ACC) en die Wêreldbank vervat word nie. Hopwood stem saam dat korrupsie in Namibië ’n sistemiese kenmerk van die samelewing is. “Strafloosheid. Dit is wat in Namibië gebeur, en dit gebeur al hoe meer,” brei hy uit. Nauyoma sê: “Korrupsie takel ons basiese noodsaaklikhede geleidelik af. Hier in Windhoek is die lewe net ’n asdrom. Selfs water is duur in die

nedersettings. Korrupsie is die rede hoekom julle handboeke moet deel,” het hy aan leerlinge in die gehoor gesê.

WEES VERSIGTIG “Wat is die impak van korrupsie in ’n land soos Namibië?” vra hy en sê: “As gevolg van korrupte praktyke in die land, het ons tekorte. Ons het nie enige hospitaal, as ’n land, sedert on­ afhanklikwording gebou nie. Ja, ons kon ’n paar klinieke bou, maar daardie klinieke is sonder pille, omdat iemand in ’n vertrouensposisie wat Panados en hoë bloeddrukpille moes aankoop, weg is en die geld het in private sakke verdwyn,” sê hy.

Al drie kenners is nogtans versigtig om mense aan te moedig om hokaai­ roepers te word. “Ons moet versigtig trap omdat mense se lewens op die spel is,” het Nauyoma gesê. “Niemand hou van hokaairoe­ pers nie. Dit is nie in die Namibiese kultuur nie, dit is nie gewild nie. Dit is gevaarlik,” waarsku Coetzee. Hopwood sê die Wet op die Besker­ ming van Hokaairoepers is reeds in 2017 aangeneem, maar geen geld is vir die toepassing daarvan begroot nie. “Hoekom is daar ’n leemte? Hoekom is niks gedoen om die wet toe te pas nie? Dit kom terug by politiek, met wetgewing wat bloot ’n rookskerm

is, terwyl ons niks doen nie,” sê hy. Die feit dat die Verkiesingskommis­ sie van Namibië (ECN) nie sy eie wet rakende die finansiering van politieke partye wil toepas nie, is nog ’n voor­ beeld van verdraagsaamheid teenoor korrupsie, voeg hy by. Met betrekking tot die veiligheid van individue wat korrupsie aan die kaak stel, sê Hopwood: “Ek twyfel oor die ACC. Ek het nie veel vertroue in ons grondwetlike instansies soos die ACC en die ombudsman nie.” Nauyoma sê: “Namibië is ’n klein land, en ons almal ken mekaar.” Coetzee sê die wetgewing bied geen beloning om op te weeg teen die risiko wat betrokke is om korrupsie aan die kaak te stel nie. In Amerika kan ’n hokaairoeper tussen 15% en 24% van die geld te­ rugwin wat uit die vervolging van kor­ rupsie voortspruit. In Namibië het die minister die gesag om te besluit wie kry ’n belo­ ning en wat die beloning sal wees. Nauyoma het die deel van die wet beklemtoon wat die verskaffing van onakkurate inligting strafbaar maak. “Dit is ontmoedigend,” sê hy. Hulle stem saam dat die media ’n beter keuse bied. “’n Professionele joernalis sal sy bron beskerm,” sê Nauyoma.

[email protected]

Verbruikers dok op vir olies, vrugte en brood › Elvira Hattingh Voedselinflasie vir olie en vette het op ’n reuse 25,7% tussen April en Junie vanjaar gestaan – vergeleke met ’n inflasiekoers van 12,6% oor dieselfde tydperk verlede jaar. Die grootste dryfvere hiervan was die prysver­ hogings in kookolie en ­vette van onderskeide­ lik 38,4% en 26,3%. Daar­ teenoor het botter ’n mi­ nimale deflasie van sowat 0,3% ervaar. Die Namibië Statistiek­ agentskap (NSA) het in sy bulletin vir die tweede kwartaal van 2022 getoon dat jaarlikse voedselinfla­ sie teen ’n sneller tempo (6,6%) gegroei het as ander items in die ver­ bruikersmandjie (5,7%). Die NSA sê die gemid­ delde gesin bestee sowat 14,8% van hul besteebare inkomste op kosaankope. Die bulletin is op 28 Sep­ tember vrygestel.

VRUGTE, BROOD Buiten vir olies, was dit ook die prys van vrugte en brood en grane wat Nami­ biërs laat steier het. Laasgenoemde produk­

sy eie – die laagste infla­ sie getoon (3,8%), gevolg deur vis en groente op on­ derskeidelik 4,2%.

LANDBOU, BOSBOU EN VISSERYE

TER ILLUSTRASIE, FOTO PIXABAY.COM

te het inflasie van onder­ skeidelik 16,1% en 6,8% getoon. Dieselfde tydperk verlede jaar was vrugte se inflasie 8,3%. Avokado’s het die groot­ ste prysstyging van tot 72,5% getoon, gevolg deur sitrusvrugte (8,3%) en ge­ blikte vrugte (7,3%). Daar­ teenoor het die prys van druiwe, waatlemoene en appels effens gedaal. Tydens verlede jaar se tweede kwartaal was brood en grane se inflasie op 4%. Vanjaar is die in­ flasie vir brood en koek­ meel ’n stewige 14,2%, gevolg deur koek op 11%, babakos en ­pap op 10,3% en rys op 2,1%. Oor die algemeen het vleis – as ’n kategorie op

Die NSA sê die landbou­, bosbou­, en visseryesektor het minstens 12,7% tot die bruto binnelandse produk (BBP) in die tweede kwar­ taal van 2022 bygedra. Hierbenewens het die landbou­subsektor, spe­ sifiek gewasse en lewende hawe, ’n bydrae van 9,7% gemaak. Die gewassektor het ’n bydrae van 5,8% tot die BBP gemaak, gevolg deur die lewendehawesektor se bydrae op 3,9%, vis­ serye op 2,7% en bosbou op 0,3%.

