Republikein_20230118 Flipbook PDF

Republikein_20230118

35 downloads 126 Views 19MB Size

Recommend Stories


Porque. PDF Created with deskpdf PDF Writer - Trial ::
Porque tu hogar empieza desde adentro. www.avilainteriores.com PDF Created with deskPDF PDF Writer - Trial :: http://www.docudesk.com Avila Interi

EMPRESAS HEADHUNTERS CHILE PDF
Get Instant Access to eBook Empresas Headhunters Chile PDF at Our Huge Library EMPRESAS HEADHUNTERS CHILE PDF ==> Download: EMPRESAS HEADHUNTERS CHIL

Story Transcript

Woensdag 18 Januarie 2023

Ohangwena-skole stuur 800 huis toe » Watervlak kan skole langer toe hou Twee skole in die Ohangwena­ streek se deure is weens vloed­ water vir twee weke gesluit.

› Tuyeimo Haidula en Enzo Amuele

N

et vyf dae nadat skole vir die akademiese jaar geopen het, het die Ohangwenastreek se onderwysdirektoraat twee van sy skole gesluit weens voortdurende vloedwater. Meer as 800 leerlinge is huis toe gestuur. Die onderwysdirekteur in die streek, Isak Hamatwi, het gister aan ons sus­ terkoerant Namibian Sun gesê die Gekombineerde Skool Onghala, wat meer as 500 leerlinge huisves, en die Primêre Skool Shingunguma met 331 leerlinge, sal vir die volgende twee weke gesluit wees. “Indien die watervlakke nie ná twee weke gesak het nie, sal dié besluit ge­ handhaaf word,” het hy gesê. Hamatwi het Maandag gesê ses skole

in die streek is sover deur die vloede geraak, asook die O ­ hangwena-sone wat aan Angola grens. Nóg skole wat gemonitor word, is die Gekombineerde Skool Onyofi, die Primêre Skool Ndilokelwa, die Senior Sekondêre Skool Udjombala en die Primêre Skool Ohaingu. Hamatwi meen indien die situasie voortduur, kan leerlinge van dié skole versoek word om tuis te bly. Die Onghala-skool het ’n ouerver­ gadering belê om die impak van die vloed te bespreek en ouers en voogde in kennis te stel van die besluit om onderrig vir twee weke op te skort. Dié skoolhoof, Absai Haiduwa, het bevestig hulle sal die skool se slui­ tingstydperk verleng as die water­ vlakke nie in die volgende twee weke daal nie. Hy het die versekering gegee dat die skool se bestuur die tradisio­ nele leiers sal inlig en die radiostasies sal nader om aan te kondig wanneer klasse weer hervat. NA BL. 2

Sommige ouers het Dinsdagoggend ‘n klein opblaasbootjie gebruik om ‘n dringende vergadering by die Gekombineerde Skool Onghala by te woon. FOTO TUYEIMO HAIDULA

Geen riool in hospitaal, sê ministerie

NCS hanteer vandag ’n stormloop

› Henriette Lamprecht

Die rede hoekom tienduisende name op die kortlys vir net 200 poste vir gevangenispersoneel ingesluit is, is om regverdig­ heid in die uiteindelike aanstel­ lings toe te laat, sê die Namibie­ se Korrektiewe Dienste (NCS) se woordvoerder, me. Salmi Hangula. “Baie kandidate lyk goed op papier, maar kan nie alles doen wat fisies nodig is nie,” sê sy. Dit behoort vandag te wemel by die Onafhanklikheidstadion in die hoofstad, en by verskeie ander persele landswyd, waar voornemende aansoekers vanaf 07:00 vir evaluerings­toetse aanmeld. Bykans 16 000 aansoekers is uit 33 259 aansoeke op ’n kortlys geplaas. Uit 15 867 aansoekers op die kortlys moet almal onder 26 jaar ouderdom vandag en môre aanmeld. Die aansoekers ouer as 25 jaar moet op 20 en 21 Januarie aanmeld. Die toetsproses sal tot 27 Janu­ arie voortduur.

stand van die hospitaal deur ’n lid van die Popular Democratic Movement Geen dokter moes nog operasies in (PDM) as “sensasioneel en onverant­ die flitslig van hul selfone uitvoer woordelik” beskryf en sê dit is nie op terwyl ’n kragopwekker tydens feite gebaseer nie. ’n kragonderbreking by Engela-­ Hidipo Hamata het vroeër die hos­ hospitaal nie gewerk het nie. pitaal besoek en onder meer gesê die Van riool wat weens ’n stukkende kragopwekker werk reeds vir maande pomp die hospitaal in stank hul, is nie en flitsligte van selfone moet inge­ daar ook nie sprake nie. span word wanneer die krag afgaan. Die uitvoerende direkteur van ge­ Nangombe het dit ontken en sê die sondheid en maatskaplike dienste, hospitaal het twee kragopwekkers op Ben Nangombe, het ’n verslag oor die bystand. Een is in ’n werkende toe­ stand, terwyl die ander tans gediens word omdat dit tydens ’n donder­ storm beskadig is. Volgens die hospi­ taalbestuur moes selfone nog nooit in die teater ingespan word nie en word operasies nie geskeduleer wanneer die krag af is nie.

IN VANDAG SE KOERANT

WASGOED EN RIOOL

Hamata beweer pasiënte word dikwels sonder beddegoed gelaat of moet op vuil linne slaap, omdat die hospitaal nie sy eie wasgoed was nie, want wasmasjiene is stukkend. Beddegoed word glo na die staats­ hospitale op Onandjokwe of Oshakati vervoer wat volgens Hamata hoë pe­ troluitgawes vir die staat veroorsaak. Volgens Nangombe word die was­ masjiene by die hospitaal deur maat­skappye in die private sektor gediens en onderhou. ’n Versoek om die wasmasjiene te herstel, is reeds ingedien en die ver­ blads skaffer wag vir onderdele om ye inhou op te daag. Om die voortge­ d sette was van linne intussen te Kry al die nuus hier: verseker, word die wasgoed by die http://info.my.na/ naaste gesondheidsgeriewe gewas. “Ons verseker dat geen pasiënte vuil ISSN 1560-9448 linne in die hospitaal gebruik nie,” het hy gesê. JAARGANG 46 Met verwysing na die hospitaal se ri­ NO. 25 oolpomp is ’n versoek vir die vervan­ ging hiervan by die ministerie se ver­ krygingseenheid ingedien. Hamata sê

tydens sy besoek het die hospitaal dié van die dorpsraad gebruik. Riool het volgens hom oral gelê met ’n vrees­ like stank en gesondheidsrisiko vir ­pasiënte, personeel en besoekers. Nangombe erken die hospitaal gebruik die Helao Nafidi-dorpsraad se pomp, maar ontken dat enige riool­ verwante probleme binne die hospi­ taal ervaar word. Nangombe gee Hamata gelyk dat drie van die 15 kabinette in die hos­ pitaal se ou lykshuis buite werking is, omdat kompressors tydens ’n kragon­ derbreking uitgebrand het. Dié kwessie word deur die ver­ krygingsbestuurskomitee behar­ tig. Hy beklemtoon die hospitaal het nog ’n aparte lykshuis waarin tot 20 liggame gehuisves kan word. Foto’s wat Hamata se verslag vergesel het, is volgens Namgombe ook nie by die hospitaal geneem nie. Hy het gemaan leiers moet ophou om ongegronde en verkeerde stel­ lings te maak wat kan veroorsaak dat die publiek eerder kies om nie ’n hos­ pitaal of kliniek te besoek nie. Hamata sê dis nie reg dat die hos­ pitaal wat deur die Finse regering geskenk is, uitmekaar val sonder in­ standhouding weens verwaarlosing deur die huidige regering nie.

16

Nuus

2-5 | Praat Saam

6 | Sport

8

Een van Hidipo Hamata se foto’s.

› Augetto Graig

STAAN IN LANG RYE

Die vereiste dat almal met geldige identiteitsdokumen­ te en ’n gedragsertifikaat van nie ouer as ses maande nie moet opdaag, het reeds dié week ’n stormloop en lang rye by poli­ siestasies landswyd veroorsaak. Laat Dinsdag het die NCS laat weet die gedragsertifikaat sal nou eers nodig wees vir diegene wat wel suksesvol is, en moet voorsien word voordat hulle met basiese opleiding sal begin. Hangula sê daar is geen waar­ heid in die bewering dat die ver­ eiste vir ’n gedragsertifikaat, waarvoor die polisie N$100 per

aansoek vra, ’n geldmaakstorie vir die gevangenisdiens is nie. Sy sê so ’n sertifikaat is ’n ver­ eiste vir enige aanstelling in ’n pos in enige van die land se vei­ ligheidsinstansies. Verder kry Nampol dié geld en nie die NCS nie, voeg sy by. Die verskeie toetspersele en amptenare wat by die toetspro­ ses betrokke sal wees, sal ook enige moontlike begunstiging uitskakel, brei sy uit. Aansoe­ kers kan by enige van die ver­ skeie persele hul toets gaan aflê. In die nuutste vrystelling word die toetsproses – in drie dele verdeel – uiteengesit. ’n Fisiese fiksheidtoets is eerste, gevolg deur ’n geskrewe toets en ’n mondelinge een agterna. Kandidate word aangemoe­ dig om vanoggend in sportdrag vir die fisieke toets op te daag. Indien enige van verskeie fiks­ heidtoetse nie suksesvol voltooi word nie, word die betrokke kandidaat outomaties gedis­ kwalifiseer. Geen selfone word tydens die geskrewe toets toegelaat nie. Vir die kandidate uitgesonder vir hul sportvaardighede sal die mondelinge toets met proewe vervang word. Ook die aansoe­ kers wat by die NCS se blaas­ orkes wil aansluit, sal eerder oudisies moet deurkom, terwyl voornemende NCS-vragmotor­ bestuurders ’n bestuurstoets sal moet slaag. Die NCS waarsku teen enige be­ taling aan enige persoon wat voorgee hulle kan help of toets­ vraestelle vooraf voorsien. Indien enigiemand aanbied om ’n werksgeleentheid by die NCS te help verseker, moet hulle by die Namibiese polisie aange­ meld word.

BESOEK ONS AANLYN BY WWW.REPUBLIKEIN.COM.NA

2

NUUS

Republikein

KONTAKPERSONE

NUUSREDAKTEUR

Frank Steffen 081 124 0882 / 061 297 2316 [email protected] Carmen Stenger 081 239 7664/061 297 2102 [email protected]

WEBWERFKODE: 9388

WEER

GENL. MURTALA MUHAMMEDRYLAAN. POSBUS 3436, WINDHOEK ISSN 1560-9448 TEL: 061 297 2000 | VOLG ONS OP:

REDAKTEUR

BEMARKINGSKOÖRDINEERDER

Woensdag 18 Januarie 2023

Henriette Lamprecht 081 350 3801 / 061 297 2035 [email protected] ERONGO

Otis Finck 081 299 1211 [email protected] Faks: 064 403 451

SPORTNUUS

Andrew Poolman 081 247 2837 / 061 297 2011 [email protected]

STREKE

Grootfontein: Elvira Hattingh @ 081 737 3235 Keetmanshoop: Monique Adams @ 081 245 4688 Otjiwarongo: Desiree Gases @ 081 659 6015 Ongwediva: Tuyeimo Haidula @ 081 339 3112

VERKOPE EN AFLEWERING Madelein Beukes 081 811 2218 [email protected] Tel: 061 330 504

[email protected] ’n Publikasie van NAMIBIA MEDIA HOLDINGS (Pty)Ltd, gedruk deur NEWSPRINT NAMIBIA (Pty)Ltd.

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm met enkele donderstorms in die ||Kharas- en Omahekestreek op plekke, elders gedeeltelik bewolk en warm tot bloedig warm. ’n Vars tot sterk westewind. KUS: Gedeeltelik bewolk en koel met sandstorms op plekke. GETYE BY WALVISBAAI: L: 10:43 H: 17:07 L: 23:05

VOORUITSIGTE WINDHOEK RUNDU OSHAKATI GOBABIS MARIENTAL KEETMANSHOOP WALVISBAAI LUANDA JOHANNESBURG KAAPSTAD

16° 28° 18° 31° 18° 28° 18° 32° 20° 36° 18° 35° 15° 26° 23° 30° 16° 28° 19° 26°

Polisielede ‘onderhandel’ glo met Lichtenstrasser

» ‘Ek was moeg’ › Iréne-Mari van der Walt

“H

ulle [polisiebeamp­ tes] het gesê hulle weet ek is die skieter, maar as ek skuld erken, sal hulle getuig dat ek my samewerking gegee het en onder die invloed van alkohol was, dan sal ek net agt jaar [tronkstraf ] kry.” So het die dubbele moordbe­ skuldigde Ernst Lichtenstrasser gister in die hof getuig. Hy staan tereg op die moord van die Namibiese Instituut vir Mynbou en Tegnologie (Nimt) se uitvoerende direkteur, Eckhart Mueller, en sy adjunk, Heimo Hellwig in 2019 op Arandis. Lichtenstrasser het gister in die getuiebank gesê polisiebeamptes het tydens ondervraging aange­ voer dat hy ’n “opgeleide terro­ ris is” en dat lede van die polisie later aan hom gesê het: “Julle ter­ roriste begrawe mos altyd goed.” Hy het ook erken dat hy wel vir

Ohangwena VAN BL. 1 “Ons het die klasse opgeskort om die leerlinge veilig te hou. Daar is slange in die water. Dis nie veilig vir die leerlinge nie en ook nie vir van die ouers wat hul kinders help om deur die vloedwater te loop nie,” het Haiduwa gesê. Volgens Hamatwi sal dit die si­ tuasie vergemaklik as die skool toegang tot kano’s kan hê om die leerlinge deur die water te help.