Die totale produksie van graangewasse het in die tweede kwartaal op 55 029 ton gestaan, teenoor sowat 38 436 ton oor dieselfde tydperk verlede jaar. Die grootste bydrae is deur witmielies gemaak, waarvan die produksie met 43,9% gestyg het. Uitvoere uit dié sektore het N$4,1 miljard in die tweede kwartaal van 2022 verdien, terwyl die invoer­ rekening oor dieselfde tydperk op N$1,2 miljard gestaan het, wat beteken die sektor het ’n surplus van N$2,9 miljard getoon. Die sektor het met 1,6% in die tweede kwartaal gegroei, teenoor 2,8% in die tweede kwartaal van 2021. – [email protected]

Play letter quest every Tuesday and Wednesday to stay abreast with what's happening in your daily newspapers and WIN! Join the quest to find the letters in our three publications Republikein, Namibian Sun and Allgemeine Zeitung - unscramble the letters and you could win

N$1000 weekly! Keep your eyes peeled for letters that

L O O K

DID YOU KNOW THAT THE TOURISM EXPO HOSTS AND PR O MOTES THE TOURIST OF THE YEAR COMPETITION, WHICH IS A COMPETITION DESIGNED TO INVITE THE PUBLIC TO SHARE THEIR HOLIDAY EXPERIENCES?

L I K E

SMS your answer, e.g. QUEST “WORD” to 51500. N$ 3/SMS. Ts & Cs apply. All proceeds go to the African Child Development Trust. Winners will be contacted every Thursday. Winners are announced every Monday. Keep your newspaper in order to claim your prize. The winner will be asked to send a photograph of themselves with their newspaper, which will be featured in the following Monday’s newspaper.

Tune in every day at 08:00 for your daily dose of caffeine fueled news! 285

94

ONEUPTWO.COM

T H I S

4

NUUS

Republikein

Dinsdag 4 Oktober 2022

Mnr. Norbert Wurm, besturende direkteur van O&L Leisure, en mnr. Marco Wenk, Namibia Breweries Limited se besturende direkteur, by die bekendstelling van die 62ste Windhoek Oktoberfest.

Die atmosfeer was gesellig by die mediabekendstelling van die 2022 Windhoek Oktoberfest. FOTO’S VERSKAF

Windhoek Oktoberfest vier 62 jaar » ‘Groter en beter’ as ooit tevore

Die fees is nog altyd ’n opwindende gebeurtenis op die jaarlikse kultuurkalender.

N

á twee jaar se afwesigheid weens die Covid-pandemie is die Windhoek Oktoberfest weer met mening terug, met Namibia Breweries Limited (NBL) – ’n filiaal van die Ohlthaver & List (O&L)groep – wat weer die hoofborg van die geleentheid is. Vanjaar se Oktoberfest beloof ’n groter en beter ervaring as ooit tevore en sal ’n viering van die ware menslike gees van veerkragtigheid en goeie kos, vermaak en bier wees. Dié aankondiging is verlede week gemaak by die amptelike bekendstelling van die Windhoek Oktoberfest, wat vanjaar vir die 62ste keer

aangebied word. Die fees is nog altyd ’n opwindende gebeurtenis op die jaarlikse kultuurkalender waarna beide plaaslike en internasionale feesgangers uitsien. Vanjaar se feesprogram, wat vir 27 tot 29 Oktober geskeduleer is, is ontwerp om ’n skare selfs groter as dié van 2019 te akkommodeer, toe die fees meer as 6 700 besoekers oor twee dae gehad het. Die driedaagse byeenkoms sal by die Sportklub Windhoek (SKW) aangebied word – wat twee keer die grootte van die vorige feesruimte is. Vir die eerste keer is ’n korporatiewe geleentheid ook by die program gevoeg wat maatskappye die geleentheid sal gun om hul belanghebbendes en personeel op die Donderdagaand te onthaal. Die besturende direkteur van NBL,

Spoggerige skool vir die Karstveld

EKSKLUSIEWE BIER ’n Integrale deel van die kulturele ervaring van Oktoberfest is die kos en drank waarvan feesgangers kan kies en keur, en vanjaar kan hulle bykomende kosstalletjies verwag wat voorsiening sal maak vir almal se smaak, insluitend vegetariese en glutenvrye opsies. Die bierkroeg beloof om weer ’n hoogtepunt van die geleentheid te wees met die tradisio-

Karstveld Academy se skoolhoof, mnr. Wimpie Silver, tydens die skool se inwyding saam met Namibië se visepresident Nangolo Mbumba.

› Elvira Hattingh Nie net spog Karstveld Academy op Grootfontein met ’n eie sterre-observatorium, uitstekend toegeruste biologie-, fisika- en chemiese laboratoriums nie, maar die skool het ook onderneem om akademiese uitnemendheid na te streef. Dit, terwyl waardes soos dissipli-

mnr. Marco Wenk, het oor die geleentheid gesê: “Ná twee jaar sonder die Windhoek Oktoberfest, en in die nasleep van die verwoestende pandemie, is hierdie Oktoberfees een van groot betekenis – ’n viering van menslike veerkragtigheid. NBL is uiters trots om ’n integrale rol as hoofborg en organiseerder te speel, en ons sien uit daarna om hierdie die beste Oktoberfest nóg te maak. Almal word uitgenooi om aan te sluit by hierdie langverwagte feesvieringe.”