sersant Matheo Mulauli gevra het om hom te skiet. Mulauli het vroeër getuig dat Lichtenstrasser hom gevra het om hom te skiet voor hy glo gevra het om na wyle sersant Anna Kapena se kantoor geneem te word “om die waar­ heid te praat”. Lichtenstrasser het gesê hy het Mulauli gevra om hom te skiet omdat hy uitgeput was weens sy aanhouding en ondervraging. Hy het Maandag ontken dat hy Mueller voor die voorval gedreig het. Volgens ’n vorige getuie het Lichtenstrasser glo aan Mueller gesê hy moet “met een oog oop slaap”. Lichtenstrasser het dit ontken en aangevoer dat dié dreigement in ’n anonieme brief aan verskeie NIMT-werknemers gerig is. Hy het gesê hy dra geen kennis van die oorsprong van die brief nie. Lichtenstrasser het aangevoer dat ’n groep Nimt-werknemers in aanloop tot die anonieme brief onrustig geraak het weens ver­

skeie kwessies, soos die bedrei­ ging van hul werksekuriteit, die finansiële bestuur van Nimt, kor­ rupsie en nepotisme in dié in­ stansie. Hy het ook getuig hy was nie gekant teen sy verplasing van Tsumeb na Keetmanshoop nie, maar hy het beswaar gemaak teen die finansiering van sy trek. “Ek sou self vir die trek moes betaal en moes dit by hulle [NIMT] terugeis. Ek het geweet daar sal ’n probleem met die eis wees,” het hy gesê. Lichtenstrasser het getuig hy het nie ’n probleem met Hellwig gehad nie en dat hy ’n verhouding gebaseer op wedersydse respek met Mueller gedeel het. “(Mueller) was nie maklik om tevrede te stel nie, maar ek dink ek het hom tevrede gestel met my werk en ek het hom gerespekteer vir sy werksetiek,” het Lichten­ strasser aan regter Christie Lie­ benberg gesê. Hy het Maandag getuig dat hy etlike dae in die woestyn naby Spitzkoppe deurgebring het

sonder enige kontak met die bui­ tewêreld. “Weens my posttraumatie­ se stres het ek soms ’n behoefte om alleen te wees,” het hy ver­ duidelik. Lichtenstrasser het gesê hy het eers ’n dag ná die moorde deur die media van die voorval bewus geword. Hy het gister getuig polisie­ beamptes het hom telkemale gevra om hulle na die plek in die woestyn te neem waar hy na be­ wering ten tyde van die moord was, maar hy het geweier omdat die polisie hom nie toegelaat het om sy prokureur te kontak nie. Lichtenstrasser is die eerste getuie in die verdediging se saak nadat die staat in Desember verlede jaar sy saak afgesluit het. Sy regsverteenwoordiger, Albert Titus, het aan Liebenberg gesê hulle wil nog drie getuies roep waarvan een ’n ballistiese kenner uit Amerika is. Titus het gesê dié kenner, William Tobin, sal in April getuig.

Hy sê hulle sal hul ramprisikobe­ stuursverslag by die kantoor van die eerste minister indien en wag om te sien watter hulp aan hulle verleen sal word.

besig om vis te vang. Shikwambi het die publiek ge­ waarsku om nie die vlak en krag van die water te onderskat nie. “Baie mense begin nou vis en paddas vang, kinders begin swemaktiwiteite aanpak terwyl sommige deur die water moet loop om by die skool te kom. In­ woners in die Ohangwenastreek word gemaan om baie versigtig rondom die water te wees.” Shikwambi sê ouers moet kinders leer en daarvan weerhou om in die water te speel, tensy dit onder toesig plaasvind.

OUERS TELEURGESTELD

TIENJARIGE VERDRINK

Lucia Ndapandu Nghinanan­ ye (10) het Sondagmiddag in ’n gronddam in die nedersetting Omungwelume in die Ongengakiesafdeling verdrink. Die Namibiese polisie se woord­ voerder, hoofinsp. Kauna Shi­ kwambi, sê hulle vermoed die oorledene en ander kinders was

[email protected]

Anna Haimbala het drie kinders in die skool en het die ouerver­ gadering bygewoon. Hoewel sy teleurgesteld is dat die kinders se klasse opgeskort is, meen sy niemand kan blameer word nie, want ’n vloed is ’n natuurramp. “Ons is nie kwaad nie. Ons wens net daar was beter oplossings wat voordelig vir die leerlinge se op­ voeding kon wees,” het sy gesê. Sommige ouers het ’n opblaas­ bootjie gebruik om ’n dringen­ de vergadering by die Gekombi­ neerde Skool Onghala by te woon.

NUUS

Republikein

Woensdag 18 Januarie 2023

» Familie appelleer teen borgtog vir ‘bylmoordenaar’

3

‘Wat as hy die kinders doodmaak?’ Die saak is tot 5 April uitgestel hangende ’n beslissing deur die aanklaer-generaal.

› Kenya Kambowe op Rundu

D

ie familie van wyle Andeline Augusti­ nus Chicalu appel­ leer teen die Rundu-land­ droshof se beslissing om borgtog aan haar ver­ meende moordenaar toe te staan. Hulle vrees as hy op vrye voet is, kan hy die oorledene se kinders teiken soos hy voorheen gedreig het om te doen. Christian Kudumo (34) is verlede Augustus in hegtenis geneem nadat hy na bewering sy tradi­ sionele vrou met ’n byl by Rundu se informe­ le nedersetting Sun City vermoor het.

Chicalu (31) se ­lewelose liggaam is in die vroeë ­oggendure van 2 Augus­ tus 2022 ontdek. Landdros Sonia Sam­ pofu het verlede Dinsdag borgtog van N$5 000 aan Kudumo toegestaan en die saak tot 5 April uitge­ stel hangende ’n beslis­ sing deur die aanklaergeneraal. Die oorledene se neef, Lucas Chicalu, het Maan­ dag aan ons susterkoerant Namibian Sun gesê die familie is verras deur die hof se beslissing en het die hof daarvan beskuldig dat hulle nie die erns van die saak besef nie. Hy het gesê voor die moord het die verdagte elke keer as hy en sy vrou ’n argument gehad het, gedreig om sy hele gesin te vermoor. Die egpaar het drie min­

derjarige kinders saam gehad. Verlede Vrydag het die gesin ’n dringend appèl teen Kudumo se borgtog aangeteken. Die hof sal op 27 Februarie bekend maak of sy beslissing om­ gekeer of gehandhaaf sal word.

‘KON MY OË NIE GLO NIE’

Lucas sê hy het verlede Donderdag op die voor­ blad van Namibian Sun gesien die verdagte het borgtog gekry. “Ek het kwaad geword en ek het nie geweet wat om te doen of te sê nie,” het hy gesê. “Ek kon my oë nie glo nie, want ek het gedink dit is ’n grap. “Ek het dadelik aan my oorlede niggie se kinders gedink omdat die

Redes vir Nida-hoof se skorsing bekend

Die uitvoe­ rende hoof van die agentskap vir nywer­ heids­ont­ wikke­ling in Namibië (Nida), Mihe Gaomab II, is verlede week geskors.

› Ogone Tlhage Die uitvoerende hoof van die agentskap vir nywerheidsontwikkeling in Namibië (Nida), Mihe Gaomab II, is verlede week geskors met die doel om die dissiplinêre proses teen hom te versnel. Hy hou glo tot dusver vordering in dié proses op. “Hy het vordering in die onder­ soek na sy prestasie opgehou” het ’n senior beampte wat met die saak vertroud is, gesê. Sebby Kankondi, Nida se direk­ sievoorsitter, het die aankondi­ ging verlede week gemaak in ’n memorandum wat aan die agent­ skap se personeellede uitgestuur is. “Die direksie bevestig hiermee die skorsing van die u ­ itvoerende

v­ erdagte altyd gedreig het om sy hele gesin dood te maak en ons weet nie in watter gemoedstoestand hy nou is nie. “Wat as hy besluit om sy missie te voltooi om sy kinders dood te maak en dan sy eie lewe te neem? Om eerlik te wees, as familie is ons kwaad en ek glo vir die kinders se vei­ ligheid sal dit beter wees as hy borgtog geweier word,” het hy gesê. “Daar is ook w ­ oedende familielede en om te sien hoe hy vry loop, kan daartoe lei dat iemand die reg in eie hande neem, want dit is duidelik dat ons regstelsel nie hierdie saak ernstig opneem nie.” Volgens Lucas het die hof die verdagte se ge­ hoorgestremdheid as rede aangevoer waarom borgtog aan hom toe­

FOTO ARGIEF

hoof met onmiddellike effek, hangende die afhandeling van ’n interne proses,” lui die memo­ randum.

BLY KALM

“Die direksie vra vir kalmte en fokus, selfs gedurende hierdie tyd. Beide die bestuur en ­personeel kan verseker wees dat die agent­ skap prosedureel en billik sal bly in alle skakeling met die ­uitvoerende hoof oor hierdie aangeleentheid en die proses sal binne ’n redelike tyd afgehandel word,” het Kankondi geskryf. Die direksie het ook die aan­ stelling van Phillip Namundje­ bo as die waarnemende hoof aan­ gekondig.

Gaomab, voorheen die uitvoe­ rende hoof van die ­Namibiese ­M e d e d i n g i n g s k o m m i s s i e (NaCC), is in April 2021 as Nida se hoof aangestel. Teen Oktober 2022 was sy proeftydperk as hoof reeds vir ’n derde keer verleng nadat sy prestasie tydens die eerste twee nie na wense was nie. Die eerste proeftydperk van ses maande het in Oktober 2021 ­geëindig, met die raad wat na bewering ontevrede was met sy prestasie. Daar is toe tot nog twee proef­ tydperke ingestem. “Daar is tot die tweede proeftyd­ perk ingestem omdat die direk­sie gevoel het die uitvoerende hoof kon miskien weens Covid-19 se

gestaan is. Hy sê dié rede is onvoldoende omdat dit ’n slegte presedent in die land sal skep.

SY WOU HOM ­GLO VERLAAT

’n Ondersoek na wat tot die beweerde moord gelei het, het bevind dat die egpaar se verhouding op die punt was om op die rotse te beland, met die slagoffer wat die huwelik wou beëindig. Die egpaar het glo gereeld baklei oor die ver­ dagte se versuim om vir sy gesin te sorg, ten spyte daarvan dat hulle beide ’n salaris en ’n ongeskikt­ heidstoelaag van die staat ontvang het. “Hy is ’n baie jaloerse mens. Hy het my niggie vermoor omdat hy nie kon aanvaar het dat sy hom wou los nie. Wat sal

ontwrigting nie optimaal pres­ teer nie. Op daardie gronde is dit verleng,” het ’n raadslid destyds gesê.

TE MIN GEDOEN

Die hoofrede vir die direksie se misnoeë is Gaomab se ­beweerde versuim om ’n geïntegreerde sake­plan te ontwikkel en te ver­ seker dat dit gereed is vir goed­ keuring. Hy het ook die taak gehad om ’n lening van N$100 miljoen te bekom, waarvoor die regering ’n waarborg moes verskaf. Gaomab word ook daarvan ­beskuldig dat hy versuim het om bates en personeel van die Namibia Development Corpo­ ration (NDC) en Offshore Develop­ment Corporation (ODC) ­behoorlik aan Nida oor te dra. NDC en ODC is by Nida geïn­ korporeer nadat die kabinet dié same­smelting in 2015 goed­gekeur het. Wat sake vererger is die finan­ siële uitdagings wat Nida in die gesig staar, met ons susterkoerant Namibian Sun wat verlede jaar berig het die maatskappy skuld die mediese fonds Namibia Health Plan (NHP) ’n maand se bydraes van sowat N$700 000 wat vóór 7 September 2022 vereffen moes word. – [email protected]

hom keer om die kinders te gaan soek en hulle dood te maak? “Ons praat oor vroueen kindermishandeling in hierdie land, tog sien ons sulke nonsens wat uit ons hof kom. Waar is die organisasies wat namens vroue en kinders praat?” het hy woedend gevra. Lucas het Vrydag gesê die verdagte het “die ver­

Die moordverdagte Chris­ tian Kudumo. FOTO VERSKAF metelheid gehad” om te vra dat sy borgtog tot N$2 000 verminder word, aangesien hy nie kan ­bekostig om die N$5 000 te betaal nie.

4

NUUS

» NSC-lede het hom glo verneder

Republikein

Woensdag 18 Januarie 2023

Moordenaar stel eis van N$300 000 in

’n Gevangene in die Hardapgevangenis op Mariental beweer dat lede van die Namibiese korrektiewe dienste vyf van sy persoonlike besittings afgevat en vernietig het.

Ministerie en NCS

RESPONDENTE (PLEITSTUKKE)

“Hy het ook nie toestemming gehad om die kuns en handwerk-items in sy sel te hê nie.”

› Kristien Kruger

’n

Veroordeelde moordenaar wat in 2002 ’n man noodlottig gewond het, eis N$300 000 van die ministerie van binnelandse sake, immigrasie, veiligheid en sekuriteit. Alexander Daniel van Schalkwyk (46) is in 2016 skuldig bevind en dien tans ’n vonnis van 16 jaar uit by die Hardap korrektiewe geriewe op Mariental vir die moord op Quinton Isaack. Hy het Isaack op Oujaarsaand 2002 by ’n kroeg in die omgewing van Khomasdal in Windhoek met ’n mes doodgesteek. Van Schalkwyk het vir die eerste keer in Januarie 2005 in die Windhoekse streekhof verskyn en ná talle vertragings het sy verhoor eers in Augustus 2013 begin en toe gesloer tot en met sy vonnisoplegging in Desember 2016. Hy beweer lede van die Namibiese korrektiewe dienste (NSC) het op ‘n

’n Gevangene van die Hardap korrektiewe geriewe op Mariental het ’n eis teen die ministerie van binnelandse sake, immigrasie, veiligheid en sekuriteit ingestel. FOTO ARGIEF onregmatige wyse sy persoonlike besittings afgevat en vernietig. Die saak is reeds in Augustus 2021 by die hoërhof in Windhoek aanhangig gemaak en is intussen vir bemiddeling verwys, wat onsuksesvol was. Die partye het Maandag voor regter Collins Parker verskyn. In die eisbesonderhede wat Van Schalkwyk se regsverteenwoordiger by die hof ingedien het, beweer hy dat

lede van die NSC vyf van sy persoonlike besittings afgevat en vernietig het. Die voorval het glo voor ander NSClede plaasgevind. Hy sê die beweerde vernederende behandeling het ook sy menswaardigheid geskend. Hy eis N$500 vir elke item wat vernietig is vir ’n tydperk van 120 dae. Dit is N$60 000 per item en ’n totale bedrag van N$300 000. Van Schalkwyk se eis is teen die mi-