FOTO VERSKAF

ne, kennis, harde werk en vryheid gehandhaaf moet word. “Die uitvoerende bestuur van die skool is ernstig oor onderrig en akademiese onderrig.”

Só gesels mnr. Wimpie Silver, skoolhoof van dié moderne plattelandse skool, wat ook vanjaar op 19 Augustus amptelik deur Namibië se visepresident Nangolo Mbumba

nele Festbier, ’n bier wat eksklusief berfest is beskikbaar by Pick n Payvir die Windhoek Oktoberfest gebrou winkels landwyd of kan aanlyn via word, wat weer aangebied sal word. Webtickets aangeskaf word. Die fees sal weer eens ’n verskeiBesoek www.oktoberfestnamibia. denheid tradisionele Duitse spelet- com vir meer inligting. Die ander borge van vanjaar se fees jies en vermaak vir feesgangers van alle ouderdomme op die Vrydag en is Hansa Draught, Pupkewitz BMW, Saterdag bied. Die Kirchdorfer, die Eurowings Discover, Jägermeister wêreldklas oorspronklike Oktober- (CIC), Radiowave en die SKW. fest-orkes van München, Duitsland, – [email protected] en die spesiale gasorkes Jägermeister Brass Cartel sal vir vanjaar se musiekvermaak sorg. Die Schuhplattlergroep en ’n groep THE TOURISM EXPO HAS NEVER plaaslike dansers AIMED AT DRAWING THE BIGGEST sowel as die NamiCROWDS, BUT RATHER AT HOSTING biese musiekikoon Riaan Smit sal ook YOU AS A PO T ENTIAL GUEST AND deur die loop van ALLOW YOU ACCESS TO DIFFERENT die naweek optree. IDEAS AND DESTINATIONS. Kaartjies vir die Windhoek Oktoingewy is. Die privaatskool, wat die Namibiese kurrikulum volg, het op 10 Januarie verlede jaar sy deure vir die eerste keer oopgemaak. Toe reeds was 150 leerlinge ingeskryf vir graad R tot graad 12. Tans is daar 193 kinders in die skool, van wie 54 in die koshuis. Die koshuis kan altesaam 120 leerlinge huisves. Tans word die sportgronde nog gebou, maar die skool spog ook met ’n pragtige, moderne saal, ’n administratiewe kantoor en talle klaskamers. “Ons beskik oor uitstekende onderriggeriewe: Ons het twee personeelkamers, ’n veilige preprimêre en junior afdeling en die klasse is goed toegerus. Dit bied die beste geleentheid aan kinders om hul

Business7 is aired weekly on Wednesdays at 21:00 on NTV - channel 285 on DStv and channel 94 on GOtv with repeats at 20:30 on Saturdays. It is also broadcast on Wednesdays at 19:00 on the Facebook pages of Namibian Sun, Republikein and Allgemeine Zeitung. It focuses on current issues in the Namibian economy and analyses how global developments impact the country.

For advertising contact [email protected] oneuptwo.com

drome te kan volg en eindelik ’n waardevolle bydrae tot die samelewing kan maak,” sê Silver. Die skool huisves ook ’n Duitse afdeling. Silver sê dit is prysenswaardig om te sien wat in ’n kort tydperk in terme van konstruksiewerk op die skoolterrein verrig kon word – ’n prestasie waarop die skool van plan is om voort te bou. Die skoolhoof sê die skool beskik oor die regte fasiliteit en mense op die regte plekke sodat dit in tien jaar ’n “vol” skool sal kan wees, wat van krag tot krag sal gaan. “Ek glo ook dat die huidige personeel die gereedskap het om die skool binne tien jaar een van akademiese uitnemendheid te maak,” het hy gesê. – [email protected]

NUUS

Republikein

Dinsdag 4 Oktober 2022

5

Man eis N$1,4 miljoen ná vrou se verdagte dood

» Regering wéér hof toe gesleep

Die ma van vier kinders se lewelose liggaam is sewe dae ná haar beweerde inhegtenisname op die polisiekantoor se perseel gevind.

› Kristien Kruger

’n

Man dagvaar die regering vir N$1,4 miljoen nadat sy vrou en die ma van hul vier kinders, glo onder verdagte omstandighede in polisie-aanhouding dood is. Haar lyk is sewe dae ná haar inhegtenisname op die polisiekantoor se perseel gevind en die oorsaak van haar dood is steeds onbekend. Mnr. Matjayi Kafuro, ’n inwoner van Omega One in die Bwabwata Nasionale Park, het in Februarie 2021 die saak teen die ministerie van binnelandse sake, immigrasie, veiligheid en sekuriteit en die regering by die hoërhof in Windhoek aanhangig gemaak. Partye het Vrydag voor regter Eileen Rakow verskyn vir die skedulering van verhoordatums. Kafuro beweer dat sy vrou, me. Regina Muhoko, op 23 November 2016 ’n bakleiery tussen haar suster en haar swaer probeer beëindig het, waarna sy in ’n woordewisseling met haar swaer betrokke geraak het.

Muhoko en haar swaer is na die Omega-polisiekantoor geneem. Die swaer kon kort daarna huis toe gaan en die familie was onder die indruk sy is in aanhouding geplaas. Muhoko se broer het glo die dag ná die voorval na die polisiekantoor gegaan, maar die beamptes aan diens het gesê hulle weet nie waar sy is nie. Haar broer het weer op 27 November die polisiekantoor besoek en is na bewering ingelig dat daar geen rekord van haar inhegtenisname is nie.