Kom kuier saam met RAAF

RAAF, voorheen bekend as die Bottomless Coffee Band, kom toer in Januarie en Februarie vir die sesde keer in Namibië. “Namibië is nie ’n nuwe toevoeging tot ons jaarlikse kalender nie, maar beslis ’n jaarlikse hoogtepunt. Hierdie jaar is ons sesde keer in Namibië, met Gobabis en Etosha as splinternuwe toevoegings. Ons reis vanjaar saam met Destinations Namibia, ’n opwindende inisiatief wat fokus op die verskillende besienswaardighede, verblyf en hoogtepunte in die verskillende gebiede. Ons hoop om al die Suid-Afrikaners wat van die huis af ons toer dophou, saam met ons op ’n verkenningstog

Esté en Lourens van RAAF kom toer weer in Namibië. FOTO VERSKAF deur Namibië te neem. Ons sal hulle wys watter plekke en afdraaipaaie alles moontlik is met ons kampeervoertuig,” het Lourens en Esté Raaf gesê. Hulle kom vandag in Windhoek aan

en begin dan hul toer. “Ons onderbreek vinnig ons toer om die Imagine Dragons- en Sting-konserte in Suid-Afrika te gaan kyk en dan kom ons terug na Namibië vir ons optrede in Swakopmund.

nisterie van binnelandse sake, immigrasie, veiligheid en sekuriteit, die hoof van NCS, Raphael Hamunyela en die man in beheer van die Hardap korrektiewe geriewe, Sam Franz, asook die superintendent en senior hoof van die Hardap korrektiewe geriewe.

NSC ONTKEN SKULD

Volgens die ministerie en lede van die NSC se pleitstukke het hulle rede “Ons was voorheen bekend as die Bottomless Coffee Band en het in Oktober 2022 ons naam na RAAF verander; dis deel van die storie wat ons hierdie jaar vir Namibië kom vertel. Dis al ses jaar van verken, konserte en ongelooflike herinneringe in Namibië. Dis alles te danke aan een beduidende oomblik waar twee groepe mense se paaie gekruis het.” Dit was in 2015 by die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) in Oudtshoorn. “Ná ons optrede is ons oorgeroep en het effens huiwerig gaan groet, want daardie tyd van die aand is die risiko groot om by uitbundige kuiers saam met vreemdelinge ingetrek te word. Dit was nie vyf minute nie en ons het geweet ons is in die teenwoordigheid van hartsmense. Een van Deon Blaauw se eerste sinne aan ons was: ‘Maar het julle al in Namibië gespeel?’ “Die volgende week is ons eerste Namibiese besoek in 2016 gereël en het ’n jarelange instelling begin. Ons het 2020 en 2021 weens omstandighede oorgeslaan, maar ons het 2022 afgeskop en die instelling hervat,” het hulle gesê. “Ons wil dankie sê aan almal wat

gehad om die area te deursoek waar Van Schalkwyk aangehou is. Hulle het vermoed dat een van die ander gevangenes ’n selfoon gehad het. ’n Selfoon is binne-in ’n fotoraam gevind en die NSC-lede het opdrag gekry om alle handwerk-items en kuns te verwyder en die sel noukeurig te deursoek. Dit het Van Schalkwyk se kunswerke ingesluit. “Hy het ook nie toestemming gehad om die kuns en handwerk-items in sy sel te hê nie,” lui die pleitstukke. Dit is glo standaardprosedure dat gevangenes eers goedkeuring van die beampte in beheer moet kry voordat hulle hierdie items in hul selle kan aanhou. “Die rede hiervoor is dat die items gedurig gebruik word om onwettige en verbode items in hul selle in te smokkel.” – [email protected]

al oor die jare bygedra het tot ongelooflike ervaringe in Namibië. Ons weet nie hoe om dit te verwoord nie; hoe baie hierdie avonture vir ons as individue, maar ook as musikante, beteken nie. Hierdie jaar sê ons ook spesifiek dankie aan almal wat baie moeite en tyd insit om die 2023 toer moontlik te maak.” Kaartjies vir hul optredes is op Webtickets, by Pick n Pay of by 081 127 2725 beskikbaar.

[email protected]

PROGRAM: 20 Januarie – Mariental: ­Padlangs Padstal 21 Januarie – Gobabis: Omateko Conference Centre & Lodge 27 Januarie – Tsumeb: Tsumeb Gimnasium 28 Januarie – Etosha: Etosha Safari Camp 3 Februarie – Swakopmund: ­Swakopmund Hotel and ­Entertainment Centre 10 Februarie – Windhoek: Droombos

NUUS

Republikein

Woensdag 18 Januarie 2023

5

Maatskappy in regstryd met werknemer gewikkel › Kristien Kruger

Die Fishrot-beskuldigde Tamson (Fitty) Hatuikulipi en sy regsverteenwoordiger, Florian Beukes. FOTO ARGIEF

» Regter het glo impak van nuwe feite ‘geïgnoreer’

Tamson appelleer teen weiering van borgtog Een van die Fishrot-beskuldigdes, Tamson Hatuikulipi, gaan die hoërhof se beslissing om hom borgtog te weier in die hooggeregshof uitdaag.

› Jemima Beukes

D

ie Fishrot-beskuldigde, Tamson (Fitty) Hatuikulipi, het ’n appèlaansoek by die hooggeregshof ingedien teen die hoërhof se beslissing om sy aansoek om borgtog van die hand te wys. In sy aansoek wat Maandag ingedien is, beweer Hatuikulipi se regsverteenwoordiger, Florian Beukes, dat regter David Munsu ’n fout in sy uitspraak op 27 Desember begaan het deurdat hy Hatuikulipi se tydperk in aanhouding, sowel as sy grondwetlike reg op ’n regverdige verhoor, te ligtelik opgeneem het. Hatuikulipi is al drie jaar in aanhouding en Beukes sê dit ontneem hom van die geleentheid om voldoende vir sy verhoor voor te berei omdat hy nie by die Windhoek Sentrale Gevangenis toegang tot behoorlike fasiliteite het nie. Beukes beweer ook dat Munsu ’n fout begaan het deur nie Hatuikulipi se tydperk in aanhouding as ’n

nuwe feit in ag te neem nie. Dít ten spyte daarvan dat die hoërhof glo al verskeie kere beslis het dat langdurige voorverhooraanhouding wel ’n nuwe feit is waarop gesteun kan word in borgtogaansoeke en dat dit opsigself voldoende gronde vir die toestaan van borgtog kan wees.

ACC SE ONDERSOEK

Volgens Beukes het Munsu ook versuim om in ag te neem dat die Teenkorrupsiekommissie van Namibië (ACC) se ondersoek nog nie afgehandel is nie, veral ten opsigte van die vraag of verdere verdagtes uitgelewer sal word. Beukes het verwys na die ACC se hoofondersoekbeampte, Andreas Kanyangela, se teenstrydige getuie­ nis en sy standpunt oor wanneer die verhoor kan begin. “Die regter het ’n fout begaan deur te versuim om hoegenaamd kennis te neem van Kanyangela se kruisondervraging ten opsigte van die ­sogenaamde forensiese ouditverslag van Deloitte & Touche, waarin die ouditeure duidelik stel dat die verslag nie ’n forensiese ondersoek is nie. Volgens die ouditeure is die verslag gebaseer op inligting wat die ACC uitgesoek het. Hulle stel

ook dat hul verslag onderhewig kan wees aan verandering as alternatiewe inligting of die insette van die persone van belang ontvang word,” het Beukes geskryf.

NUWE FEITE

Dit was Hatuikulipi se tweede aansoek om borgtog nadat die eerste aansoek van die hand gewys is. Dié aansoek moes daarom op nuwe feite gebaseer word en Beukes is van mening dat Munsu nie daarin geslaag het om die impak van die nuwe feite vas te stel nie. Hy beweer dat die bewyse wat tydens kruisondervraging uitgekom het, ’n invloed op die staat se ­beweerde sterk saak teen Hatuikulipi gehad het en dat Munzu gekies het om dit te ignoreer en het daarom nie die feite in geheel oorweeg nie. “Die regter kon nie met regverdigheid aflei dat ’n sterk prima facie-saak teen Hatuikulipi bestaan, wanneer die nuwe feite en bewyse eenvoudig geïgnoreer is nie. Hy het misluk in die balanseringsoefening met betrekking tot Hatuikulipi se vryheid en die feit dat hy grondwetlik onskuldig is totdat hy skuldig bevind word,” het hy gesê. – [email protected]

’n Verkoopsbestuurder van Indongo Toyota was verlede jaar suksesvol in die arbitrasietoekenning teen die maatskappy nadat hulle hom glo onregverdig afgedank het ná bewerings dat hy voertuigbybehore vir ’n kliënt bestel het, maar dit glo nooit geïnstalleer het nie. Indongo Toyota het wel teen die arbitrasietoekenning by die hoërhof in Windhoek geappelleer en die uitspraak sou Maandag gelewer word, maar is tot 9 Maart uitgestel aangesien die uitspraak nog nie gereed is nie. Die verkoopsbestuurder is op 23 Junie 2020 afgedank ná twee dissiplinêre verhore waarin vasgestel is dat hy ’n spoedbeheer, bufferstaaf en dakbybehore vir een van sy kliënte bestel het, maar die kliënt het nooit daarvoor betaal nie. Die bybehore is ook na bewering nooit in die betrokke kliënt se voertuig geīnstalleer nie. Indongo Toyota voer aan die werknemer het die spoedbeheer in sy demonstrasievoertuig geīnstalleer. Die werknemer beweer dat hy met die kliënt ooreengekom het om dit gratis vir hom te gee. Die maatskappy het in hofstukke aangevoer dat die werknemer nie die reg gehad het om produkte verniet weg te gee nie en dat dit deur ’n bestuurder goedgekeur moes word.

ARBITRASIETOEKENNING

Die kantoor van die arbeidskommissaris het wel in die werknemer se guns beslis en beveel dat hy heraangestel moet word en N$113 400 met rente moet ontvang. Hoewel die arbiter saamgestem het dat die werknemer die spoedbeheer op die maatskappy se onkoste in sy demon-

Die hoërhof sou Maandag uitspraak l­ ewer, maar dit is tot Maart uitgestel. FOTO ARGIEF

strasievoertuig geïnstalleer het, het hy bevind dat die maatskappy nie voldoende bewyse gelewer het dat die applikant die maatskappy wanvoorgestel of mislei het met betrekking tot die ander twee bybehore nie. Die arbiter het ook bevind dat die maatskappy versuim het om te bewys dat die kliënt nie die bybehore ontvang het nie. “Net omdat die items nie geīnstalleer is nie, beteken dit nie die kliënt het dit nie ontvang nie,” lui die arbitrasietoekenning.

APPÈL

Indongo Toyota het reeds in Oktober 2021 die appèlaansoek by die hoërhof in Windhoek ingedien en die saak is deur regter Thomas Masuku aangehoor. “Die appellant (Indongo Toyota) voer aan dat die arbiter nie holisties na die saak gekyk het met die fokus daarop om die belange van beide werkgewer en werknemer te balanseer nie. Sodoende het die arbiter toegelaat dat sy aandag afgelei word wat regsfoute tot gevolg gehad het,” lui Indongo Toyota se argumente in die appèlaansoek. – [email protected]

BEYOND BORDERS

Save the Date 26 - 28 April 2023

6

PRAAT SAAM

Republikein

Praat saam

Woensdag 18 Januarie 2023

[email protected] Sit “lesers” vooraan en SMS na 51500 (N$3/160 k ­ arakters) WhatsApp 0811 7000 10 Rubriek

SPOTPRENT

Onderwys Afwesigheid en verlof Godfrey Kleinhans

SMS'e

City of Windhoek: Khomasdal se strate is vol gate – doen iets.

Are there some people in Namibia/ Windhoek who are also eating a carnivore diet? I would like to make contact 081 250 1481. Ek wil graag my dank uitspreek teenoor Sakkie Kamati en Fritz Reynecke by Pupkewitz Toyota Windhoek. Julle twee loop elke keer daardie ekstra myl. Baie dankie my maters. Hou so aan. Oom Paul. Ek wil net graag vir Lazurus Nghiylulwa Mwetufa van Shoprite Mariental sê ons is baie, baie dankbaar vir al sy hulp wat hy vir ons gee. Ek hoop die base gee hom ’n stywe handdruk. – Magda en Grobbie van Gibeon Wil net hoor hoe kry ’n geestelike radiostasie dit oor hul hart dat hul ’n drink- en verwoesplek oopmaak? Deur die week praat jy oor Jesus en naweke geniet jy dit om te kyk hoe mense hul lewens verwoes. Is dit dubbele ­standaarde? Waar gaan dit stop?

BYBELSE WYSHEID

DR. ANNES NEL Psalm 66 vers 1: “Juig tot eer van God, almal op aarde!”

Soms vertel vriende ons van die manier waarop God groot dinge in hul lewens gedoen het. Dit kan ons jaloers maak. Waarom is God so goed vir hulle en nie vir ons nie? Hierdie Psalm sê dat die grootheid van God beteken dat Hy hom inmeng met klein dingetjies en klein mense. Die eerste deel handel oor wat die Here vir sy verbondsvolk gedoen het (66:5-9). Die mense het gely en is vertrap deur mense wat nie vir hulle omgegee het nie (66:12). Die Here het hulle deur elke moeilike situasie gehelp en ondersteun. Die Psalmdigter roep mense daarom op om te juig en te verkondig dat Hy Here oor die hele aarde is. Selfs sy vyande behoort dit te weet en voor Hom te buig (66:1-4,8). Skielik word die verhaal van die verlede egter sy eie verhaal. Alles verander na “ek” en “my” (66:1320). God het sy gebed verhoor, hom gered en daarom loof hy God. Hy het nou die moed om in elke situasie die Here aan te roep.

SMS 51500 Beste lesers, keuring vir die publikasie van SMS’e, briewe en alle ander lesers­bydraes berus by Republikein. Klagtes oor die diens van private besighede word eers aan die onder­neming vir reaksie voorgelê. Die menings van ons lesers en rubriekskrywers verteenwoordig nie noodwendig die standpunt van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie.

Republikein is ’n lid van die Redakteursforum van Namibië (EFN). NMH as mediahuis onderskryf die etiese kode vir die Namibiese media soos toegepas deur die:

Dink aan God se dade in jou lewe vandag. Hy is daar. Hoe meer jy Hom dank vir wat Hy gedoen het, hoe meer sal jy sien wat Hy nou doen.