Matjayi Kafuro EISER (HOFSTUKKE)

“Die oorledene se familie het haar lewelose liggaam by die polisiekantoor, sowat 200 meter van die heining, sien lê.” “Sewe dae ná die oorledene se inhegtenisname is haar familie gekontak en ingelig dat haar liggaam gevind is. Die oorledene se familie het haar lewelose liggaam by die polisiekantoor, sowat 200 meter van die heining, sien lê.” Volgens die eisbesonderhede is ’n nadoodse ondersoek uitgevoer, maar kon die oorsaak van haar dood nie vasgestel word nie. Die polisie het glo nog

Don‛t raise your voice, better your argument

STRAIGHT TALK

die saak ondersoek. Die familie is na bewering nooit weer oor die ondersoek ingelig of oor die oorsaak van Muhoko se dood nie.

PLEITSTUKKE Die ministerie en regering beweer dat die oorledene nooit in aanhouding geplaas is nie. “Op dieselfde dag, nadat die dispuut tussen die partye afgehandel was, is die swaer toegelaat om eerste huis toe te gaan sodat die partye nie saam vertrek het nie. Ongeveer ’n uur later is Muhoko toegelaat om huis toe te gaan. “Nie een van die partye is in hegtenis geneem of aangehou nie,” lui die pleitstukke. Die ministerie en regering ontken nie dat Muhoko se liggaam op hul perseel gevind is nie. “Op 30 November 2016 is die liggaam op die polisiekantoor se perseel ontdek en die polisie het die saak ondersoek. “Die ondersoek het aangedui dat die oorledene die perseel in die geselskap van ’n sekere Kambara Mbiya verlaat het. Die twee was later in ’n fisieke bakleiery betrokke en die oorledene het oor die een meter hoë heining van die polisiekantoor gespring.” Volgens die ministerie is ’n strafregtelike saak reeds geopen.

SKADEVERGOEDING Kafuro beweer in sy eisbesonderhede dat Muhoko nie net onregmatig

Die hoërhof in Windhoek. FOTO ARGIEF

dood is nie, maar dat sy ook onwet- voer die oorsaak van die saak het reeds tig in hegtenis geneem en in aanhou- vier haar gelede gebeur en dat die saak ding geplaas is. daarom reeds verjaar het. “Volgens die Polisiewet van 1990 Hy voer verder aan dat die ministerie en regering ’n wetlike plig gehad moet enige siviele saak teen die staat het om na mense in aanhouding om binne 12 maande ná die eisoorsaak, aanhangig gemaak word. te sien. “Nieteenstaande bogenoemde, inHy het ook uitgewys dat sy volgens die wet ’n landdros binne 48 uur moes gevolge artikel 11 van die Verjaringssien en dat die polisie deur die wet wet, moet die eis voor drie jaar vanaf verplig word om rekord te hou van die datum waarop die oorsaak van mense wat in hegtenis geneem en in aksie ontstaan het, aanhangig gemaak word,” lui die pleitstukke. aanhouding geplaas is. – [email protected] Kafuro eis N$500 000 vir die emosionele en sielkundige skok en trauma wat hulle moes THE TOURISM EXPO HOSTS verduur, N$800 SUPPLIERS T O THE INDUSTRY 000 vir die verlies aan ondersteuning, INCLUDING MOTOR COMPANIES N$50 000 vir die THAT SERVE THIS INDUSTRY. verlies aan geriewe en nog N$50 000 vir begrafniskoste.

VERJARING In die pleitstukke van die ministerie het hulle aange-

STRAIGHT TALK is a show aimed at engaging both high school and primary school learners on current affairs and putting their ability to think on their feet, articulation and general knowledge skills to the test through a seasonal debate tournament, seasonal spelling bee tournament and seasonal pop quiz competition. Broadcasted oi the My Zoie platforms every Friday at 16h00. Now also oi NTV every Thursdays at 17h00 – 17h30

For all your advertising E-mail: [email protected]

oneuptwo.com

6

PRAAT SAAM

Praat saam WHATSAPP

Dinsdag 4 Oktober 2022

Republikein

[email protected] Sit “lesers” vooraan en SMS na 51500 (N$3/160 karakters) WhatsApp 0811 7000 10

BYBELSE WYSHEID

SPOTPRENT

DR. ANNES NEL Efesiërs 3:10: “. . . nou het God die ryke verskeidenheid van sy wysheid deur die kerk bekend laat word aan elke mag en gesag in die hemelruim.”

Omgee: so word die oues van dae by Oude Rust in Windhoek deur die jongman van die NG Kerk in Windhoek-Wes met blomme en lekkernye op Sondag, 2 Oktober bederf. – Fanie Smit Nida glo skaam oor mediesefondsbeleggings wat geen geld het nie. Wat van bejaardes wat afhanklik is van medisyne? Ons het mos jare tevore bydraes gemaak. Nie vir blink motors en duur huise nie, maar so lyk ons nou. Windhoek vervalle onder slaggate, mense wat ná 32 jaar nog steeds die bosse gebruik, strate wat nie geverf word nie, verkeersligte buite werking, verkeersmense onsigbaar, gemeenskap wat nie omgee vir wette en verkeersligte (die wat nog werk), aanrandings in begraafplaas. Die lys is te lank. Ek verlang na mense wat wette toegepas en weerloses beskerm het. – Wanda Richter Vliegtuig val: So tragies. Wys weer eens. Teoreties kan jy nog so onderlê wees, maar die werklikheid stel verskillende eise aan jou. Geldig op alle vlakke van die lewe. Rus in vrede. Demensie-artikel: “Ek wil die stigma en diskriminasie teen ons uitwis wat ons probeer isoleer en ons vermoë beperk om vir so lank as moontlik ’n vol lewe te lei” (Stigterslid ADN). Praat met die families by ADN en vind uit, dit is juis die stigterslid self wat bydra tot die stigma en diskriminasie deur demensiepasiënte te isoleer.