IRÉNE-MARI SÊ MAAR NET Wees eerlik met jouself

Iréne-Mari van der Walt

Ek dink die oorgrote meerderheid van die mensdom kan oor baie goed saamstem. Maandae word nie aanbeveel nie; warm sop op ’n koue wintersaand maak winter die beste seisoen; en natuurlik as jy twee kortbroeke bo-oor mekaar by jou plakkies aantrek, is dit warmer as ’n lang sweetpakbroek. Soos die Engelsman sou sê: “The basics.” Ek het nog altyd geglo wat jy sien, is wat jy kry. . . met almal. ­Hoekom sou ons jok oor iets soos ons beginsels? Die antwoord is volgens die sielkundige Todd Rose redelik eenvoudig – ons wil om in te pas. Hierdie is natuurlik een van die mensdom se mees primitiewe drange, en waarskynlik een van die hoofredes vir ons oorlewing as ’n

spesie; as jy iemand sien hardloop, hardloop jy saam, want hulle hardloop waarskynlik weg van iets wat jou lewe ook kan bedreig. Ek dink die mensdom besef dat ons krag in getalle lê, en dit kan wees hoekom ons psige ons oorreed om groepe te vorm. Rose verduidelik in sy boek Collective Illusions: Conformity, Complicity, and the Science of Why We Make Bad Decisions dat die mensdom gesamentlik ’n paar leuens vertel en omdat die ander persoon voorgee, gee ons ook voor net om in te pas. Van Rose se voorbeelde sluit studies oor individuele geluk in. Indien jy iemand op ’n openbare platform sou vra wat hulle reken sukses is, sou hulle die glansweergawe daarvan uitlig – roem, rykdom, blink rooi Ferraris, ’n paleis vir ’n huis; die

Die jaarlikse wag is verby en die matriekuitslae is vrygestel. In talle huishoudings is daar blydskap, maar in ander is die atmosfeer neerdrukkend. Boetie of ­sussie het dit nie gemaak nie. Hulle word streng aangespreek, verwyt en selfs op geskel. Maar, in vele huishoudings is ook sentimente van bemoediging en aanmoediging. Die groot vraag is egter wat het hierdie ambivalente gevoelens in die Namibiese huishoudings veroorsaak? Antwoord; die graad 11- en 12-uitslae is power. Talle opinies en raad het natuurlik ingestroom. In die sosiale media word die indruk geskep dat die onderwysstelsel op sy rug lê. Iemand betwis die relevansie van huidige kurrikulum en betwyfel die konsekwentheid tussen laasgenoemde en die sosioëkonomiese realiteite van die land. ’n Ander blameer die verlaging van standaarde en bevraagteken die kwaliteit van persone wat in poste in die sektor aangestel word. Andere blameer eenvoudig die minister vir die fiasko; finish en klaar. Verder word ’n mandjie vol oorsake vir die power uitslae genoem. Maar, die mandjie-benadering sal nie help om die olifant in die voorhuis te takel nie. Daar moet geprioritiseer word en die voor-die-handliggendes moet eerste aandag kry. Maar, waar begin mens? My rubriek van 20 Desember 2022 het ’n taamlike volledige prentjie oor amptelike verlof geskilder. Nou wil ek onder meer fokus op die verlof van streekkantoorpersoneel wat verantwoordelik is vir die implementering van beleid op operasionele vlak. Verlof, met goedkeuring of nie, beteken dat die amptenaar vir ’n beperkte periode nie beskikbaar vir diens is nie. Maar, dis soms ook ­nodig dat hulle hul kantore verlaat om vergaderings en werkwinkels by te woon of om ondersoeke in die streek te doen. Dit bring my dan

by die begrip geleentheidskoste (­opportunity costs) wat meer aan die sakewêreld bekend is. Geleentheidskoste is die implisiete koste wat aangegaan word deur ’n belegging mis te loop, hetsy met jou tyd of geld. ’n Streekdirekteur loop die geleentheid om iets doeltreffend te mis wat moontlik positief op sy streek mag impakteer, wanneer hy sy kantoor verlaat om ’n werkwinkel of vergadering by te woon. Die verlies is des te groter wanneer hy iets bywoon soos ’n afskeidsfunksie, ’n begrafnis of ’n vergadering ingevolge ’n tweelingooreenkoms met ’n ander streek of provinsie in ’n buurland wat absoluut niks te make het met die bevordering van kwaliteitonderwys nie. Die verlies neem toe wanneer ’n mens die koste wat aangegaan word om die direkteur by so ’n geleentheid te kry, naamlik reis en verblyf, in berekening bring. Besluitneming speel natuurlik hier ’n bepalende rol. Dit is imperatief dat die direkteur sowel as die senior wat magtiging verleen, moet besluit of die afwesigheid werklik nodig is. Die direkteur of die magtigende senior moet eenvoudig bepaal of die rede vir die afwesigheid enigsins verband hou met die strewe om die kwaliteits­ kurwe opwaarts te dwing. Daar is heelwat oorsake vir die swak uitslae, maar ek is daarvan oortuig ons moet begin by die maklike toestaan van verlof en goedkeuring om die werksplek te verlaat. Dan geskied laasgenoemde boonop nog met “vergoeding”. Onderrig en leer vind nie plaas nie, monitering, assistering en kontrole deur senior skoolpersoneel is nie na wense nie, beleidsimplementering is gebrekkig en daar is geen sprake van oorhoofse toesig en opdraggewing nie. Die gevolg: swak uitslae soos die ||Kharasstreek die afgelope klompie jare beleef het. 

[email protected]

WIL JY REAGEER?

[email protected]

“hondjie in die handsak”-leefstyl. Sou jy hierdie persoon egter in ’n vertroulike omgewing vra wat hulle as sukses beskou, is jou eerste antwoorde iewers in pas met geluk, sterk familiebande, tevredenheid, stilte en ’n bevredigende loopbaan. Nou goed, ek het jou toestemming gegee om eerlik te wees, maar wat is die skade nou eintlik? Rose gee ’n voorbeeld dat hierdie verskynsel kan lei tot orgaanskenkings wat verlore gaan as gevolg van ’n konformiteitsdrang en volgens hom is ­hierdie verskynsel waarskynlik een van die hoofredes vir “cancel culture”. In ’n video vir Big Think oor dieselfde onderwerp het hy ook verduidelik dat die illusie dat die mensdom verdeel is selfs meer skade aanrig.

Daar is wel krag in getalle; dit is juis hoekom ons sosiale diere is, en dus verloor ons krag wanneer ons verdeel word. Die mense aan beide kante van die skeiding stem nie met mekaar saam oor ’n handjievol kwessies nie – waarvan die meeste onderwerpe hulle nie eens raak nie, maar as gevolg van die idee dat ons kante gekies het, is ons verdeel. Dit raak egter nie net vir my en jou nie – “collective illusions” mag selfs generasies na ons beïnvloed. Rose verduidelik dat een generasie se “collective illusion” die volgende generasie se interne waardes word. Die les hier is dat jy nie so bang hoef te wees om jouself te wees nie. Jy mag eerlik met jouself en met die groep wees – die kinders sal jou dalk net bedank.