BRIEWE Die rotte in ons lewens (Deel I) WILLEM DE WET SKRYF: In ’n stadium die afgelope naweek betrap ek myself in ’n introspektiewe staat met ’n hengse frons tussen my oë. Die TV is aan en die Stormers speel, maar ek sien niks en ek hoor niks. Die bier in my hand is ál warm en daar swem ’n besope vlieg in. Die huismense en die troeteldiere los my alleen, loop draaie om my! Ek praat met myself en ek vra harde vrae, maar die antwoorde wil nie lekker word nie, dit bly donker en swaar en negatief. Ek praat myself hard aan oor ek nog nie my houding teenoor die nuwe golwe van verandering kon verander en positief raak oor die waterstofpotensiaal, Recon se olieboordery, en natuurlik Leonard se uraanvooruitsigte nie. Hoekom bly ek agter en hoekom is ek huiwerig

om myself toe te laat om deel te neem, en uit te sien na die nuwe ontginbare potensiaal? Ek kyk rond vir positiewe jong nuwe lente uitloopsels, om my gemoed te lig, maar rondom my in my denkwolk staan daar net groot lelike spoke wat sinies glimlag, want hulle weet waar my gemoed vandaan kom. Hulle weet hoekom alles in ons klein en pragtige land Namibië met agterdog bejeën word en halfhartige deelname ontlok, en hulle weet ook hoekom daar ’n wolk van onsekerheid hang oor enige nuwe en mooi gedagtes van watter aard ookal, om ons ekonomie te ontsluit en die man op straat trots te maak. Die nuwe politiese elite, tenderpreneurs, amptenary en goed gekonnekteerdes is besig om ons en ons land te breek, want as hulle nie die hoof bevoordeeldes uit enige vooruitgang kan wees nie, kom daar niks van nie, en as ons dalk die karretjie opgestart kry sal hulle hom tot stilstand doodbloei en besteel in so ’n mate dat hy nie eens sy eerste stel finansiële state sal kan voorlë nie, want die geld sal op wees voor ons daar kom. So lê die dooie rotte die vlaktes vol.

Fish-rot, rail-rot, diamond-rot, lokomotief-rot, behuising-rot, tender-rot, plaas-rot, bank-rot, Air Namibia-rot, Covid-rot en nog vele ander wat nog onder die lappe toegegooi is en onder sitkamerbanke weggesteek lê en wag om son te sien. En so verrot ons skole, hospitale, howe, polisiekantore, militêre basisse, vliegvelde, sportvelde en wat nog alles as ’n direkte gevolg van die posbekleërs, ampsdraers en belangrikes se fokus op die koekieblik, in plaas daarvan om die hardverdiende volksgelde aan te wend tot voordeel van die land en sy mense. Elkeen steel net vir homself en hulle vorm bendes wat hul gesamentlike breinkrag doelgerig aanwend om die nasie van ’n toekoms te beroof, en hulle is nie eers beskeie oor hul openbare plundering van die nasie se kostrommel nie. Nee, hulle ry die nuutste karre en bly in die duurste huise, het plase en reis die wêreld vol, en dit met die geld wat met ’n ordentlike opvoeding, ’n huis, ’n hospitaalbed, ’n werk en kos in die mond aan ’n arm Namibiër ’n geleentheid op die lewe moes bied. Skaamteloos, entitled en arrogant plunder dit

THUSIE SÊ MAAR NET WIL JY REAGEER? Modeparade is nie vir almal nie

Thusie Gamibes

Met my ondervinding vroeër met die koop van nuwe klere (wat ek genadiglik net een of twee keer per jaar hoef te doen), het ek weer eens oor iets begin wonder. Hoe kry vroue dit reg én kom daarmee weg om daagliks klerewinkels te besoek, aan te pas, hulself in ’n spieël te bewonder en dan die aankoop te doen. Vir my is dit ’n frustrerende en selfs sielsdodende ervaring. Ek kry net nie vat aan die proses om klere te koop nie, want die verskeidenheid om van te kies is net té veel. ’n Mens kry Afrikadrag, formele drag en ontspanningsdrag. Goeiste! Al is ek nou nie meer ’n jongeling nie en al het ek weer een van die dae nog ’n jaar agter die rug, is ek nou nog nie gekonfyt met dié soort aankope nie. Daar is modes, grille en giere waarvan ek nog nie eens bewus is of van gehoor het nie.

So dink ek aan ons voorouers dekades gelede. Wat sou hulle gesê het as mans selfs rokke en allerhande vreemde klere kon dra? Of dat daar nie veel verskil is tussen wat mans en vroue aantrek nie? Gits, ek vermoed my oumagrootjie sou ’n oorval kry. Ek het niks teen mode nie, nog minder teen vandag se lewe. Maar wat ek in die laaste tyd in sommige Windhoekse klerewinkels en selfs op straat sien en beleef, kan ek maar net wonder waar dit alles gaan eindig. Ek het onlangs die klerewinkels ingevaar op soek na ’n nuwe bloes, maar daar was net die sogenaamde “crop tops”. Wat het geword van lang bloese waarmee jy jou hele liggaam kan toemaak? Dis toe ek besef ek is uit voeling met vandag se vrouemodes. Ek is as’t ware genoodsaak om nuwe klere te begin aanskaf.

Tot onlangs het ek geglo mode is ’n truuk waarmee klere-ontwerpers die skoner geslag vang om ’n groot hap uit hul beursies te vat. Om my vrees vir die koop van klere nog erger te maak, is my “size” amper nooit te vinde nie. Arme ek. ’n Vriendin sê toe sy weet van ’n oulike plekkie wat net die regte klere vir ons grootte verkoop. Daar opgedaag is die pryse ook net so mooi groot soos my “size”. Die prys van die vreemde vere was beslis nie in die regte klas vir my nie. Ek voel heel tevrede en gelukkig in my ou jannas met ’n T-hemp en my gewone klere (teen gewone pryse). Een ding is vir seker, dit is tweede natuur vir ons vroue om vir elke geleentheid ’n nuwe rok te wil koop. Die rok wat ek twee maande gelede na my vriendin se troue gedra het, is nou te oud. Mode sal altyd ’n besprekingspunt bly, maar ek gaan nie deur iemand

Godsdiens maak dood. Soveel gruweldade is in die naam van godsdiens gepleeg. Dit maak ook dood op ’n ander manier. Dit maak mense tevrede met hulself. As ek my godsdienstige pligte uitgevoer het, voel ek goed en kan ek aangaan met die res van my lewe. Godsdiens maak ’n lewende verhouding met God dood. Christene is nie godsdienstig op hierdie manier nie. Ons vier ’n verhouding met die lewende God. Paulus sê dat die wonder van ons verlossing soos ’n geheim is wat geopenbaar is. Alle mense is ingesluit en alle mense behoort hiervan te hoor. God het nie hierdie taak net aan Paulus gegee nie. Hierdie boodskap word deur die kerk bekend gemaak aan elke mag en gesag waaroor Jesus Christus die oorwinning behaal het (3:10). Die kerk word die draer van die evangelie vir alle mense. As deel van die kerk moet ons alles in ons vermoë doen om kanale te wees waardeur die Here sy liefde kan openbaar. Mense wat nie kerk toe gaan nie, kan slegs bereik word deur ’n kerk wat na die wêreld toe gaan. Hoekom is ons stil? John Stott het geskryf dat niks ons so stom maak, ons lippe meer verseël as die armoede van ons eie geestelike lewe nie. Die rede waarom ons nie getuig nie, is eenvoudig: ons het niks om oor te getuig nie. Here, maak my lewe saam met U nuut, sodat ek ’n aktiewe getuie van U genade sal wees, in Jesus se Naam. Amen.

voort en die man op straat bly net waar hy is. Nie een van die huidige leierskorps gee my ’n rede om ’n straat na hulle te vernoem of ’n standbeeld te bou vir hul positiewe bydraes nie, maar hulle gee my wel baie redes om van die straatname wat reeds toegeken is, te verwyder, en die strate bloot - Word vervolg. nommers te gee.

[email protected]

anders aangesê word wat ek moet dra en hoe ek dit moet dra nie. Basta daarmee! Ek sukkel reeds om my klererekening se betalings op datum te hou met my seun wat nog besig is om te groei. Ek reken dit moet soms lekker wees om ’n alleenloper te wees met die wete dat jy alleen oor jou geldsake en klerekas kan besluit en daaraan kan toevoeg of wegneem sonder om ander mense in ag te neem. Veral as jy alleen kan besluit oor die geld waarmee jy dit doen. Laasgenoemde gedagte het by my opgekom nadat ’n alleenlopervriend een keer probeer het om my terug in die mode te kry. Om my in die regte bui te kry, het hy my op ’n klerekoop-uitstappie saamgenooi. Volgens hom sou ek dan self sien hoe die modebase oormekaar val om ’n man te bedien wat modesmaak het en wat geld se baas is. Aitsa! Ag, maar dis nou weer ’n storie vir ’n ander dag.

SPORT

Republikein

Dinsdag 4 Oktober 2022

7

LANIE DEUR NA NEDBANK FOR AUTISM FINAAL

GLASE GEKLINK BY RÖSSMUND-STABLEFORD

» Gholf

’n Veld van meer as 40 spelers het Saterdag in gunstige omstandighede meegeding in die Rössmund-gholfklub se jaarlikse Windhoek Lager Beterbal Stableford. Die algehele wenspan was die getroude paar Sakkie en Heidi van Niekerk met ’n sterk vertoning van 46 punte om op uittel teen Clive Lawrence en Tienie van Rensburg (46) te wen, net een hou voor die derde geplaaste Bruce & Bubble Burns (45, uittel), Helmut Ndjendja en Thomas Shitaleni (vierde, 45). Vyfde was Gert Cloete en Hans Naobeb (43) en sesde Achmet Abrahams en Fred Bosse (42). Die langste dag op die gholfbaan is deur Helga en Harold Engling verduur. Van links staan Bruce Burns, George Murasiki (klubkaptein van Rössmund), Bubble Burns, Riaan Coetzee, Clive Lawrence, Helmut Ndjendja (verteenwoordiger van die borg), Heidi van Niekerk, Sakkie van Niekerk en Tienie van Rensburg. FOTO VERSKAF