Woensdag 18 Januarie 2023

Republikein

ADVERTENSIE

Make wellness your number-one priority by joining FLEX FROM MONDAYS TO THURSDAYS, working out to flex your muscles. WORKOUT STARTS AT 06:30 SHARP. Then enrich your mind and learn more about individuals from the sport, wellness and beauty industries ON FRIDAYS AT 17:30 TO FLEX YOUR MIND!

For advertising contact: [email protected] oneuptwo.com

7

8

SPORT

Republikein

Woensdag 18 Januarie 2023

Sport

16

Erasmus dra by tot Giants-sege

blads y inhou e d

» Krieket

Die Gulf Giants se twee Nami­ biese lede het albei bygedra tot die span se tweede oorwinning in twee wedstryde.

› Tielman van Lill

Welwitschias kyk net na ouer ­Eloff-broer › Andrew Poolman

G

erhard Erasmus het Maandag­ aand vir die Gulf Giants in Dubai teen die Dubai Capitals sy eerste vyftigtal in sy tweede wedstryd in die Internasionale Liga T20 behaal. Die Namibiese kolwer het as nommer vier op 43/2 ingestap nadat beide paaltjies in die sesde boulbeurt gekantel het. Hy het net 44 minute geneem om sy stempel met 52 lopies van 28 ­aflewerings af te druk. Die Capitals het vroeër ’n stewige totaal van 182 vir die verlies van 8 paaltjies in 20 boulbeurte teen 9.1 per boulbeurt opgestapel. Met die aan­vangskolwer van Engeland en spankaptein James Vince (83 nie uit nie 56 balle, 7x4, 3x6) saam met Erasmus aan die stuur van sake in ’n 107-vennootskap, het die Giants net 19 beurte benodig om die wenteiken vir ’n ses­­paaltjie-oorwinning met 183/4 verby te steek. Erasmus se kolfbeurt het vyf viere en twee sesse ingesluit. Hy het sy vyftigtal in die 16de boulbeurt met ’n astran-

» Rugby

Gerhard Erasmus was propvol skeppende houe in sy vyftigtal vir die Gulf Giants teen die Dubai Capitals in Dubai ­Maan­dagaand. FOTO GETTY IMAGES te skephou vir vier oor die paaltjie­ wagter se kop aangeteken, maar was besonder ongelukkig om twee balle later uitgehardloop te word. Hy was aan die bouler se kant toe Vince met ’n reguit dryfhou die paaltjies raakgeslaan het. Bouler Rovman Powell van Wes-Indië het blitsig ­gereageer om die bal raak te vat en ’n staande paaltjie uit die grond te pluk voordat Erasmus terug oor sy kolfstreep kon kom.

Die Giants se ander Namibiër, David Wiese, was op 6 nie uit nie voor die penne toe hy die wenlopies ­aangeteken het. Wiese (1/29 in 3 boulbeurte) het vroeër ook ontslae geraak van die Capitals se voorste lopiemaker, die Indiese aanvangskolwer Robin Uthappa, wat met 79 van 46 balle (10x4 2x6) ’n doring in hul vlees was. Die Giants het nou twee uit twee wedstryde gewen en is ’n vroeë voor­

loper in die liga se ses spanne. Die Giants se volgende wedstryd is Donderdag, ’n herontmoeting met die Dubai Capitals in Sjarjah. • Nadat JJ Smit vanweë ’n kniebesering ’n laat onttrekking van sy kontrak met die Sharjah Warriors was, bly net drie van die aan­vanklike vier ­Namibiërs in die ILT20 oor. Die snelbouler Ruben Trumpelmann het sover nog nie speelkans gekry by die Desert Vipers nie.

PARKER EINDIG BO IN OMEYA JUNIOR OPE ’n Kompeterende drie dae se gholf is van Vrydag tot Sondag suid van Windhoek beslis, voordat Todd Parker as wenner van die 2023 Omeya Junior Ope na vore getree het. Parker het rondtes van 76, 73 en 73 houe gespeel vir ’n bruto totaal van 222 (netto 231, met inagneming van sy voorgee). Hy het vyf houe voor ­Wensley Haseb van Tsumeb-gholfklub geëindig, wat algeheel tweede (227 houe) en die pryswenner vir beste netto (214) was. Janneman Brand was derde (234 houe, ­netto 231) en is as bruto wenner van die A-afdeling aangewys, voor die A-afdeling se netto-wenner Nelson Johannes van Oshakati (237 houe, netto 231). Op die foto is van links Charles Lohmann, Nelson Johannes, Wensley Haseb, Todd Parker, Janneman Brand en die afrigter Damian da Silva (sekretaris van ­Namibiese junior gholf). Saam met die Omeya Junior Ope is proewe ook met die oog op die Afrika Junior toernooi gehou. Nog twee rondtes van proewe, by Tsumeb-gholfklub en by Rössmund, lê voor om die topvier vir die Namibiese span te bepaal. FOTO VERSKAF

WP Eloff – nie sy jonger broer Cabous nie – is een van die stutte wat tans saam met die Namibiese Welwitschias-oefengroep op die komende Curriebeker eersteliga voorberei. Die twee broers is nie so maklik om van mekaar te onderskei nie, wat ­aanleiding gegee het tot die f­ outiewe verwysing in gister se koerant dat Cabous tans die een in die prentjie is om dalk vir Namibië diens te doen. Die 24-jarige Cabous, wat sedert 2020 in Superrugby vir die ­Mel­bourne Rebels speel, is daarop ­in­gestel om vir die Australiese Walla­ bies te k ­ walifiseer en het geen voornemens om Namibië te verteenwoordig nie.

Die Eloff-broers WP (regs) en Cabous. FOTO VERSKAF

Hierteenoor is WP (28) se plan om weer ’n ernstige terugkeer tot die rugbyveld te maak en voor die einde van Januarie sal hy ook sy ­Namibiese paspoort hê. Die Eloff-broers, beide gebore in Suid-Afrika, is met ’n ­Namibiese susterpaar getroud. WP se rugbyloopbaan het o.18 ­Cravenweek-deelname vir die Blou Bulle ingesluit (met die latere Springbokke R.G. Snyman en Ivan van Zyl as spanmaats). Vanaf o.19-vlak het hy by die V ­ rystaat gaan speel en was nog onder 21, toe hy in 2016 die kans aangegryp het om vir Racing Metro, een van die ­grootste klubs in Frankryk, te gaan speel. “Ek het egter met ’n besering in Frankryk aangekom en het kort daarna besluit om my r­ ugbystewels op te hang. Dit was ook deels vanweë my verlowing en omdat ek bietjie ­uitgekuier met die werking van beroepsrugby was. Ek het na my skoonfamilie in die suide van Namibië verhuis en ook hier besighede begin. “Nadat ek met Rohan Kitshoff (wat pas as lid van die afrigterspan van die Welwitschias bevestig is) in gesprek was, het ek ’n geleentheid gesien om weer my rugby aan die gang te kry.” WP sê feitlik al sy rugby sedert sy matriekjaar by Affies in Pretoria was as ’n vaskopstut en dat dit klaarblyk­ lik ook in die 3-trui is waar hy vir die N ­ amibiese oefengroep oorweeg behoort te word. Die Curriebeker eersteliga skop op 25 Maart af en die Namibiërs sal sewe tuiswedstryde en drie weg­wed­ stryde hê.

Get in touch

Social

© Copyright 2013 - 2024 MYDOKUMENT.COM - All rights reserved.