Die Windhoek Buiteklub het Saterdag sy beurt gehad om ’n toernooi in die jaarlikse Nedbank for Autism gholfreeks aan te bied. Warm dagtemperature was ’n faktor op die baan, maar die gewilde toernooi is nietemin deur 106 spelers bygewoon. Saterdag se wenner Lanie van Rooyen, wat hier haar prys van mnr. Gernot de Klerk van Nedbank ontvang, dring deur na die reeks se eindtoernooi wat in November by Omeya gespeel sal word. Die toptien-spelers in die Nedbank for Autism toernooi by die Buiteklub was: 1 Lanie van Rooyen (43 punte), 2 Gary Stroebel (43), 3 Guillaume L’Excellent (43), 4 Johannes Goagoseb (42), 5 Inklous Suze (42), 6 Michael Hoeseb (42), 7 Christian Li (40), 8 Leevi Tshoopara (40), 9 Evelyn Paulino (40), 10 Abrie van Wyk (39). ’n Veiling is ook agterna gehou en is goed deur die spelers ondersteun as ’n bykomende geldinsameling vir die goeie doel. Komende Saterdag bied die klub die tweede kompetisiedag van die Windhoek Lager Internasionale Parespel se eindrondte aan. FOTO VERSKAF

Janco kry harsingskudding in Griekwas-loesing VAN BL. 8 Die Vrystaters se Namibiese haker Louis (Chucky) van der Westhuizen het met ondanks hul kaptein Victor Seke-

rete se afwesigheid met ’n geel kaart ’n lynstaandryf afgerond met tien minute oor. Die Bulle het in die oorblywende tyd op 14-17 twee strafskoppe binne bereik gehad, maar het nie pale toe geskop nie. Komende wedstrydbepalings: WOENSDAG, 5 Oktober: Toyota-stadion,

Bloemfontein: Airlink Pumas tn Opkomende Ierland (17:00); Windhoek Draught Griekwas tn Bulle XV (19:00). SONDAG, 9 Oktober: Toyota-stadion, Bloemfontein: Airlink Pumas tn DHL Westelike Provinsie (13:00); Cheetahs XV tn Opkomende Ierland (15:00).

THE TOU R ISMUS NAMIBIA INTERNET-SHOW WILL BE BROADCAST LIVE FROM THE TOURISM EXPO ON SATURDAY, THE 5TH OF NOVEMBER 2022.

DO NOT MISS THE QUALIFIERS, QUARTER FINALS, SEMI-FINALS & FINALS THIS WEEKEND ON

285

ONEUPTWO.COM Louis van der Westhuizen

STAND A CHANCE TO WIN VOUCHERS from Langerhans Pharmacy! How? Visit the Langerhans Pharmacy website at www.langerhanspharmacy.com and answer the following question: What makes Langerhans Pharmacy more than just a pharmacy?

SMS the answer, your name & city to 51500. Competition ends 4 October 2022.

94

8

SPORT

Republikein

Sport

Uitslae van toernooie by twee gholfklubs

Janco kry harsingskudding in loesing vir Griekwas » Rugby › Marnus Kok Janco Venter, die Namibiese aanwins wat as agtsteman begin het, en Werner Gouws is beide op die krukkelys ná Griekwas se eerste wedstryd in die Toyota-uitdaagreeks. Venter (harsingskudding) en Gouws (flank, elmboogbesering) is Vrydag teen die Opkomende Ierse rugbyspan in Bloemfontein beseer. Hulle sal gevolglik nie vir Woensdag se wedstryd teen ’n Bulle-vyftiental in die Rosestad oorweeg kan word nie. Hoewel die Iere die Poubloues op ’n drafstap met 54-7 afgeslag het, sê Pieter Bergh, afrigter van die Noord-Kapenaars, dit is belangrik om perspektief te behou. Griekwas gebruik die reeks as voorbereiding vir volgende jaar se Curriebeker-reeks. “Ons is natuurlik baie teleurgesteld in ons vertoning, maar ek dink dit moet in konteks gesien word. Ons begin weer van voor af ’n span bou met ’n klomp nuwe spelers,” sê Bergh. “Dit vat egter tyd. Gelukkig het ons nou tyd totdat die Curriebeker in Februarie begin. Dis maar Griekwas. ’n Mens moet elke jaar van voor af begin bou. “Suksesvolle spanne het tyd nodig, en jy moet kontinuïteit behou. Dis ons uitdaging – dis elke jaar ons uitdaging by Griekwas.” Die Poubloues het in Junie die eerste keer sedert 1970 daarin geslaag om die eindstryd van die Curriebeker-reeks te haal. Toe het die Pumas koning gekraai deur die eindstryd in Kimberley met 26-19 te wen. “Ons het verlede seisoen bewys dat ons ’n span kan saamsnoer, maar dit gebeur nie in ’n paar weke nie. Ons het wedstryde nodig om saam te speel sodat die spelers mekaar en die afrigters kan leer ken,” sê Bergh. Die verwagting is dat die Poubloues se 23-tal vir Woensdag se

Dinsdag 4 Oktober 2022

7

Meer paaie wat lei na motorsport word beplan » Motorsport

Brul as jy wil met ’n knortjor.

› Tielman van Lill

M

Janco Venter, agtsteman van Griekwas, word Vrydag in Bloemfontein deur Calvin Nash, vleuel van die Opkomende Ierse span, beetgepak. FOTO MLUNGISI LOUW kragmeting heelwat anders daar sal uitsien as die een wat Vrydag diens gedoen het, omdat die afrigters hulself van die diepte in die groep wil vergewis.

CHUCKY GAAN DRUK Die Cheetahs het gesweet om ’n Bulle XV met 17-14 in hul eerste wedstryd in die Toyota-uitdaagreeks Vrydag in Bloemfontein te klop, skryf Johann de Jager. Die Bulle XV was met rustyd met 7-5 voor en het twee keer met ’n drie geantwoord wanneer die tuisspan gaan druk het. Die Pretorianers het gespeel in die plek van Italië A wat onttrek het. Die Cheetahs se agttal, met ’n paar nuwe gesigte, het by tye goed gelyk, terwyl die Bulle gewys het daar is goeie diepte in Pretoria. Daar was aan die begin voorspelerdrieë aan elke kant. NA BL. 7

otorsport kon die afgelope jaar weer in meer 87 byeenkomste tussen die Namibiese Motorsportfederasie (NMSF) se geaffilieerde klubs die enjins laat dreun, nadat 2020 en 2021 deur Covid 19-inperkings geboelie was. Die NMSF het twaalf klubs oraloor die land onder sy vlerk, wat tien verskillende kodes insluit. Elkeen het sy eie reëls en regulasies om die verskeie dissiplines glad geolie te hou. Die gewildste kodes is langbaanrenne, versnelrenne, ovaalbaanrenne (Tony Rust-renbaan), renstelle/knortjorre (Tony Rust; Swakopmund), tydrenne (Swakopmund; Omaruru; Gobabis; Windhoek), motocross (Windhoek; Swakopmund; Gobabis; Omaruru), motorfiets-enduro (Windhoek; Uis) asook tol (spinning) en dryfrenne (drifting). Bradley Ferreira, NMSF-voorsitter vir renkodes, sê: “GCR’s (algemene kompetisiereëls en -regulasies) is die stel reëls waarvolgens motorsport in geheel beheer word. Elke spesifieke kode se reëls word SSR’s (Standing Supplementary Regulations) genoem om die dissipline en sy lede te lei.”

Bradley Ferreira, president van die Namibiese Motorsportfederasie. uit om soos tevore weer nasionale kompetisies aan te bied. Veldrenklubs (off-road) wil graag volgende jaar ’n reeks as deel van ’n nasionale kampioenskap huisves nadat groot belangstelling ontvang is. “Verskeie kodes is op die punt om hul 2022 nasionale kampioenskappe te voltooi. Die kodes wat kampioene sal oplewer, is enduro-motorfietse, grondbaan-ovaalrenne, langbaan, motocross, renstelle, tydrenne en tol.”

ONTWIKKELING EN PROJEKTE

“Die NMSF het tans twee projekte aan die gang wat deur die FIA goedNUWE LEWE gekeur en betaal sal word – die Girls “Vanjaar het een van die 4x4 vasbyt- on Track (renstelle) asook e-sport vir klubs ook sy terugkeer gemaak en sien elektroniese speletjies. “Girls on Track fokus daarop om meer vroue na motorNAMIBIA MEDIA HOLDINGS sport te lok en behels die soektog na talent REGARDS IT S ELF AS THE oor die land heen. FACILITATOR OF THE Ons sal na skole in TOURISMUS EXPO RATHER verskeie streke reis THAN THE OWNER. IT IS waar meisies tussen tien en 18 jaar ná opTHUS THAT NMH AIMS TO leiding kans sal kry FIND SOLUTIONS FOR THE om in ’n spesiaal ontINDUSTRY AND PROMOTE IT. werpte renstel te klim en rondtes op ’n slalombaan te ry.

“Indien dié program talent aanwakker, sal ons in samewerking met die FIA met die tieners werk om hulle te ontwikkel. Renstelle is ’n sport op voetsoolvlak en dis duidelik hoe die sport selfvertroue bou en motoriese vaardighede by jongmense verbeter. “Ons sal ook einde Oktober die Helao Nafidi-ekspo bywoon waar ons renstel- en tol-vertonings gaan hou. “Die Helao Nafidi-dorpsraad sal jongmense van verskillende skole kies wat daarop gemik is om toekomstige talent te identifiseer, motorvaardighede te ontwikkel en selfvertroue te bou. “Hoewel ons benadering ’n prettige element het, word aandag aan die reëls ook ingeskerp, aangesien ons ’n balans tussen sport en skool wil bevorder. “Dit sal die eerste keer wees dat hierdie program in die noordelike streek bekendgestel word. “Daar is vars nuus op die renstelfront met die bekendstelling van die FIA se Afrika-renstelkampioenskap wat sy debuut in 2023 behoort te maak, asook eerste deelname aan die FIA Rally Star-program. “Die e-sportprogram sal renplatforms soos Sim-renne en die gewilde PlayStation-platforms behels. Verskeie speletjies sal gebruik word om ’n dubbele e-sportkampioenskap in Namibië aan te bied sodat die gekwalifiseerde spelers volgende jaar die Wêreldmotorsportspele kan bywoon. “Sodra geld van die FIA ontvang word, behoort Girls on Track en die e-sportprogram af te skop.”

TALENT

“Vir die NMSF lê die ontwikkeling van motorsport en talent baie na aan die hart. Ons wil nuwe kodes onder een sambreel soos nog nooit tevore bekendstel. Cross Karts is ’n opwindende sport en behoort ná sy bekendstelling binne die komende maande sy weg na Namibië te vind. “Volgende jaar beloof om opnuut opwindend te wees en ons nooi motorsportentoesiaste hartlik uit om die klubs se kompetisies by te woon,” sê Ferreira. – [email protected]

HEY KIDS! Come have some fun with Active Kids as we play and sing through exciting and fun facts about the world around us! Our coolest puppet friends Zoey, Zoshy and Zacky are there to teach us everything we need to know. Every week day at 09:00 on My Zone facebook pages and 10:00 on NTV. Be on the lookout for the Active Kids team as

TUNE IN FOR THE CARS visit RELATED DEVELOPMENT weLATEST might come yourAND school! NEWS, SO MUCH MORE… For advertising contact: [email protected]

oneuptwo.com

Get in touch

Social

© Copyright 2013 - 2024 MYDOKUMENT.COM - All rights reserved.